Thursday, August 2, 2007




Eers 'n drukkie vir almal van julle! Ek is die seekoei hier langsaan,lol.
Baie freaky...ek is besig om Sylvia Browne se boeke te lees,volgens haar besoek ons baie keer "die ander kant",veral kinders... wanneer ons slaap en daar praat ons 'n ander taal...
My ma (wat nie die boeke gelees het nie), vertel my vanoggend my dogtertjie,Calista, het na haar geroep gisteraand, sy slaap by ouma in die bed, en toe 'n taal gepraat wat my ma glad nie verstaan het nie!!
Antjie....
Sal graag julle opinie wil hoor hieroor!

Aan almal hier...







Paula-Christine Baie Welkom!!!En ek glo nie aan toeval nie girl!Almal van julle wat my blog lees en comment, is in my lewe met 'n rede, of om vir my iets te leer, of om iets by my te leer!Antjie,Butterfae, Dellie,Tigerlily,Karoles,Lana,Boendoe,Roer,RB, Sharks,Koeksuster, ag daar is so baie van julle,jammer aan die wat ek uitgelaat het,maar weet dat julle ingesluit is, almal van julle is vir my baie kosbaar!En ek is so bly ek het julle hier ontmoet!Dankie vir al die raad, liefde en ondersteuning!

Diamant...


Die inskrywing hieronder het my laat dink aan my man...
Ek kla baie omdat hy my nie liefhet op die manier wat ek wil he, hy my moet liefhe nie. En omdat hy nie vir my liefde gee op die manier wat ek liefde wil ontvang nie...
Omdat hy nie emosioneel, romanties en passievol is nie... Ek begeer baie keer iemand anders...iemand wat my emosioneel, geestelik en seksueel sal aanvul, wat my sal verstaan, sal vertroos wanneer ek hartseer is, iemand wat my spesiaal sal laat voel... Ek het 'n baie spesiale vriend... Valen...Al die dinge wat my man nie vir my kan doen nie, het hy gedoen.
Hy het my verstaan, hy het my altyd vertroos en "opgecheer", presies geweet wat om te se om my beter te laat voel. Ek is geneig om te oorreageer en hy het my altyd 'n ander perspektief laat sien, sodat wat vir my 'n berg was, skielik na 'n molshoop begin lyk het.Hy het my spesiaal laat voel. Ek kon met hom oor alles praat, ons kon vir ure praat, oor geloof,
die bonatuurlike,verhoudings, liefde, sommer alles. Ons het dieselfde belangstellings gedeel, waar my man weer glad nie geinteresseerd is in enige van die bg nie. Elke oomblik saam met hom was romanties en spesiaal...en die kere wat ons gesoen het, was dit...wow....so passievol en intens! Maar daar was nooit meer tussen ons as vriendskap nie...sy werk het veroorsaak dat hy nooit lank in een dorp gebly het nie..Wel Kimberley was eintlik sy kuierplek. Ek het heelwat verhoudings gehad met ander mans, terwyl ek en Valen vriende was, hulle was altyd jaloers op hom, want die waarheid was dat ek hom die heeltyd liefgehad het. Op 'n stadium in my lewe het ek gebid en God gevra om vir my die regte man, my lewensmaat te stuur, ek was moeg vir seerkry, wou met die regte een trou en settle. Dit was so 2 mnde nadat ek my verlowing verbreek het met 'n man wat gediagnoseer is as 'n psigopaat en kompulsiewe leuenaar...hy was natuurlik mnr perfek aan die begin...ek was op daardie stadium ook swanger. Wat ook 'n wonderwerk was, want die Ginekoloog het gese my buise is te klein om 'n eierselletjie af te skei, en my baarmoeder is "omgekeer", so ek sal nie kan swanger raak sonder 'n operasie nie. Ek was deur 'n moeilike tyd en het met my hele hart gesmag na die regte persoon wat die babatjie sal grootmaak as sy eie, en wat my regtig sal liefhe. En natuurlik hard gebid daarvoor. Ek was die oggend kerk toe, die pastoor het gese God wil vir my 'n wonderwerk doen, en het vir my gebid..ek self het gebid dat die wonderwerk, my lewensmaat sal wees, wat Calista sal aanvaar as sy eie. Johan het my die aand kom opsoek, vriende van hom het vir hom gese, hulle het my die oggend in die kerk gesien. En wel ja, van daar af is ons saam, hy het haar aanvaar as sy eie, behandel haar met dieselfde liefde, as ons seuntjie Marko, en het haar van die begin af op sy van geregistreer.
Hy was toe maar 21, en ek 24, het daardie jr 25 geraak. Ek en Johan het mekaar vir die eerste keer by die kerk ontmoet, toe was hy 16 en ek 20. Hy was verlief op my en het geglo ek is sy vrou, ek het natuurlik gelag vir die verspotte seun, hy is nog op skool en ek uit die skool uit...min het ek geweet...My punt is...al wys hy nie liefde op die manier wat ek wil he hy moet wys nie, al vul hy my nie aan soos wat ek aangevul wil word nie, al is
ons verhouding nie so intiem soos ek graag wil he dit moet wees nie...is ek lief vir hom, en seker God het hom aan my gegee vir 'n rede. Hy weet was die beste is vir my..dalk is die geskenk nie verpak soos wat ek dit verpak wil he nie,maar miskien, net miskien....is die diamantring tog daarbinne iewers....

