Friday, September 21, 2007

Tel nr

Vir die van my maatjies wat met my telefonies in verbinding wil tree...
my nr is 0822660338

Julle is vir my spesiaal...

Baie dankie vir julle almal se raad, liefde en ondersteuning!
Ek dink nie julle besef werklik hoeveel julle vir my beteken nie!
Ek koester elkeen van julle in my hart, almal het 'n spesiale kamertjie met sy/haar
naam opgegraveer!

Thursday, September 20, 2007

Mismoedigheid

Die duiwel se gereedskap



Daar word vertel dat die duiwel op 'n keer bankrot gespeel het en dat hy al sy gereedskap sou verkoop aan enigeen wat bereid was om die regte prys te betaal.

Op die aand van die vendusie was al die gereedskap pragtig uitgestal en het die hele bose lot daar gelê: Daar was jaloesie, afguns, haat, onsedelikheid, owerspel, moord, vyandskap, woede, en al die ander bose stukke gereedskap, elkeen met sy prys.

Maar aan die een kant, apart van die ander gereedskap het 'n stuk gereedskap gelê wat duidelik al baie gebruik was. Dit het 'n prys gehad wat baie hoër was as al die ander.

Iemand vra toe vir die duiwel watter stuk gereedskap dit dan was. Die antwoord was: Dit is Mismoedigheid. Nou waarom is dit dan so duur, wou die persoon weet. Omdat hy vir my baie meer nuttig is as al die ander, het die duiwel gesê. Met mismoedigheid kan ek iemand se bewussyn oopdwing en binnedring wanneer ek dit nie kan doen met enige van die ander gereedskapstukke nie.

En as ek eers binne is, kan ek hom gebruik net soos dit my pas. Die stuk is al so gehawend, want ek gebruik dit op byna elke mens. Want sien, baie min mense weet dat mismoedigheid eintlik aan my behoort.

Al wat ek kan sê is dat mismoedigheid se prys so hoog is, dat die duiwel dit nog nooit kon verkoop nie. Hy besit en gebruik dit nog steeds. Op die vooraand van Sy kruisiging sê Jesus vir Sy dissipels in Johannes
16:33: In die wêreld sal julle verdrukking hê, maar hou goeie moed, Ek het die wêreld klaar oorwin.

Dikwels word ons so oorweldig deur ons omstandighede, ons skuldgevoelens en ons lyding dat ons ophou om te glo, dat ons moed verloor. Dinge kan soms vir ons so moeilik raak, die wêreld kan ons so druk dat ons nie meer wil glo in God nie. Soms is dit so erg dat ons begin om God te blameer vir wat met ons gebeur. Dan wil ons niks meer met God te doen hê nie. Jesus het geweet dat daar sulke dae vir ons oppad is. Hy het geweet dat daar tye sal kom wanneer ons sal verval in mismoedigheid, wanneer ons met die hande in die hare sal sit en uitroep, Here waarom? Here, waarheen nou? Here, ek kan nie meer nie.

Dit is waarom Hy vir ons vandag sê, Hou goeie moed! Moenie moed verloor nie.

Moenie toelaat dat die duiwel jou wysmaak dat daar nie 'n einde of 'n uitweg is nie. Ek is hier en Ek het die wêreld reeds oorwin.

Liewe dierbares, Hy het alreeds die oorwinning vir jou behaal aan die kruis. Hy het alreeds jou smart, jou lyding, jou swaarkry, jou probleme, jou bekommernisse op Hom geneem en die prys daarvoor betaal. Daar is hoop vir jou, want Hy lewe! Roep Hom vandag aan en Hy sal jou laste opneem. Hou net goeie moed! Here, help ons om nooit mismoedig te word nie.

Die mail wat my sussa vir my gestuur het, het vir my baie beteken... dalk kan een van
julle ook krag hieruit put vandag.

Wednesday, September 19, 2007

Pa...

