Friday, July 20, 2007

BAIE GELUK!!!

Girl, baie geluk dat jy die Top 10 behaal het!!! Ek is trots op jou my slim meisie!! Harde werk = goeie resultate!

Ietsie om te onthou
Het jy gehoor van die boer wat ongelukkig begin raak het met sy plaas en toe besluit hy om dit te verkoop? 'n Paar dae later bel sy eiendomsagente en vra toestemming om die plek in die tuiskoerantjie te adverteer. Sy het die advertensie vir die boer gelees. Dit het die plasie beskryf as 'n pragtige plekkie in 'n ideale omgewing
-
stil en rustig, omring deur groen heuwels,
gevoed deur die dam en geseën met goed-geteelde diere. Die boer sê, "Lees dit weer vir my." Nadat hy dit 'n tweede keer gehoor het, sê hy, "Ek het van plan verander. Ek verkoop nie meer nie. Ek het my hele lewe lank nog na so 'n plek gesoek."
Wat het verander?
Sy perspektief.
Soms moet 'n mens dit wat jy as vanselfsprekend beskou, of dit wat jy as alledaags sien en wat begin om jou te verveel, sien deur iemand anders se oë, voor jy dit weer kan waardeer. Neem 'n oomblik om regtig eerlik te wees oor jouself en jou lewe, en te dink aan hoe geseënd jy eintlik is...

Dit het my geraak! My sussie het my gister vertel van 'n man wat baie soos my man was. Streng, dominerend,sterk persoonlikheid,'n "controll-freak"
wil alles en almal rondom hom beheer. Toe bars daar 'n aartjie in sy kop,
'n deel van sy brein het skade opgedoen, en sy persoonlikheid het verander.
Hy is nou baie kalmer, "go with the flow" tipe mens, nie meer streng nie,
en laat al die besluite aan sy vrou oor. Nou wil sy skei, want sy kan dit nie hanteer nie! Dit het my laat besef mens kla so baie oor dinge wat eintlik vir jou 'n bedekte seen is! Ek kla oor my man wat my wil beheer, maar sien ek regtig kans om alles op myself te neem? Hoe sal ek voel as sy hele persoonlikheid verander? Sal ek tevrede wees daarmee en daarmee kan saamlewe? Iemand het eendag vir my gese, mens probeer jou lewe lank jou huweliksmaat verander, en wanneer hy/sy is soos wat jy hulle wil he, wil jy skei, want hulle is nie meer dieselfde mens as waarmee jy getrou het nie??? En dis waar!! Ironies, maar waar! Baie keer het mens net nodig om ander perspektief te kry en op die positiewe te konsentreer! En dan positief te reageer op negatiewe aksies, dalk "vryf dit af" op die ander party!

Thursday, July 19, 2007

God se geskenk aan ons...


Ek is mal oor die natuur... die veld, die see, woude, riviere,bosse...daar is net niks so mooi soos dit nie! Ek voel vry in die natuur, daar kan ek myself
"herontdek", vir ure net sit en dink...my kop skoon kry, rustig raak,
vrede maak. En die skoonheid rondom my wardeer...
Daar besef mens weer die grootheid en almag van God, en so ook hoe bevooreg ons is dat Hy hierdie mooi skepping aan ons toevertrou het.
Die reuk van die natuur, vars blomme,die see,gras,bome...dan ook die geluid van die reen,voeltjies wat sing,nagdiere se geluide...Daar is min dinge so mooi soos dit!
Mens raak so vasgevang in die gejaag en elke dag se bekommernisse, dat mens die mooi en dit wat eintlik saakmaak heeltemal mis.

Wednesday, July 18, 2007


So lyk 'n netbalspeler van formaat mos! Girls... ek wil weet wat die telling was, weet sommer julle gaan wen, want ja, julle "kick ass"!!!
Wens ek kon daar wees! Lief julle baie!!!