How it is packaged...

A married lady was expecting a birthday gift from her husband. For many months she had admired a beautiful diamond ring in a showroom, and knowing her husband could afford it, she told him that was all she wanted. As her birthday approached, this lady awaited signs that her husband had purchased the diamond ring.
Finally, on the morning of her birthday, her husband called her into his study room. Her husband told her how proud he was to have such a good wife, and told her how much he loved her. He handed her a beautiful wrapped gift box. Curious, the wife opened the box and found a lovely, leather-bound Bible, with the wife's name embossed in gold. Angrily, she raised her voice to her husband and said, "With all your money you give me a Bible?" and stormed out of the house, leaving her husband. Many years passed and the married lady was very successful in business.
She managed to settle for a more beautiful house and a wonderful family, but realized her ex-husband was very old, and thought perhaps she should go to visit him. She had not seen him for many years. But before she could make arrangements, she received a telegram telling her that her ex-husband had passed away, and willed all of his possessions to her. She needed to come back immediately and take care of things.
When she arrived at her ex-husband's house, sudden sadness and regret filled her heart. She began to search through her ex-husband's important papers and saw the still new Bible, just as she had left it years ago.
With tears, she opened the Bible and began to turn the pages. Her ex-husband had carefully underlined a verse, Matt 7:11, "And if you, being evil know how to give good gifts to your children, how much more shall your Heavenly Father which is in heaven, give to those who ask Him?" As she read those words, a tiny package dropped from the back of the Bible. It had a diamond ring with her name engraved on it, the same diamond ring which she saw at the showroom. On the tag was the date of her birth, and the words...'LUV U ALWAYS'...
How many times do we miss God's blessings because they are not packaged as we expected? I trust you enjoyed this. Do not spoil what you have by desiring what you have not; but remember that what you now have was once among the things you only hoped for... *

Wednesday, August 1, 2007

Bewyse van reinkarnasie???

Iets om oor te redeneer: In Johannes 9 vertel hulle van 'n man wat blind gebore is. Die dissipels vra vir Jesus wie het gesondig, die man self of sy ouers, dat hy blind gebore is. Hoe kon hy voor geboorte gesondig het, tensy hy voorheen gelewe het? Hy was immers blind gebore? Matteus 17, "Elijah does come, and he is to restore all things, but I tell you that Elijah has already come, and they did not know him,but did to him whatever they pleased". Vers 13:"then the disciples understood that He was speaking to them of John the Baptist." Almal het geweet wie Elia is,m.a.w. as daar 'n tyd was wat hulle hom nie geken het nie, moes hy gereinkarneer gewees het as iemand anders, wat die dissipels verstaan het Johannes die Doper was. Wie se kop afgekap was deur Herodes, wat weer verwys na "they did to him whatever they pleased."

Life after Death

Wat is julle opinie oor wat hierna met ons gebeur? Glo jy aan reinkarnasie,
hemel en hel, ander dimensies? Bestaan daar iets soos "geeste"/spoke?
Wat is jou opinie oor de ja vu? Glo jy daaraan en wat dink jy is dit? Is daar lewe op ander planete?

