Wednesday, July 18, 2007

Afrikaans/Boere versus Cool






Ek mis vandag my kinderlewe...
Spesifiek, boere-musiek, my Croucamp-familie en braai...
Ek was bevoorreg om in 'n baie musikale familie groot te word.
My oupa en ouma, en so ook my pa en al sy broers en susters, ek dink hulle is om en by 9, kan enige musiek-instrument speel, op gehoor.
Die lekkerste tye was wanneer almal bymekaar was, tente, "christmas-beddens" en dan natuurlik boere-musiek maak. Die wat nie speel nie, dans.
Ironie is, op daardie tydstip, veral as tiener, het ek gedink dis baie "uncool".
Boere- en Afrikaanse- musiek was uit soos koekies in die weeshuis!
As jy dit geluister het was jy in die boksie van "nerd" geplaas, en klaar.
Ek het alles gedoen wat "in" was, "cool" was my middelnaam, behalwe as dit regtig nie my smaak was nie of teen my "beginsels" was. Op daardie stadium was alles wat deur die samelewing goedgekeur was, teen my beginsels, rebellie was "in". My eie manier, my eie persoonlikheid, my smaak, was "in" en "cool", onvoorspelbaar en skokkend, was "in". Bang vir
niks en niemand, was "in". Tradisie, nasie-trots, afrikaans, afrikaanse musiek was "uit".
As ek vandag terugkyk kan ek nie glo dit was ek nie! Want Boere-en Afrikaanse musiek, en so ook tradisie en nasie-trots, bruis in my are!!
Ek kry 'n warm gevoel in my hart, en my bors swel van trots as ek aan boere, afrikaans, ons taal, ons kultuur en musiek dink. Daar is vir my min dinge so lekker soos boeremusiek luister, lang-arm en braai!
Ek luister vandag al die musiek waarvan my ouers gehou het, van my pa se boeremusiek tot my ma se country, en dan Afrikaanse-musiek, alles wat my as tiener grensloos geirriteer het en waarvoor ek skaam was!
As ek vandag 'n tiener was, sou ek beslis "uncool" gewees het!!!

2 comments:

Anonymous said...

Hi Fairy

Ja dit is nogal waar nĂȘ. Toe het ons gedink alle musiek van daai tyd en van als wat toe gedoen is dis outyds en ons is reg. Nou voel mens anders dat mens ouer en wyser is. Ja die goeie ou dae bly maar die beste.

Lekker dag vir jou verder.

Lizet

Anonymous said...

Ja, *sug* die goeie ou dae... en Kersvader! Lekkerrrrr...

Die mooi van vandag is die oplewing onder ons tieners vandag vir juis dit: nasietrots.

Jy sou dalk nie so uncool wees soos jy reken nie, Sussa. Inteendeel...