Thursday, July 19, 2007

God se geskenk aan ons...


Ek is mal oor die natuur... die veld, die see, woude, riviere,bosse...daar is net niks so mooi soos dit nie! Ek voel vry in die natuur, daar kan ek myself
"herontdek", vir ure net sit en dink...my kop skoon kry, rustig raak,
vrede maak. En die skoonheid rondom my wardeer...
Daar besef mens weer die grootheid en almag van God, en so ook hoe bevooreg ons is dat Hy hierdie mooi skepping aan ons toevertrou het.
Die reuk van die natuur, vars blomme,die see,gras,bome...dan ook die geluid van die reen,voeltjies wat sing,nagdiere se geluide...Daar is min dinge so mooi soos dit!
Mens raak so vasgevang in die gejaag en elke dag se bekommernisse, dat mens die mooi en dit wat eintlik saakmaak heeltemal mis.

6 comments:

Dellie said...

Wanneer gaan ons? Ek het baie nodig om te ontlaai!

Anonymous said...

Ek is saam met Dellie, kom ons ry....
Koeks

Chantie said...

Oe, ja! Wat veral lekker is is om op die strand te sit en net te staar na die golwe...maar dit gebeur net 1 keer 'n jaar...
Was jy al ooit by God's Window, Graskop? Dis absoluut breathtaking!

Anonymous said...

Ja, absoluut! God en die natuur is iets wat jy amper nie kan skei nie, ne? Jy voel Sy teenwoordigheid, Sy Grootheid, soveel meer in die natuur.
Lekker dag verder!

Dellie said...

Fairy-ding,

Baie dankie vir jou nice comment vandag op my blog.

Liefie is soos jy, iemand moet eers bewys dat hy vertrou kan word voor hy dit doen. So ek verstaan heeltemal hoe jy voel. In die begin het dit my vreeslik gepla, ek het gevoel hy is vreeslik negatief, maar na byna 20 jaar saam, VERSTAAN ek dit. Dis maar hoe hy is.

Moenie verander ter wille van ander nie. Bly soos jy is, die mense om jou wat saakmaak, sal jou so aanvaar. As hulle nie wil nie, is dit hulle loss!

Maak ek like jou kwaai...vir wat dit werd is.

Lovies
Dellie

Anonymous said...

Hi Sussa!

Dit is verseker die beste medisyne vir 'n oorvol gemoed... om net weer stil te raak en te besef ons mis die hele punt van lewe hier op aarde.

Nitty-gritty hou ons weg van die mooi en kosbare dinge wat ongesiens verbygaan.

Laeveld hier kom ons! hehe

Liefie gejou!