Monday, July 30, 2007

Soulmates & Twinflames

Om een of ander rede het ek nog altyd, vandat ek kan onthou, geglo in sielsgenote.
Mense met wie jy 'n diep konneksie het, op
'n spirituele/siels "vlak". Ek het dit vanoggend gegoogle en "wow"! Daar is 'n verskil tussen sielsgenote en twinflames.
Sielsgenote kan enigiemand wees, jou broer, suster, ma, pa, kinders,vriende, wel eintlik almal wat op jou pad kom met die doel om deel uit te maak van jou lewenservarings en lesse. Dis gewoonlik iemand by wie jy iets moet leer of vir wie jy iets moet leer. Mense wat jou assisteer op jou lewensreis. Hulle beweer dat dit mense is wat jy ken, en gekies het om jou te assisteer op jou lewenspad. Sussa, ek het jou beslis gekies om my "leermeester" te wees!Jy maak die grootste deel uit van die "raadgewers" !!
En dan....Twinflames!! My lewe lank soek ek na die een persoon wat my sal
"complete",my ander helfte. Ek het nog altyd geglo mens weet wanneer jy daardie persoon ontmoet. Altyd gedroom oor 'n liefde groter as liefde self,
'n liefde wat alles oorwin en deurstaan,'n intense vreugdevolle gevoel van
JY IS DIE EEN EN ONS HOORT SAAM!! Sonder enige twyfel! Ek het nog nooit moeite gedoen om daaroor op te lees of dit te google nie, en meeste mense glo nie daaraan nie en reken dis onrealisties. Groot was my skok toe ek dit google en hulle dit presies beskryf soos wat ek geweet het dit moet wees! Ek het baie vrae gehad, soos:het almal so iemand, hoekom ontmoet party mense nooit hulle s'n nie,as dit outomaties die persoon is met wie jy trou, hoekom skei soveel mense? Toe lees ek, jou huweliksmaat is nie noodwendig jou "twinsoul" nie, julle het dalk net "shared responsibilities" in gemeen, soos om kinders in die lewe te bring. Soms het die kinders net nodig om 'n band, wel hulle noem dit karma, met een van die ouers te he,
daarom gaan die ouers dan weer uitmekaar om verder met hulle lewensreis aan te gaan en hulle "twinsoul" te ontmoet, of een ouer sterf dalk omdat hulle reis voltooi is. Almal het so iemand, maar soms het julle nie 'n gesamentlike taak om te voltooi nie, daarom kom julle nie bymekaar uit in die lewe nie, maar eers hierna! Of julle kom wel bymekaar uit, maar trou nie, omdat julle nie nou 'n gesamentlike taak het om te voltooi nie. Dus spandeer julle nie noodwendig al julle tyd en julle hele lewe bymekaar nie.
Die hoofdoel is, dat elkeen leer om hom/haarself eers lief te he, gelukkig te maak, emosioneel onafhanklik te wees, onvoorwaardelik lief te he, te kan vergewe ens.... dis onwaarskynlik dat jy en jou "twinsoul" bymekaar gaan kom as jy bg nog nie bemeester het nie!
Jy voel van baba-tyd af wat jou twinsoul voel, fisiese pyn, emosionele pyn,
jy is net nie bewus daarvan dat dit nie jou eie is nie. Soms kom jou twinsoul nie eers saam met jou aarde toe nie, en kyk na jou, soos 'n guardian angel!Die hunkering, die begeerte, die soeke, na jou twinsoul, is iets wat jy permanent voel, tot julle mekaar vind! Die leemte...
Hulle se ook jou twinsoul is gewoonlik, as jy 'n vrou is, jou manlike kant!
M.a.w. julle vul mekaar aan in elke opsig! En wanneer julle liefde maak, word julle werklik een... en jy voel "complete" en "whole". Wow!!!

9 comments:

Chantie said...

Diep, Fairy, diep.
Met my man het ek ook dadelik geweet. Maar nou is hy my soumate of is hy my twinsoul? Jy moet my maar laat weet. Ek dink hy is my twinsoul. Hy vervolmaak my, laat my heel voel, ons dink dieselfde, voel dieselfde...Ons is EEN. Oe, jong, ek dink ek moet hom gou bel (hie-hie)

Anonymous said...

Baie interessant. So jou 'twinsoul' sal nie net 'n vriend of vriendin kan wees nie? Snap dit nog nie lekker. Sal vanaand gou weer in loer en weer lees. Mooi dag!

Anonymous said...

Butterfae - hy is dan jou twinflame, en jy is sooooo bevoorreg dat julle mekaar al gevind het! Wardeer girl, wardeer!!

Roer, nee, jou soulmate kan 'n vriend/vriendin wees,al jou familielede is i.e.g. jou soulmates, feit dat julle familie is, se al klaar julle het gekies om mekaar te assisteer op julle lewenspaaie, maar jou twinflame is "The One", jou ander helfte, en julle het beslis 'n "romantic connection", nie te se julle kom in hierdie lewe as man en vrou bymekaar nie though!

Fairydust

Anonymous said...

Hey,

Interesant en Diep.... Ek wonder nog altyd of ek ooit iemand sal kry wat my waardeur. my eie eie "twinsoul" Hoe wens ek nou . . . . .

Lekker daggie
Rene

antjiesomers said...

Lees daai boeke.... :D

Lucy said...

Watter boeke, antjie? Ek is effens van die brug af! Julle moet my bietjie skool in al die dinge! Weird en wonderfull! Wat ek nie verstaan nie, is as ek julle sou ontmoet, dan sal julle tien teen een so "normaal" lyk, ek sal skoon uit voel! Nou kom ek agter "normale" mense het ook weird goed wat in hulle koppe kook!(Sjoe, moenie so hard gooi nie, ek koes vandag stadig...!)

Dellie said...

Ek het nog altyd gedink my Liefie is my ander helfte. Dis nie dat ons dieselfde is nie, juis die teenoorgestelde. Daar is baie dinge wat ons deel, maar daar is ook baie dinge waarin ons mekaar aanvul. Ons het albei baie geduld, maar dis asof ek nog steeds sy goedkeuring moet kry voor ek iets doen. Hy gee my krag. Hy is rustig en deurdink iets eers goed, waar ek nogal impulsief kan optree. Ek dink hy beskerm my soms teen myself. Twinsoul, soulmate, ek sou nie sonder hom wou wees nie.

Anonymous said...

Hey Jillybean!

Dis 'n voorreg om deel van jou lewe te wees. Dankie my Sussie..

Liefde

.....Valen.....

Anonymous said...

Hi Mari, ek kon nie glo toe ek heel toevallig op jou blog afkom nie. Dit klink asof ek en jy baie dieselfde dink. Ek het altyd gedink ek is die "odd one", maar is so bly om te sien dat ek nie alleen so voel nie!

Ek gaan beslis nog baie kom besoek aflĂȘ!

Groete