Friday, July 20, 2007


Ietsie om te onthou
Het jy gehoor van die boer wat ongelukkig begin raak het met sy plaas en toe besluit hy om dit te verkoop? 'n Paar dae later bel sy eiendomsagente en vra toestemming om die plek in die tuiskoerantjie te adverteer. Sy het die advertensie vir die boer gelees. Dit het die plasie beskryf as 'n pragtige plekkie in 'n ideale omgewing
-
stil en rustig, omring deur groen heuwels,
gevoed deur die dam en geseën met goed-geteelde diere. Die boer sê, "Lees dit weer vir my." Nadat hy dit 'n tweede keer gehoor het, sê hy, "Ek het van plan verander. Ek verkoop nie meer nie. Ek het my hele lewe lank nog na so 'n plek gesoek."
Wat het verander?
Sy perspektief.
Soms moet 'n mens dit wat jy as vanselfsprekend beskou, of dit wat jy as alledaags sien en wat begin om jou te verveel, sien deur iemand anders se oë, voor jy dit weer kan waardeer. Neem 'n oomblik om regtig eerlik te wees oor jouself en jou lewe, en te dink aan hoe geseënd jy eintlik is...

Dit het my geraak! My sussie het my gister vertel van 'n man wat baie soos my man was. Streng, dominerend,sterk persoonlikheid,'n "controll-freak"
wil alles en almal rondom hom beheer. Toe bars daar 'n aartjie in sy kop,
'n deel van sy brein het skade opgedoen, en sy persoonlikheid het verander.
Hy is nou baie kalmer, "go with the flow" tipe mens, nie meer streng nie,
en laat al die besluite aan sy vrou oor. Nou wil sy skei, want sy kan dit nie hanteer nie! Dit het my laat besef mens kla so baie oor dinge wat eintlik vir jou 'n bedekte seen is! Ek kla oor my man wat my wil beheer, maar sien ek regtig kans om alles op myself te neem? Hoe sal ek voel as sy hele persoonlikheid verander? Sal ek tevrede wees daarmee en daarmee kan saamlewe? Iemand het eendag vir my gese, mens probeer jou lewe lank jou huweliksmaat verander, en wanneer hy/sy is soos wat jy hulle wil he, wil jy skei, want hulle is nie meer dieselfde mens as waarmee jy getrou het nie??? En dis waar!! Ironies, maar waar! Baie keer het mens net nodig om ander perspektief te kry en op die positiewe te konsentreer! En dan positief te reageer op negatiewe aksies, dalk "vryf dit af" op die ander party!

7 comments:

antjiesomers said...

Hi fairy

Dit is soooo waar...

Pragige storie daardie - sal dit moet onthou.

Jy moet ook net onthou om nie 'n kruk vir enigiemand se emosies te word nie...dit deug ook nie.

Pragtige naweek vir jou :)

Anonymous said...

Hi Sussa!

Wel, dis eintlik twee verskillende paartjies. Eerste man is deur 'n breinoperasie a.g.v. gewas. Sy persoonlikheid het handomkeer verander en wat ek sou reken, hemel vir sy vrou moes wees, was nie. Hulle is geskei. Tweede man het 'n aar gebars. Hy is nou so rustig en go-with-the-flow. Heerlik, maar vreemd vir sy vrou. Ongelukkig is al die verantwoordelikheid ook nou hare.

Moral of the story: Be content with what you have - you never know when you may lose it...

Ek dink dit moet ontnugterend wees om een oggend wakker te word en jou man is nie meer jou man nie, maar 'n vreemdeling met 'n heel nuwe persoonlikheid. ...of hy het al sy "spunk" verloor.

Nee wat, gee my honderdduisend keer my Teddie vir altyd en altyd en altyd...

Anonymous said...

So waar! Baie goeie post.

Anonymous said...

So waar! Baie goeie post.

Chantie said...

Hallo daar Fairy
Wil net sê jy moet 'n GREAT week hê sonner probleme met HOPE vreugde. Ek's in 'n JOLLY mood vandag. Hoop jy kry my VIBES deur jou computer screen en voel soos ek...
Lekker dag!

Anonymous said...

Hi Fairy

Ek stem saam, my man is ook streng en als moet wees soos hy sê en dit maak my soms baie vies, maar ek weet ok nie of ek als op myself wil hê nie.

Mooi bly

Lizet

Dellie said...

Ek dink mens moet altyd onthou hoekom jy in die eerste plek vir hierdie mens liefgeraak het. Nie met die oog daarop om hom te verander nie, né! Dis juis ons verskille wat die lewe so lekker maak. Hoe ons mekaar leer ken, en vir iemand kan sê: Ek het jou lief, ten spyte van...