Tuesday, September 18, 2007

Blou Dinsdag

Hallo Feetjielanders :),
Om een of ander simpel rede kan ek nie meer pics upload nie, wou vir die girls
bietjie eye-candy wys,maar die posting gee nie eers vir my die opsie om pics te upload nie.

Ek is vandag hartseer en het nodig om bietjie te kla...
Dit voel vir my of almal net selfsugtiger word, in die lewe is dit regtig elkeen
vir homself. Mense gee nie meer om vir ander mense se gevoelens nie, en ek verwys nie
net na kennisse en vriende nie, selfs familielede, almal is so vasgevang in hulle eie
issues, hulle probleme en omstandighede. Ironie is, wanneer mens die moeite doen om
iemand te help, is hulle so behep met hulle ongelukkige omstandighede, dat hulle jou behandel asof dit jou skuld is en nie eers wardeer wat jy vir hulle doen nie.
Hulle soort van verwag dan van jou om alles op te offer, sonder om te kla, want jy het mos aangebied om te help. Gee die pinkie en hulle vat die hele hand.
En terwyl jy help het hulle die vermetelheid om jou sleg te maak by ander, asof dit hulle beter oor hulleself gaan laat voel. Dan voel hulle dalk nie so sleg omdat hulle
afhanklik is van jou nie. Wonder of hulle besef, of enigsins omgee hoe seer hulle jou maak. Sommige mense in my lewe het net die vermoe om my te laat voel, maak nie saak wat ek doen nie, ek sal nooit goed wees in hulle oe nie.

Iemand na aan my is baie siek, dit gaan sleg en is dalk tyd om afskeid te neem.
Ek het gemengde gevoelens...ek is ontsettend hartseer, want hoe groet mens iemand wat so groot deel van jou lewe was? Dan weer is dit tog beter vir hom...hy is i.e.g.
nie gelukkig hier op aarde nie. En aan die ander kant sit ek nog met my eie issues..
ek weet hy is lief vir my, hy moet wees,maar ek weet ook ek is nie sy gunsteling persoon nie, en ek weet ook dat hy nie trots is op my, soos wat ek graag sou wou gehad het hy moes wees nie. Niks sal dit ooit verander i.e.g. nie, want ek word vergelyk met en leef in die skadu van iemand wat perfek is. Maar tog voel ek, al is ek nie so perfek soos sy nie, het ek ook tog goeie kwaliteite, waarom kan ek nie daarvoor wardeer word nie?

Hoekom is dit so dat hoe nader jy aan iemand is, hoe seerder maak julle mekaar?

Ek sou graag openlik wou praat en die hele situasie wou skets om eerlike opinies daaroor te kry, want ek wonder tog of ek nie die selfsugtige een is nie,omdat ek nie bereid is om my hele huishouding omver te gooi en teen my man te gaan nie. Omdat ek my by my man skaar wanneer hy kwaad raak as, die vriendin met die vroueslaner boyfriend, wat ons in die huis geneem het, haar geld spandeer op drank wat sy saam met die boyfriend uitdrink, en sigarette wat sy vir hom ook koop, van ons verwag om vir haar sigarette te koop . Sy dra niks by in die huishouding nie. Wanneer ek met haar daaroor praat se sy eenvoudig sy wil ook lewe en vriende he, en kan nie met lee hande daar opdaag nie, so sy moet drank saamvat. En die res van die tyd verwag sy van ons om te voorsien. Sy se ons laat haar soos 'n hond voel, sy haat dit om afhanklik te wees en nou kla ons omdat sy vra vir sigarette. Ons verneder haar verder deur so op te tree, terwyl dit klaar vir haar vernederend is om te moet vra.

Okay, dis nie 'n vriendin nie, dis 'n familielid. Die betrokke familielid het al baie vir my in my lewe gedoen. Skuld ek haar dit om vir haar te sorg? My man voel nie so daaroor nie, dis nie sy familie nie. En hy word gedurig deur haar sleggemaak.

Hoe verantwoordelik is mens vir jou familielede, waar trek jy die streep?

7 comments:

Anonymous said...

Ek kom loer kort kort hier om te kyk of jy terug is en wat 'n surprise vandag! Welom terug!

Ek glo jy gaan gesëen word omdat jy jou hand uitsteek om iemand anders te help. Dit is nie maklik nie (ek is al 'n paar keer daardeur) .... maar jy sal wel eendag beloon word daarvoor. Sterkte!

