Wednesday, July 25, 2007

The one who got away...

Wonder of almal so iemand het...
Daardie een persoon wat vir jou altyd spesiaal sal wees en 'n plekkie in jou hart sal he...
Die een persoon met wie jy nie 'n verhouding kon he nie, a.g.v. omstandighede, afstand, wat ookal die rede...
Maar oor wie jy altyd sal wonder... en sal dink...wat as...
Of dalk het jy die geleentheid gehad en die persoon deur jou vingers laat glip...
Miskien hoop jy nogsteeds, en dink, miskien eendag...
Jou eerste liefde dalk.... jou moontlike sielsgenoot...jou beste vriend...liefde van jou lewe... jou vriendin se man...jou man se vriend...die een, tussen die 2 waarvan jy kon kies, wat jy nie gekies het nie...of iemand wat jy ontmoet het na jou troue, met wie jy 'n spesiale band gevorm het...dalk 'n "emotional affair" gehad het...
Vertel bietjie... ek luister...

11 comments:

Anonymous said...

Aaai ja kan mens maar nie net altyd wonder nie! Sy weet en ek weet, maar omstandighede en ander persone sou alles net onmoontlik gemaak het!! Gelukkig kan potte nuwe deksels kry... ;O)

Anonymous said...

My eerste liefde sal altyd `n spesiale plek in my hart hê. Ek wonder baie keer waar hy is en wat hy deesdae doen.

Anonymous said...

Fairy,
Nou stir jy erg...
Ek kan nie wag om al die comments te lees nie! En ek, ek bly TJOEPSTIL!!

Dellie said...

Toe ek in std 9 was, het ons 'n jong geskiedenis onnie gehad. Hy was ook die LO onnie. Beaut van 'n man. Hy het altyd vir my gesê dat ek op die verkeerde tyd gebore was, as ek net bietjie ouer was het hy vir my gewag. Niks smerig of nasty nie, maar toe ek einde std 9 PTA toe trek, het hy my gesoen dat my bene jelly word toe ek hom gaan groet! Ek wonder nog altyd wat van hom geword het.

Anonymous said...

Ja, ek dink ek sal die een maar uitsit, net nou kom muise met grote ore hierop af.
Lekker dag

Chantie said...

My eerste WARE liefde: my man. Die ander was maar net kalwer-liefde.

Anonymous said...

Ja-nee, hier kan nogal interessante stories uitkom. My eerste liefde in Matriek gewees, maar om een of ander rede mekaar verloor. Het al soms gewonder waar hy is en wat sou gebeur het as ons by mekaar gebly het.

Lekker naweek vir almal

Lizet

antjiesomers said...

Hi Fairy,

ek pos vir jou 3boeke van Sylvia Browne. Jy behoort dit Dinsdagoggend te he. Laat weet as jy dit gekry het...

Anonymous said...

ai,ai! ek het sopas die laaste 3 ure in feetjieland spandeer. hoe verfrissend en vervullend is jou blogg nie. amazing hoe sekere dinge in die lewe gebeur en hoe jy per toeval en soos noodlot dit behoede dat ek juis vandag op jou blogg moes kennis maak!

Anonymous said...

Hallo anonymous...jy het my aandag.. wonder of jy my ken..hoekom anders 3 ure in feetjieland spandeer? E-mail addy by werk vehicle.plant@mwebbiz.co.za
sel nr 0822660338... wie jy??

Feetjie
xxx

Anonymous said...

Charlene...Lizaan...??, ek kan aflei jy is 'n vrou - maar die vraag is, ken jy my of was jy maar net verveeld en lees toe sommer al my postings..maar tog praat jy van kennis maak, wat my weer laat dink jy ken my nie..

Komaan..ek is vreeslik nuuskierig..

Feetjie
xxx