Tuesday, July 31, 2007

Passievolle Erotiese Seks in die Huwelik



My gunsteling onderwerp....erotiese passievolle seks. Hoekom is dit, in meeste gevalle, dat sodra mens trou, die passie outomaties verflou?
Dis asof sommige mense dink opwindende passievolle seks hoort nie in 'n huwelik nie. Of is dit omdat mens gewoond raak aan mekaar? Of net eenvoudig te besig is om dit in jou skedule in te pas? Ek weet dit is die rede vir meeste affairs en egskeidings. Dan ook, baie ironies, is dit gewoonlik teenoorgestelde mense wat bymekaar uitkom. Dis selde dat beide man en vrou seksueel en passievol is. Of dieselfde siening oor seks het. Dis veronderstel om die intiemste spesiaalste oomblikke in mens se lewe te wees. Doen ons genoeg moeite om dit so te maak? Of is almal maar net te bly vir "quickies" sodat jy kan aangaan met wat jy eintlik wou doen? Eintlik
is dit soveel lekkerder as mens al jou sintuie kan gebruik tydens voorspel.
Trek sexy lingerie aan, spuit jou man se gunsteling parfuum op al die belangrike plekkies... dit dek die visuele en reuk-sintuie...
Voer mekaar lekkernye, of nog beter, eet dit van mekaar se lyf af...wel, dis die smaak...
Sexy musiek, waarop jy vir hom kan dans terwyl jy ontslae raak van jou lingerie...
Bederf hom volgende met aromaterapeutiese olies en 'n full body massage..
Daar is min dinge so sensueel en eroties soos aanraking...
Bg is vir die vrouens wat gewoonlik quickies verkies, dis om op te maak!
As jy nie een van hulle is nie en jou man die skuldige is, maak soos ek, en laat hom die volgende lees...
As jy nie gaan begin moeite doen nie, gaan ek 'n affair aanknoop asshole,
Mwahahahaha, nee ek joke net,lol.
Here goes... boek vir vrou-lief 'n manicure,pedicure,facial,wax, gee vir haar jou kredietkaart sodat sy sexy lingerie kan gaan koop en maak 'n afspraak by die haarsalon vir haar hare. Boek 'n hotelkamer, gooi roosblare op die mat, steek kerse aan, en sit romantiese musiek aan. Dek 'n tafel met mossels, oesters, champagne - gaan lees op oor aphrodiziacs vir die res van die spyskaart (as jy die gevolge kan hanteer). Vertel haar hoe baie sy vir jou beteken en hoe spesiaal en ongelooflik mooi sy vir jou is. Tap vir haar daarna bad met bubblebath, kerse.... bad haar en voer haar die aarbeie gedoop in choclate met room...laat haar die lingerie aantrek...dans met haar op julle spesiale liedjie...terwyl julle dans....streel oor haar...en soen haar sagkuns...dan,Mmmm dan, kan jy meer passievol en eroties raak....
En ek bedoel nie dadelik opklim nie, voorspel is BAIE belangrik vir vrouens
dudes!!! Onthou dit!!En dis hoe jy gaan opmaak vir al die kere wat jy haar seksueel afgeskeep het!! En sorg daarna dat jy ten minste elke 2de week ekstra moeite doen, nie soos bo nie, dit hoef nie geld te kos nie, jy kan rose gaan pluk, ek is seker jy het romantiese musiek waarop julle kan dans, almal het kerse in hulle huise... VOORSPEL is by elke keer 'n moet!!!
Weet nie hoe voel julle daaroor nie, maar dis vir my een van die belangrikste dinge in 'n huwelik, en dit word gewoonlik die meeste afgeskeep...seks. O ja, en dan ook die lekkerste!



