Tuesday, July 17, 2007


'n Ruiker Rose vir al die spesiale mense in my lewe...
Ek wonder of ek die enigste vrou is met die volgende probleem..
My man het vriende wat hy ken van voordat ons getroud was, hy is baie erg
oor hulle. Dis eintlik 'n hele vriendekring. Ek het die moeite gedoen om hulle te leer ken, so ook hulle vrouens, omdat ek weet hulle is belangrik vir my man. Wel, wat ek gevind het, is klomp "vriende" wat mekaar beskinder
agteraf. My man het nie 'n probleem hiermee nie, want hy steur hom nie aan skinderstories nie. Ek weer, sukkel om met mense te kommunikeer wat ek nie kan vertrou nie. Ek kan nie myself wees voor hulle nie, en weet nie hoe om iemand anders te wees nie?? Maak dit sin vir enigiemand..
Ek is nie die oppervlakkige tra-la-la tipe wat met jou kan chat en maak asof ek van jou hou nie. As ek weet jy beskinder my agteraf en jy het my vertroue verbreek, sukkel ek om normaal op te tree by jou en te maak of niks fout is nie. Meeste mense sal nou se, die beste ding om te doen is om dit oppervlakkig te hou, maar ek is nie oppervlakkig nie!!! Ek wil nooit weer saam met hulle kuier nie, en dis vir my man 'n groot probleem.
Ek het al met die betrokke vriende daaroor gepraat en gese hoe ek voel, en dit het net gemaak dat hulle meer negatief oor my voel. My man verstaan glad nie hoekom dit vir my so "issue" is nie, en vat boonop altyd hulle kant.
Sussa... ek weet jy verstaan! Maar hoe nou gemaak? Bly ek by my standpunt dat ek nie saam met hulle wil kuier nie, of kuier ek saam met hulle al hou ek nie van hulle nie? En al gaan dit my elke keer ongemaklik laat voel??? Raad asb, iemand?

6 comments:

Anonymous said...

Jong, dis moeilik. Ek hou ook nie daarvan om 'n tweegesig te wees nie. As ek nie van die persoon hou nie, dan ignore ek hom/haar sommer heeltemal. Maar die ding is jou man het nie 'n probleem met sy pel nie en hy is nie so sensitief soos ons vrouens nie, so (en ek neem aan dis die vrouens wat so skinder en tekere gaan?) dit gaan hom natuurlik nie pla nie. Ek is al daardeur dat ek nie my man se vriende goedgekeur het nie en dan het ons 'n moerse fight gehad daaroor. Wat kan mens doen? Jy wil jou man gelukkig hou, maar jyself wil nie 'n bitch wees nie. Ek wens ek het raad vir jou gehad. Weet net een ding (ek het dit by my skoonma gehoor): In 'n verhouding is daar net 3 mense: jy,jou man en die Here. Vriende kom en gaan. In die einde wie maak jou die gelukkigste?
Hoop jy kry darem goeie raad by die ander.
Groete
Chantie

Anonymous said...

Hallo Mari,
Eerste keer dat ek hier kom kuier en dis pragtig, jou gesin en al die foto's. Dankie dat jy dit met ons deel.

As ek nie gedink het dis jy (Mari) wat hier skrywe nie, het ek geglo dis my vrou. Ek moes ook al keuses maak tussen vriende en my gesin.

Hoe bitter moeilik dit ook was, het ek geen keuse gehad om eerlik met hulle te wees. Gelukkig is
Marilee die tipe mens om te sê noem my naam, noem dat ek (Marilee) nie daarna toe wil gaan omdat julle/hulle vrouens skinner bekke is.

Ek en Marilee het ons hewige rusies daaroor gehad, maar ek is in die bevooregte posisie om iemand te hê wat mense dadelik korek kan opsom. Sy sal maar kuier die eerste maal, waar sy net sal noem ".... Eben dis gemors, nee dankie!" Dan weet ek ook, hoewel nie altyd saam stem, dat sy tog reg is en later sal dit uitpop dat sy tog reg was ook.

Ek stem met Butterfae saam ... daar's net 3 mense!!

Sterkte vir jou en jou pragtige gesin in Kimberley

Eben

Anonymous said...

Hey Jillybean!

"Keep your friends close and your enemies even closer?" You have to find a way around this.

Ek kan dink dit moet aardig wees in hul geselskap, want jy weet dat jy bespreek gaan word na die tyd. So what? Dis ook maar net nog iemand se opinie. Ek, vir een, dink die wêreld van jou! Jy is so 'n kosbare klein meisie en hulle is te stiksinnig om dit te sien of waardeer.

As jy niks meer as hul tipiese optrede van hulle verwag nie, kan hulle jou nie seermaak nie. Lig jou kop op en wees jouself VOLUIT!

...die ander opsie: Jy kan natuurlik die volgende keer as almal bymekaar is, die onderwerp aanroer. Obviously gaan dit nie jou normale piekniek wees nie, maar wat het jy om te verloor na dese? Skinder, skinder hulle in elk geval..

Sterkte met jou besluit.
Liefde

Anonymous said...

Hi fairy

Jong ja ek stem ook saam met Butterfae, daar is net 3.

Maar dit is nogtans 'n moeilike situasie. ek sal ook dalk dink dat jy dalk maar net of eerlik met hulle moet wees of dan niks persoonlike privaat goed met hulle moet gesels nie. Net bolangs. En as hulle dan wil skinder, laat hulle. Jy weet mos wat gaan vir wat.

Ek hou ook nie van sulke situasies nie, ek is maar skaam en introvert.

Mooi bly

L

Anonymous said...

Fee,

Jy maak nie n moordkuil van jou hart nie. As jou man nie n probleem daarmee het nie, fine, hy het nie nodig om met hulle shit opgeskeep te sit nie. Kry vir jou pelle met wie jy gemaklik is en maak seker hy kuier by hulle ook. Daar kan van geen vrou verwag word om haar lewe op hou te sit om haar man gelukkig te hou nie.
Live your life, so hard as was jy kan, want jy gaan net een keer hier verby - en as dit die voorbeeld is wat jy vir jou dogtertjie stel, is dit presies wat sy gaan wil he wanneer sy groot is, mense wat haar nie met respek behandel nie. STAAN - en se jou se!!

Anonymous said...

Koeksuster het die boonste goed gese - want sy is nie bang nie!