Wednesday, October 17, 2007

Ek is gatvol

Hallo...my nuwe blog se adres is http://feetjieland.wordpress.com...
Of jy kan blogsearch google, feetjieland insit, en dan click op die feetjieland wordpress adres.

Ek wil kla vandag, en die wat nie wil hoor nie, moet maar ore toedruk. Ek is ondankbaar en bejammer myself vandag. Ek is gatvol vir my roetine lewe, werk toe, huis toe, kos maak, huis skoonmaak, kinders bad, TV kyk, slaap…..ek soek opwinding!!

EK HET ‘N VAKANSIE NODIG!!! Ek wil slaap tot wanneer ek self wakker word, ek wil see toe gaan, gaan uit-eet, in die Malls rondloop en “shop” tot ek “drop”. Ek wil gaan fliek, ek wil braai en kuier saam met die mense vir wie ek lief is, my familie, Sussa….en my vriendin Charlene. Ek wil kamp, ek wil op ‘n staproete gaan….ek wil na ‘n spa toe gaan saam met my sussa, gaan le in modderbaddens, facials, manicure, pedicure, aroma-terapeutiese massages…ek wil ‘n “make-Over” he….

Ek wil Ratanga Junction toe gaan en op alles ry! Ek wil op ‘n boot-rit gaan. Ek wil nie bekommerd wees oor finansies nie,ek wil genoeg geld he om te koop wat ek wil he en te doen wat ek wil doen. Ek wil nie heeltyd werk nie, hetsy by die werk of in my huis, ek wil ontspan. Ek wil ook die “finals” “live” sien, ek wil ook na ‘n Enrique Iglesias show toe kan gaan….ek wil ook lewe!!! Ek wil ook die lewe geniet!!!

Ek wil nie dieet nie, ek wil ‘n vinnige metabolisme he, ek wil alles eet waarvan ek hou, sonder om gewig op te tel. Ek wil mooi wees, model-mooi… Ek wil ‘n mooi stem he, ek wil enige musiek-instrument kan speel.

Ek is gatvol vir my lewe, en gatvol daarvoor om “ek” te wees.

Ek wil liefgehe, bemin en bewonder word….ek wil spesiaal voel, begeer word…intense liefde….passie….begeerte…romanse……

Klink my almal voel min of meer dieselfde...as ek 'n wildplaas gehad het met 'n health-spa vir die girls het ek wragtig almal genooi om by my te kom uitrus..
Ek dink eerlikwaar al ons bloggers moet plan maak om bymekaar uit te kom..

Monday, October 15, 2007

Springbokke!!!

PROUD SPRINGBOK SUPPORTER

A little girl was sitting in her classroom in England when her
teacher walked in and started talking about how proud she is
to be an English woman, and how wonderful it is to be a England supporter.
The teacher then asked everyone who supported the England rugby team to put up their hand.
Every hand in the class besides one went up.
This surprised the teacher and so she asked the little girl why her hand wasn't up.
"Well," said the little girl, "because I dont support England."
Even more surprised, the teacher asked her who she supported.
"I support the Springboks", she replied.
Now a bit irritated, the teacher asked the little girl why she supported the Springboks.
"My mom supports the Springboks, and my dad supports the Springboks, so I support the Springboks."
The teacher looked at the little girl and with a smirk asked:
"Well, if your mom was an idiot and your dad was an idiot, what would you be?"
The little girl looked up at her teacher, smiled and replied:
"A ENGLAND supporter !!"