Pa,

Hoe kan ek vergoed vir al die jare wat ek pa as vanselfsprekend aanvaar het?
Vir al die tyd wat verbygegaan het, sonder ‘n kuier of ‘n oproep van my kant af,
Omdat ek te besig was met my eie lewe?
Nou is pa se tyd hier op aarde om, en pa is nie meer ‘n oproep of ‘n kuier ver…
Hoe groet mens jou pa???
Die kanker wat in pa groei is besig om soos kanker aan my te vreet…
Dit het my denke oorgeneem, my eetlus weggevat, dit laat my wakker le snags,
Gee my hoofpyn en laat my opgooi…
Is dit die kanker wat in pa groei…. Of my kanker, my gewete, omdat ek nie meer
Vir pa gedoen het nie, meer dankie gese het nie, geduldiger was nie, meer vergewe
het, verby die lelik na die mooi gekyk het nie…meer geld spandeer het om pa se
lewe geriefliker te maak nie…
Ek selfsugtige mens….
Kosbare herinneringe flits deur my gedagtes…
Elke keer as ek boeremusiek luister, sal ek weet, niemand speel so mooi trekklavier soos my pa nie….
Elke keer as ek na my voete en hande kyk, sal ek pa s’n sien…
Elke keer as ek seekos of afval eet, sal ek onthou…dit was my pa se gunsteling kos…
Elke keer as ek scrabble speel, sal ek onthou hoe lekker ons gelag het vir die soms snaakse woorde wat ons bou…
As my kinders presteer op skool, sal ek dink, hulle het hulle oupa se goeie gene gekry..
Pa se musiekboek, pa wat kitaar speel en ons almal wat sing…
Die lewenslesse wat pa my geleer het, sal ek oordra aan my kinders..
My pa….ek sal pa verewig koester in my hart…
Ek gaan pa mis…
Ek is baie lief vir pa..

Pa...

Only A Dad

Only a dad with a tired face,
Coming home from the daily race,
Bringing little of gold or fame
To show how well he has played the game;
But glad in his heart that his own rejoice
To see him come and to hear his voice.

Only a dad with a brood of four,
One of ten million men or more
Plodding along in the daily strife,
Bearing the whips and the scorns of life,
With never a whimper of pain or hate,
For the sake of those who at home await.

Only a dad, neither rich nor proud,
Merely one of the surging crowd,
Toiling, striving from day to day,
Facing whatever may come his way,
Silent whenever the harsh condemn,
And bearing it all for the love of them.

Only a dad but he gives his all,
To smooth the way for his children small,
Doing with courage stern and grim
The deeds that his father did for him.
This is the line that for him I pen:
Only a dad, but the best of men.

Love's Philosophy

Love's Philosophy

The fountains mingle with the river
And the rivers with the ocean,
The winds of heaven mix for ever
With a sweet emotion;
Nothing in the world is single,
All things by a law divine
In one another's being mingle—
Why not I with thine?

See the mountains kiss high heaven,
And the waves clasp one another;
No sister-flower would be forgiven
If it disdain'd its brother;
And the sunlight clasps the earth,
And the moonbeams kiss the sea—
What are all these kissings worth,
If thou kiss not me?

Tuesday, September 18, 2007

Blou Dinsdag

Hallo Feetjielanders :),
Om een of ander simpel rede kan ek nie meer pics upload nie, wou vir die girls
bietjie eye-candy wys,maar die posting gee nie eers vir my die opsie om pics te upload nie.

Ek is vandag hartseer en het nodig om bietjie te kla...
Dit voel vir my of almal net selfsugtiger word, in die lewe is dit regtig elkeen
vir homself. Mense gee nie meer om vir ander mense se gevoelens nie, en ek verwys nie
net na kennisse en vriende nie, selfs familielede, almal is so vasgevang in hulle eie
issues, hulle probleme en omstandighede. Ironie is, wanneer mens die moeite doen om
iemand te help, is hulle so behep met hulle ongelukkige omstandighede, dat hulle jou behandel asof dit jou skuld is en nie eers wardeer wat jy vir hulle doen nie.
Hulle soort van verwag dan van jou om alles op te offer, sonder om te kla, want jy het mos aangebied om te help. Gee die pinkie en hulle vat die hele hand.
En terwyl jy help het hulle die vermetelheid om jou sleg te maak by ander, asof dit hulle beter oor hulleself gaan laat voel. Dan voel hulle dalk nie so sleg omdat hulle
afhanklik is van jou nie. Wonder of hulle besef, of enigsins omgee hoe seer hulle jou maak. Sommige mense in my lewe het net die vermoe om my te laat voel, maak nie saak wat ek doen nie, ek sal nooit goed wees in hulle oe nie.

Iemand na aan my is baie siek, dit gaan sleg en is dalk tyd om afskeid te neem.
Ek het gemengde gevoelens...ek is ontsettend hartseer, want hoe groet mens iemand wat so groot deel van jou lewe was? Dan weer is dit tog beter vir hom...hy is i.e.g.
nie gelukkig hier op aarde nie. En aan die ander kant sit ek nog met my eie issues..
ek weet hy is lief vir my, hy moet wees,maar ek weet ook ek is nie sy gunsteling persoon nie, en ek weet ook dat hy nie trots is op my, soos wat ek graag sou wou gehad het hy moes wees nie. Niks sal dit ooit verander i.e.g. nie, want ek word vergelyk met en leef in die skadu van iemand wat perfek is. Maar tog voel ek, al is ek nie so perfek soos sy nie, het ek ook tog goeie kwaliteite, waarom kan ek nie daarvoor wardeer word nie?

