Thursday, September 20, 2007

Mismoedigheid

Die duiwel se gereedskap



Daar word vertel dat die duiwel op 'n keer bankrot gespeel het en dat hy al sy gereedskap sou verkoop aan enigeen wat bereid was om die regte prys te betaal.

Op die aand van die vendusie was al die gereedskap pragtig uitgestal en het die hele bose lot daar gelê: Daar was jaloesie, afguns, haat, onsedelikheid, owerspel, moord, vyandskap, woede, en al die ander bose stukke gereedskap, elkeen met sy prys.

Maar aan die een kant, apart van die ander gereedskap het 'n stuk gereedskap gelê wat duidelik al baie gebruik was. Dit het 'n prys gehad wat baie hoër was as al die ander.

Iemand vra toe vir die duiwel watter stuk gereedskap dit dan was. Die antwoord was: Dit is Mismoedigheid. Nou waarom is dit dan so duur, wou die persoon weet. Omdat hy vir my baie meer nuttig is as al die ander, het die duiwel gesê. Met mismoedigheid kan ek iemand se bewussyn oopdwing en binnedring wanneer ek dit nie kan doen met enige van die ander gereedskapstukke nie.

En as ek eers binne is, kan ek hom gebruik net soos dit my pas. Die stuk is al so gehawend, want ek gebruik dit op byna elke mens. Want sien, baie min mense weet dat mismoedigheid eintlik aan my behoort.

Al wat ek kan sê is dat mismoedigheid se prys so hoog is, dat die duiwel dit nog nooit kon verkoop nie. Hy besit en gebruik dit nog steeds. Op die vooraand van Sy kruisiging sê Jesus vir Sy dissipels in Johannes
16:33: In die wêreld sal julle verdrukking hê, maar hou goeie moed, Ek het die wêreld klaar oorwin.

Dikwels word ons so oorweldig deur ons omstandighede, ons skuldgevoelens en ons lyding dat ons ophou om te glo, dat ons moed verloor. Dinge kan soms vir ons so moeilik raak, die wêreld kan ons so druk dat ons nie meer wil glo in God nie. Soms is dit so erg dat ons begin om God te blameer vir wat met ons gebeur. Dan wil ons niks meer met God te doen hê nie. Jesus het geweet dat daar sulke dae vir ons oppad is. Hy het geweet dat daar tye sal kom wanneer ons sal verval in mismoedigheid, wanneer ons met die hande in die hare sal sit en uitroep, Here waarom? Here, waarheen nou? Here, ek kan nie meer nie.

Dit is waarom Hy vir ons vandag sê, Hou goeie moed! Moenie moed verloor nie.

Moenie toelaat dat die duiwel jou wysmaak dat daar nie 'n einde of 'n uitweg is nie. Ek is hier en Ek het die wêreld reeds oorwin.

Liewe dierbares, Hy het alreeds die oorwinning vir jou behaal aan die kruis. Hy het alreeds jou smart, jou lyding, jou swaarkry, jou probleme, jou bekommernisse op Hom geneem en die prys daarvoor betaal. Daar is hoop vir jou, want Hy lewe! Roep Hom vandag aan en Hy sal jou laste opneem. Hou net goeie moed! Here, help ons om nooit mismoedig te word nie.

Die mail wat my sussa vir my gestuur het, het vir my baie beteken... dalk kan een van
julle ook krag hieruit put vandag.

18 comments:

Anonymous said...

Weet jy jy is kamma so christelik maar jy oordeel darem mense vreeslik gou net omdat jy eenkant van die storie gehoor het!!!
kry jou feite reg. Dalk moet jy die Here vra om jou comments vir jouself te hou en nie andere te oordeel nie!!

Feetjieland said...

Wie jy ookal is, ek het niemand hier, of enigiemand wat my ken, onder die wanindruk geplaas dat ek perfek is nie!!! So ja, soms oordeel ek mense, dis maar een van die kleiner sondes in my lewe...
waaroor ek myself dikwels veroordeel. Ek kan nie dink dat ek enigiemand op my blog of op enigiemand anders se blog veroordeel het nie, so werp asb net vir my lig op die onderwerp dan kan ek myself en my bedoelings aan jou verduidelik.

Anonymous said...

Feetjie sy het 'n 'commen en swak beeld' want sy plaas nie eers haar naam. Wys jou net!!

Neee wat jy het niemand ingedoen nie, die persoon self het 'n moevies groot probleem.