Monday, July 30, 2007


Eerstens, Nigga, baie welkom!!! Was ek verbaas en bly om 'n comment van jou af te kry!! Hoop ek sien jou nog baie hier!
Ek sukkel om 'n comment te post, so ek antw maar hier.
Butterfae - hy is dan jou twinflame, en jy is soooo bevoorreg dat julle
mekaar al gevind het!! Wardeer girl, wardeer!
Roer -jou vriende/vriendinne kan soulmates wees, mens het nie net
een nie, al jou familielede is, julle het gekies om familie hier te
wees om mekaar by te staan. Dis basies almal wat jy gekies het
om saam met jou die paadjie te stap en jou te help met een of
ander les/taak. Maar jou twinflame is iemand anders, daar is
beslis 'n romantiese konneksie tussen julle, hy is "The One",die
liefde van jou lewe, jou ander helfte.

Soulmates & Twinflames

Om een of ander rede het ek nog altyd, vandat ek kan onthou, geglo in sielsgenote.
Mense met wie jy 'n diep konneksie het, op
'n spirituele/siels "vlak". Ek het dit vanoggend gegoogle en "wow"! Daar is 'n verskil tussen sielsgenote en twinflames.
Sielsgenote kan enigiemand wees, jou broer, suster, ma, pa, kinders,vriende, wel eintlik almal wat op jou pad kom met die doel om deel uit te maak van jou lewenservarings en lesse. Dis gewoonlik iemand by wie jy iets moet leer of vir wie jy iets moet leer. Mense wat jou assisteer op jou lewensreis. Hulle beweer dat dit mense is wat jy ken, en gekies het om jou te assisteer op jou lewenspad. Sussa, ek het jou beslis gekies om my "leermeester" te wees!Jy maak die grootste deel uit van die "raadgewers" !!
En dan....Twinflames!! My lewe lank soek ek na die een persoon wat my sal
"complete",my ander helfte. Ek het nog altyd geglo mens weet wanneer jy daardie persoon ontmoet. Altyd gedroom oor 'n liefde groter as liefde self,
'n liefde wat alles oorwin en deurstaan,'n intense vreugdevolle gevoel van
JY IS DIE EEN EN ONS HOORT SAAM!! Sonder enige twyfel! Ek het nog nooit moeite gedoen om daaroor op te lees of dit te google nie, en meeste mense glo nie daaraan nie en reken dis onrealisties. Groot was my skok toe ek dit google en hulle dit presies beskryf soos wat ek geweet het dit moet wees! Ek het baie vrae gehad, soos:het almal so iemand, hoekom ontmoet party mense nooit hulle s'n nie,as dit outomaties die persoon is met wie jy trou, hoekom skei soveel mense? Toe lees ek, jou huweliksmaat is nie noodwendig jou "twinsoul" nie, julle het dalk net "shared responsibilities" in gemeen, soos om kinders in die lewe te bring. Soms het die kinders net nodig om 'n band, wel hulle noem dit karma, met een van die ouers te he,
daarom gaan die ouers dan weer uitmekaar om verder met hulle lewensreis aan te gaan en hulle "twinsoul" te ontmoet, of een ouer sterf dalk omdat hulle reis voltooi is. Almal het so iemand, maar soms het julle nie 'n gesamentlike taak om te voltooi nie, daarom kom julle nie bymekaar uit in die lewe nie, maar eers hierna! Of julle kom wel bymekaar uit, maar trou nie, omdat julle nie nou 'n gesamentlike taak het om te voltooi nie. Dus spandeer julle nie noodwendig al julle tyd en julle hele lewe bymekaar nie.
Die hoofdoel is, dat elkeen leer om hom/haarself eers lief te he, gelukkig te maak, emosioneel onafhanklik te wees, onvoorwaardelik lief te he, te kan vergewe ens.... dis onwaarskynlik dat jy en jou "twinsoul" bymekaar gaan kom as jy bg nog nie bemeester het nie!
Jy voel van baba-tyd af wat jou twinsoul voel, fisiese pyn, emosionele pyn,
jy is net nie bewus daarvan dat dit nie jou eie is nie. Soms kom jou twinsoul nie eers saam met jou aarde toe nie, en kyk na jou, soos 'n guardian angel!Die hunkering, die begeerte, die soeke, na jou twinsoul, is iets wat jy permanent voel, tot julle mekaar vind! Die leemte...
Hulle se ook jou twinsoul is gewoonlik, as jy 'n vrou is, jou manlike kant!
M.a.w. julle vul mekaar aan in elke opsig! En wanneer julle liefde maak, word julle werklik een... en jy voel "complete" en "whole". Wow!!!