Afrikaans/Boere versus Cool






Ek mis vandag my kinderlewe...
Spesifiek, boere-musiek, my Croucamp-familie en braai...
Ek was bevoorreg om in 'n baie musikale familie groot te word.
My oupa en ouma, en so ook my pa en al sy broers en susters, ek dink hulle is om en by 9, kan enige musiek-instrument speel, op gehoor.
Die lekkerste tye was wanneer almal bymekaar was, tente, "christmas-beddens" en dan natuurlik boere-musiek maak. Die wat nie speel nie, dans.
Ironie is, op daardie tydstip, veral as tiener, het ek gedink dis baie "uncool".
Boere- en Afrikaanse- musiek was uit soos koekies in die weeshuis!
As jy dit geluister het was jy in die boksie van "nerd" geplaas, en klaar.
Ek het alles gedoen wat "in" was, "cool" was my middelnaam, behalwe as dit regtig nie my smaak was nie of teen my "beginsels" was. Op daardie stadium was alles wat deur die samelewing goedgekeur was, teen my beginsels, rebellie was "in". My eie manier, my eie persoonlikheid, my smaak, was "in" en "cool", onvoorspelbaar en skokkend, was "in". Bang vir
niks en niemand, was "in". Tradisie, nasie-trots, afrikaans, afrikaanse musiek was "uit".
As ek vandag terugkyk kan ek nie glo dit was ek nie! Want Boere-en Afrikaanse musiek, en so ook tradisie en nasie-trots, bruis in my are!!
Ek kry 'n warm gevoel in my hart, en my bors swel van trots as ek aan boere, afrikaans, ons taal, ons kultuur en musiek dink. Daar is vir my min dinge so lekker soos boeremusiek luister, lang-arm en braai!
Ek luister vandag al die musiek waarvan my ouers gehou het, van my pa se boeremusiek tot my ma se country, en dan Afrikaanse-musiek, alles wat my as tiener grensloos geirriteer het en waarvoor ek skaam was!
As ek vandag 'n tiener was, sou ek beslis "uncool" gewees het!!!
Wie ookal "afgaan" oor onderste "post" is beslis of die beatch of deel van haar "click". So dan se ek sommer byvoorbaat, as die skoen jou pas....
En moenie my blog lees nie!!!

Beatches en Clicks

Gedink ek is klaar daarmee toe ek matrikuleer, maar party vrouens word nooit groot nie... Onthou julle die populere skool beatch? Almal was vriende met haar omdat hulle te bang was om in haar slegte boekies te wees. Die "stuck-up" een wat gedink het die son skyn uit haar g*t uit en dit gee haar die reg om almal rondom haar te kritiseer, verneder en verkleineer. Sy het veral gepik op die "minderbevoorregtes" wie se pappies nie drs of prokureurs was nie, so ook op die "lelike eendjies". Van skool af was ek die "kampvegter" vir die sg "minderbevoorregtes" en "lelike eendjies". En kon ek die beatch nie verdra nie!!! Ek het dit my taak gemaak om haar op haar "plek" te sit! Ek self het goeie vriendinne gehad, en het met 'n prefek en eerstespan-rugbyspeler uitgegaan. Ek was populer by die seuns, almal het Pierre beny, en die beatches het my gehaat daaroor. Ek het elke dag aerobics gedoen en my bynaam by die seuns was "die lyf", julle kan dink hoe die beatches daaroor gevoel het! Wel, vandag sien ek dieselfde by sommige vrouens, in die chatroom, op die blog. Dis net vir my pateties, selfs al weet hulle, en se hulle logiese verstand vir hulle , die beatch is verkeerd, sal hulle nogsteeds haar kant vat. Hulle het nogsteeds nie hulle eie persoonlikhede en opinies nie, want o wee, netnou hou die beatch dan nie van hulle nie, "so kom ons wees maar 'n klomp skape, en stem saam met, en doen alles wat sy se"!En dan is die meerderheid nog ouer as ek ook!!! En ek voel te oud vir sulke dinge!!! Het nie meer die krag daarvoor nie!Dan ook weer, konsentreer ek eerder daarop om 'n beter mens te wees en sulke kinderagtige mense te ignoreer, al irriteer hulle die dinges uit my uit! Sy matig haarself die reg aan om almal te kritiseer en konfronteer, en asb, moet tog nie van haar verskil nie, want dan is almal op jou case!! Want sy is die beatch en daarom verdien sy respek??? Volwasse vrouens wat so redeneer???? Dis om van siek te raak!

