Monday, July 16, 2007

Hoekom is dit net mans wat mag gaan jag? Dit klink vir my so lekker, en dan wonder ek hoekom dit beperk is tot die manlike geslag?
Sommige vrouens, soos ek, geniet ook die buitelewe, 'n lekker groot vuur
in die veld, OBS om jou warm te hou, en iemand wat kitaar kan speel!!
Wonder hoeveel vrouens sal belangstel in so iets? Al gaan skiet ons nie,
oornag net in die veld vir die pret daarvan! Ek is moeg daarvoor om by die huis te moet bly, kinders te vermaak, dvd te kyk, terwyl die mans al die pret het in die veld! Hoe voel die res van julle daaroor?

4 comments:

Anonymous said...

Hey feetjie!!
Dit lyk my jy praat my taal!!! Mal oor die eye candy! Net jammer die ou onder het 'n handdoekie voor...
Jy het gevra op my blog of ek net van die woord n... hou of die daad. Natuurlik is ek mal oor dit, dis ongelukkig net nou moeilik met 'n 33 weke swanger lyf!!! Maar plan maak ek en liefie 'n plan!!!
Sal kort-kort inloer hierso. Ek is 'n absolute feetjie-fanatic. Sal later bietjie prentjies op my blog post.
Groete
Chantie aka Butterfae

Anonymous said...

Nee, daar's te veel goggejorries en slange in die veld. Kom ons girls boek liewers by 'n spa in!

...so wanneer gaan ons? hehe

Liefde

Anonymous said...

Vir die eerste keer in n lang tyd, n girl wat praat soos ek dink.

Jy organise dit, ek is in!!!
Koeks

Anonymous said...

Hallo
Ek loer gereeld op jou blog, dis baie mooi, maar op hierdie een gaan ek coment. Ek is mal oor die bosveld. My pa en een van my broers het ook 'n bosveldplaas, hulle jag gereeld. Kyk, ons het basies op die bosveld groot geword, en ek ken mos van die ding dat die manne gaan jag en die vrouens by die huis los met die kinders. Ek het vir Jan gesĂȘ (my man) as ons nou teruggaan SA toe, en ons gaan bosveld toe moet hy nie dink ek bly by die huis nie. Hy sal nog dink hy pak die bakkie, dan sit ek al daarin!! Daar is niks lekkerder as 'n vakansie of naweek op die bosveld nie, daar het jy behoorlik rus vir jou siel.