Anonymous said...

Sometimes you have to be cruel to be kind. Dis die long and short of it...

Jou huis, jou man, jou familie, jou reels - almal wat tussen jou en jou man staan kan die oorsaak van n ekskeiding wees - en dit wil jy nie he nie.

Sit jou voet neer!!

So twee jaar terug het ek dieselfde probleem gehad met my peetkind - dit was van die moeilikste donkerste dae in my lewe, hoe jaag n mens jou kind weg - maar dit moes gedoen word en vandag is hy n gerespekteerde grootmens in sy eie reg.

Tought choices made by tough people.

Sterkte
Koeks

Lucy said...

Mens raak so vasgevang in "wat is reg, wat sal die mense se, wat verwag die mense", ens, dat jy vergeet om te kyk hoe JY voel. Ek dink jy WEET wat die regte ding is. Gaan met jou GUT feeling, ek dink nie jy sal verkeerd wees nie.
Sterkte

Dame met 'n wil! said...

Feetjie nee jy dit is JOU huis, JOU geld, JOU geduld, JOU tyd, JOU liefde, JOU man, JOU kinders, julle almal lei onder hierdie mens. Sit jou voete neer!! Sterkte jy.

Dellie said...

Dis 'n moeilike ene Feetjie-ding, maar ek dink die ander som dit mooi op. Die belangrikste hier is jou gesin, en jou huwelik, en JY. Hoe moeilik dit ook al mag wees vir jou, sy sal 'n ander heenkome moet vind. Sterkte!

Anonymous said...

Sussa, niemand is perfek nie en jy hoef jou teen niemand anders te meet nie. Jy is jou eie unieke, passievolle, liefdevolle self en ons is mal oor jou!

Niemand gaan jou kwalik neem as jy jou voet neersit nie... wel, buiten die betrokke party, maar hoeveel kan mens vat?

Anonymous said...

HI
EK KEN DIE OMSTANDIGHEDE VAN JOU "VRIENDIN" MET DIE VROUESLANER BOYFRIEND. EK WEET DIT IS VIR JOU EN JOU SUSTER 'N BAIE MOEILIKE SITUASIE. DIE LEWE BESTAAN EGTER UIT KEUSES UIT WAT 'N MENS MAAK EN AS SY DIE VERKEERDE KEUSES MAAK NADAT JULLE HAAR DIE NODIGE RAAD GEGEE HET IS DIT DEFINITIEF NIE SELFSUG AS JY EERDER BY JOU MAN STAAN NIE. JY MOET NOG VIR JARE SAAM MET JOU MAN DEURBRING EN DIE REGTE VOORBEELD STEL VIR JOU KINDERS. JA, JY VOEL SOOS 'N WURM VERAL AS JY DINK AAN ALLES WAT SY VIR JOU IN DIE VERLEDE GEDOEN HET, MAAR DINK JY NIE JY MOET NOU NET AAN JOU KINDERS EN JOU EIE TOEKOMS DINK NIE. SY IS MOOI GROOT EN MOET NET BETER KEUSES MAAK. EK WEET DIT KLINK HARD, MAAR WAT ANDERS KAN JY DOEN.

JOU VERLANGE NA JOU PA KAN EK MAAR NET SAAM MET JULLE GESIN 'N TRAAN STORT. KRY DAREM DIE BEVREDIGING DAARUIT DAT JULLE 'N KANS GEGUN WORD OM AFSKEID TE NEEM VAN MEKAAR. DAAR IS SOVEEL GELIEFDES WAT WREED WEGGERUK WORD VAN MEKAAR SONDER DAT DAAR OOK EKSKUUS GEVRA KON WORD OF KON SE EK VERGEWE JOU. DANK DIE HERE DAT HY JULLE HIERDIE KANS GEE OM SY LEWE MET HOM REG TE MAAK EN AFSKEID VAN MEKAAR TE NEEM DEUR TE VERGEWE EN TE SE JULLE IS LIEF VIR MEKAAR. EK KON DIT NOOIT MET MY PA DOEN NIE EN DIT VREET IN 'N MENS SE SIEL DAARDIE SELFVERWYT.

EK DINK AAN JULLE GESIN MET AL MY BAIE LIEFDE.