Wednesday, September 19, 2007

Pa...

Pa,

Hoe kan ek vergoed vir al die jare wat ek pa as vanselfsprekend aanvaar het?
Vir al die tyd wat verbygegaan het, sonder ‘n kuier of ‘n oproep van my kant af,
Omdat ek te besig was met my eie lewe?
Nou is pa se tyd hier op aarde om, en pa is nie meer ‘n oproep of ‘n kuier ver…
Hoe groet mens jou pa???
Die kanker wat in pa groei is besig om soos kanker aan my te vreet…
Dit het my denke oorgeneem, my eetlus weggevat, dit laat my wakker le snags,
Gee my hoofpyn en laat my opgooi…
Is dit die kanker wat in pa groei…. Of my kanker, my gewete, omdat ek nie meer
Vir pa gedoen het nie, meer dankie gese het nie, geduldiger was nie, meer vergewe
het, verby die lelik na die mooi gekyk het nie…meer geld spandeer het om pa se
lewe geriefliker te maak nie…
Ek selfsugtige mens….
Kosbare herinneringe flits deur my gedagtes…
Elke keer as ek boeremusiek luister, sal ek weet, niemand speel so mooi trekklavier soos my pa nie….
Elke keer as ek na my voete en hande kyk, sal ek pa s’n sien…
Elke keer as ek seekos of afval eet, sal ek onthou…dit was my pa se gunsteling kos…
Elke keer as ek scrabble speel, sal ek onthou hoe lekker ons gelag het vir die soms snaakse woorde wat ons bou…
As my kinders presteer op skool, sal ek dink, hulle het hulle oupa se goeie gene gekry..
Pa se musiekboek, pa wat kitaar speel en ons almal wat sing…
Die lewenslesse wat pa my geleer het, sal ek oordra aan my kinders..
My pa….ek sal pa verewig koester in my hart…
Ek gaan pa mis…
Ek is baie lief vir pa..

12 comments:

Anonymous said...

Jy het dan so baie vir hom gedoen, Sussa... Hy het jou lief - jy's syne...

Anonymous said...

Sussa, hy is nog met ons. Hoekom voel dit nie in my hart of ek moet afskeid neem nie? Miskien het realiteit nog nie ingesink nie... Miskien wil ek myself oortuig die onafwendbare sal nie gebeur nie... Miskien het ek nodig om kop te hou ter wille van mense wat op my steun...

Miskien... Dad, ons kom..

Sussa, my twee poppies perform hul harte uit in die revue ter ere aan Oupa... dis in hul bloed, ons bloed.

Lig jou kop, my kleinsus, jy IS kosbaar en verseker nie selfsugtig nie - verseker nie!

I love you

suz said...

Feetjie

Sterkte vir jou en jou gesin. Ek voel saam met jou. Wees dankbaar dat jy jou Pa kan gaan groet, my Pa is Februarie oorlede en ek het nie die kans gehad om te groet nie. Hy is geopereer vir 'n mantelvlies breuk en ek was die sondagaand nog by hom in icu en toe besoektyd verby is het hy geslaap en het ek hom net op die voorkom gesoen, ek wou hom nie wakker maak nie. Maandag oggend het hy in 'n koma in gegaan en 2 weke later is hy oorlede. Weet jy hoe wens ek dat ek kon groet en vir ou laas vir hom sê Ek is lief vir jou Pa.

Sterkte en ek bid vir julle

Suz

Anonymous said...

Baie sterkte vir jou en jou familie!

Anonymous said...

Ek as buitestaander lees ek hierdie posting seker 3maal en ek kan die hartseer daarin lees. Dis waar wat jou suster noem daar is nog tyd, gaan besoek jou pappie!

Al gaan hou jy net sy hand vas, jy doen iets. Jammer ek weet nie van jou omstandighede nie, nl hoever bly julle vanmekaar ens. Maar doen daai iets ekstra dat jy weet jy het jou deel gedoen.

Ek het ook my gryse moeder van 83jr wat ek daagliks bel in Brits net om hallo te sê. Want ek weet ons is vêr van mekaar, sy in Brits ek in Mozambique en daar gaan nie 'n dag om dat ek nie bel en haar iets vertel. Al is dit die stoutste grappie denkbaar, en al sy klaar gelag het, dan trap sy my uit oor ek sulke taal gebruik ... ai ai mens bly lief vir hulle.

Sterkte, en jaaaaaa wat kan ek sê? Vertroetel daardie oom gedagtes

Eben

Anonymous said...

Fairy, dis iets wat ek vrees, die 'weggaan' van my ouers! Ek's stokoud, maar weet nie of ek sonder hulle sal kan regkom nie!

Ek kan net sê, ek 'voel' wat jy voel!

En sterkte vir julle!

Anonymous said...

Fairy,
Jou pa is 'n ouer en hy is lief vir sy kinders, ongeag wat. Ek glo dit. Probeer om nie skuldgevoelens die oorhand te laat kry nie. Maklik gese, ek weet.
Sterkte, maaikie

Dellie said...

((Fairy)) Sterkte, en as jy hom sien, koester elke oomblik!

Dellie said...
This comment has been removed by the author.
Dellie said...

Skuus, ek het per ongeluk 2 keer gepost, die ene van gedelete is, is myne.

Dame met 'n wil! said...

Feetjie ek het nie woorde nie, dit is so hartseer. Ek sukkel so om comments te los op jou blog. Jy moet sterk staan ter wille van jouself, jou man en kinders en veral jou pa!!

Anonymous said...

Baie, baie sterkte vir julle familie. My pa het ook kanker, dit gaan ook nie goed met hom nie. Ek bid vir julle.