Tuesday, July 17, 2007


'n Ruiker Rose vir al die spesiale mense in my lewe...
Ek wonder of ek die enigste vrou is met die volgende probleem..
My man het vriende wat hy ken van voordat ons getroud was, hy is baie erg
oor hulle. Dis eintlik 'n hele vriendekring. Ek het die moeite gedoen om hulle te leer ken, so ook hulle vrouens, omdat ek weet hulle is belangrik vir my man. Wel, wat ek gevind het, is klomp "vriende" wat mekaar beskinder
agteraf. My man het nie 'n probleem hiermee nie, want hy steur hom nie aan skinderstories nie. Ek weer, sukkel om met mense te kommunikeer wat ek nie kan vertrou nie. Ek kan nie myself wees voor hulle nie, en weet nie hoe om iemand anders te wees nie?? Maak dit sin vir enigiemand..
Ek is nie die oppervlakkige tra-la-la tipe wat met jou kan chat en maak asof ek van jou hou nie. As ek weet jy beskinder my agteraf en jy het my vertroue verbreek, sukkel ek om normaal op te tree by jou en te maak of niks fout is nie. Meeste mense sal nou se, die beste ding om te doen is om dit oppervlakkig te hou, maar ek is nie oppervlakkig nie!!! Ek wil nooit weer saam met hulle kuier nie, en dis vir my man 'n groot probleem.
Ek het al met die betrokke vriende daaroor gepraat en gese hoe ek voel, en dit het net gemaak dat hulle meer negatief oor my voel. My man verstaan glad nie hoekom dit vir my so "issue" is nie, en vat boonop altyd hulle kant.
Sussa... ek weet jy verstaan! Maar hoe nou gemaak? Bly ek by my standpunt dat ek nie saam met hulle wil kuier nie, of kuier ek saam met hulle al hou ek nie van hulle nie? En al gaan dit my elke keer ongemaklik laat voel??? Raad asb, iemand?
Wie sal ooit die liefde kan verstaan..
Nader as 'n hartklop..
verder as die maan...
Is die liefde net 'n fantasie..
dis nie altyd maanskyn en rose nie..
Ken julle die liedjie van Laurika Rauch..? So mooi... die woorde... en so waar...
Blou... dis hoe ek voel vandag...alles is blou...
dis die eensaamheid en koue wat my hart omvou...
Hoe ver dra die liefde mens...?
sover dat jy sal opgee op elke hartewens...?
Hoeveel offer mens op...jou menswees, jou siel..
laat jy toe dat hy jou hart verniel..?
Onderdruk jy elke behoefte wat jy het..?
Met die hoop dat dit dalk julle liefde sal red..?
Hoe ver is te ver...
Van hier af tot by die more-ster..?
Of is dit tot by die fyn lyn tussen liefde en haat..
by die mengelmoes van hartseer, liefde en kwaad?
Emosies spoel deur my...
Asb my God maak my vry..
vry van woede, verbittering, teleurstelling en kwaad..
plant asb U goeie saad...??






Dizzle en Bibble, hier is 3 prentjies, en dan het ek 'n link ook opgesit vir sommer baie feetjie-prentjies!
Lief julle baie...Die boonste prentjie regs laat dink my nogal aan julle...

Fairies - Google Image Search

Fairies - Google Image Search

Monday, July 16, 2007







Hier is Calista en Marko weer, en dan die groot wildjagter, my man Johan.






Fotos van my en my kiddies, sodat julle darem kan sien hoe ons lyk.
Calista en Marko.
Hoekom is dit net mans wat mag gaan jag? Dit klink vir my so lekker, en dan wonder ek hoekom dit beperk is tot die manlike geslag?
Sommige vrouens, soos ek, geniet ook die buitelewe, 'n lekker groot vuur
in die veld, OBS om jou warm te hou, en iemand wat kitaar kan speel!!
Wonder hoeveel vrouens sal belangstel in so iets? Al gaan skiet ons nie,
oornag net in die veld vir die pret daarvan! Ek is moeg daarvoor om by die huis te moet bly, kinders te vermaak, dvd te kyk, terwyl die mans al die pret het in die veld! Hoe voel die res van julle daaroor?
Net 'n spesiale verwelkoming aan Dizzle en Bibble!
Mal oor julle name! En ek weet waar julle dit kry ;)
Hoop julle kom kuier gereeld vir my hier!!
Lief julle Baie!!!
Aangesien "wild" in my gedagtes is, wil ek 'n resep met julle deel vir "wildsboud". Het Saterdag die wildsboud uitgehaal, en gewonder of mens dit dieselfde as lam gaarmaak? Wel toe gebruik ek maar my eie inisiatief.
Het dit gestop met knoffel, greenpepper en uie, dit toe gesmeer met "chopped garlic" en gespice met Origanum en braaivleisspesery. Toe laat ek dit oornag le in Tassies, vir die van julle wat nie weet wat dit is nie, goedkoop studente rooiwyn. Basies klomp "oorskiet" rooiwyne bymekaargegooi. Sommer die res van die greenpepper en ui by die wyn ingekap. Toe sit ek dit in 'n casserole-bak in die oond, en bak dit teen 100 grade vir so plus minus 2 en 'n half uur. Toe maak ek die pakkies rooiwyn en garlic sous, wat mens kry, om oor die boud te gooi. Was dit nou vir jou lekker! Beslis die moeite werd om te probeer.
Iets vir die oog om julle Maandag op te kikker! Eat your heart out girls... Op my blog mag julle maar drup... My gunsteling is natuurlik die cowboy, heeeee-ha!!!