Hoekom is dit so dat hoe nader jy aan iemand is, hoe seerder maak julle mekaar?

Ek sou graag openlik wou praat en die hele situasie wou skets om eerlike opinies daaroor te kry, want ek wonder tog of ek nie die selfsugtige een is nie,omdat ek nie bereid is om my hele huishouding omver te gooi en teen my man te gaan nie. Omdat ek my by my man skaar wanneer hy kwaad raak as, die vriendin met die vroueslaner boyfriend, wat ons in die huis geneem het, haar geld spandeer op drank wat sy saam met die boyfriend uitdrink, en sigarette wat sy vir hom ook koop, van ons verwag om vir haar sigarette te koop . Sy dra niks by in die huishouding nie. Wanneer ek met haar daaroor praat se sy eenvoudig sy wil ook lewe en vriende he, en kan nie met lee hande daar opdaag nie, so sy moet drank saamvat. En die res van die tyd verwag sy van ons om te voorsien. Sy se ons laat haar soos 'n hond voel, sy haat dit om afhanklik te wees en nou kla ons omdat sy vra vir sigarette. Ons verneder haar verder deur so op te tree, terwyl dit klaar vir haar vernederend is om te moet vra.

Okay, dis nie 'n vriendin nie, dis 'n familielid. Die betrokke familielid het al baie vir my in my lewe gedoen. Skuld ek haar dit om vir haar te sorg? My man voel nie so daaroor nie, dis nie sy familie nie. En hy word gedurig deur haar sleggemaak.

Hoe verantwoordelik is mens vir jou familielede, waar trek jy die streep?

Monday, September 17, 2007

Happy Birthday!!!

My Poplap....

Baie geluk met jou verjaarsdag..
Jy is so kosbaar en spesiaal vir mamma..
Ek kan net vir Jesus baie baie dankie se, dat Hy so bondeltjie liefde soos jy
aan my toevertrou het!
Dit is vir my 'n voorreg om jou in my lewe te he!

Mamma is baie lief vir jou!

Vroueslaners

Wat maak dat vrouens by mans bly wat aan hulle slaan?
Iemand baie na aan my se "boyfriend" het haar al paar keer blou oe geslaan.
Dit het so een keer elke 2 mnde gebeur,vir die afgelope elf jr! Haar werkgewer het
"fed-up" geraak en daarop aangedring dat hulle uitmekaar gaan of sy verloor haar werk. Alhoewel sy toe vir 2mnde op vakansie gegaan het, alles opgepak en by my ingetrek het, het sy nogsteeds kontak met hom gehad. Johan het hom ons huis verbied,
en sy aanvaar dit nie. Gaan kuier nou elke naweek by hom (sonder dat haar werkgewer daarvan weet). Sy werk al 22jr vir die betrokke instansie, en het nog net 4 jr oor voor sy aftree, dus het sy haar pensioen waarvoor sy al die jare baie hard gewerk het,om te verloor. Sy verkies hom bo almal in haar lewe, en neem almal wat haar wou help, kwalik, omdat hulle uitmekaar is. Ironie is, behalwe vir die slanery het hy haar nooit gelukkig gemaak nie, sy soek baie liefde en aandag, en het permanent gehuil omdat hy haar verwerp, verkleineer en geen liefde vir haar gee nie. Sy het ook basies permanent vir hom gesorg, sy salaris was maar klein. Hy was nou vir 'n tyd lank werkloos, en sy het vir hom sigarette en kos gekoop. Pak 'n bak vol kos
vir middagete, ek weet sy het nog nooit in haar lewe so baie geeet nie, so ek glo sy gee dit vir hom. Wat maak vrouens verslaaf aan sulke mans? En hoe help mens hulle?
Hallo Vriendinne!!!!

Ek het julle vreeslik baie gemis!!!
Baie dankie vir almal se raad, ek wardeer dit, julle is oulik!
Ek het uiteindelik 'n nuwe laptop gekry, die versekering het ook maar hulle eie tyd..
Was besig die afgelope tyd, moes al die werk opvang wat verlore gegaan het saam met my laptop, is nou nog nie heeltemal op datum.
Iemand het my daarop gewys dat ek op iemand anders se blog "oor die vingers getik" is
omdat ek , soos sy dit sien, my man afkraak en nie seker is of hy "Mr Right" is nie,
so ek is nou eers klaar advies gevra...aangesien die "ongenooides" ook my blog lees,
en hulle, wel sy, haarself die reg aanmatig om op haar blog 'n eier daaroor te le..
Ek was onder die wanindruk dis net julle, my maatjies, wat my blog lees...
So ek sal maar versigter wees...

Gesels later weer, wou net eers hallo se!!