So as sy hier lees: ... kom girl plaas jou naam, of is jy ook skaam daarvoor!!

Eben

Blou Bul said...

Feetjieland, niks om jou oor te bekommer nie, jou stuk is insiggewend vandag. Lekker dag.

suz said...

Feetjie

Ek lees jou blog eers van gister af en wil net sê hou so aan ek geniet dit baie. Moet jou nie aan hulle steur nie.

Lekker Dag

Anonymous said...

Fairy,
Skrik ek sommer vir daai eerste comment! Dis was so mooi stukkie, en ek het dit so ter harte geneem, en toe daai! Weet nie waar val ons daar uit die boom uit nie.
Moenie worry nie, ek het jou ook nog nie gesien iemand kritiseer nie. En in elk geval, wie kritiseer nie maar een of ander tyd nie. Soos jy se, dis sondig, maar menslik...

Feetjieland said...

Ek vermoed dis oor my opinie wat ek gegee het op Wimpie se blog oor sy girl wat so jaloers is. Maar ek het haar nie gekritiseer nie, allesbehalwe, net verduidelik dat sy heelwaarskynlik 'n swak selfbeeld het en baie onseker oor haarself voel, sy is seker maar fyngevoelig en het dit as 'n belediging beskou, maar ek het dit reggestel op sy blog. En vir haar mooi gese, ek veroordeel nie.

Feetjieland said...

As jy op Da Mario se blog ingaan, kry jy die dinge van Wimpy op sy links, dis op sy blog.

Dellie said...

Feetjie, moenie jou aan daardie eerste comment steur nie. Jy kan nie met spoke baklei nie, veral nie anonymous spoke nie! Ek het jou comments gelees by Wimpie, en ek sien nie dat jy veroordeel het nie, inteendeel, ek sien dat jy net probeer help. Die lewe is te kort om jou aan kleinserige mense te steur. Ons lief jou nes jy is, dis hoekom ons hier by jou kom kuier.

Anonymous said...

Hi feetjie,

Ek lees vandag eerste keer hier, en moenie dat iemand jou onderkry nie. Jou posting is pragtig, en as jy iemand daarin dalk sleg gesê het, was dit ou 'nick' homself, en daavoor skreeu ek 10/10. Of maybe het jy dalk op sy tone getrap...hehehe.

Lekker daggie vir jou

Groetetjies

Sonneblom

Anonymous said...

Dankie vir die comment op Wimpie se blog. Ek voel net dat dit het eintlik niks met jou te doen nie en dat jy comment op iemand wat jy nie eers ken nie. Jy ken nie eers die situasie nie, en nou se jy ek het hulp nodig????
Sorry jy het gecomment op 'n saak wat nr 1 jou nie aangaan nie en jy ken my nie eens om te se dat ek hulp nodig het nie. Hoe sal jy voel as ek net 'n comment los en vir jou vertel hoe jy is en ek ken jou eintlik nie eers nie. Dis onregverdig. Jy klink nice genoeg, ek kan nie dink hoekom jy my aanval net oor 'n ding wat Wimpie gese het nie. 'n saak het 2 kante. Ek kan jou ook vertel van hom en wat hy doen, en hoekom ek so reageer, daar is 'n goeie rede voor, maar ek sal nie sy naam sleg maak by niemand nie, want ek is 'n beter mens as dit. Jy ken my nie eers om te se ek het 'n swak selfbeeld nie.... JY KEN NIE DIE SITUASIE NIE. Maar inelkgeval ek wil nie in ;n bespreking daaroor gaan nie, wil net nie he jy moet my of die saak oordeel sonder dat jy regtig weet wat aangaan nie. Ek is eintlik 'n baie nice mens en baie liefdevol. Ek voel net onder 'n vergrootglas omdat jy nie my of die situasie ken nie, dis onregverdig.

Feetjieland said...

Anel, ek val jou nie aan nie...
soos ek op Wimpie se blog verduidelik het, ek het regtig net probeer raad gee. Almal het daarop gecomment, nie net ek nie.
Onsekerheid en jaloesie spreek maar gewoonlik van 'n swak selfbeeld. As jy mooi lees sal jy lees dat ek se, dalk het hy nie vir jou genoeg liefde en versekering gegee nie, want die manlike spesie is nie so emosioneel soos ons nie, en sukkel maar om te komplimenteer en ons spesiaal te laat voel.Volgens die inskrywing op sy blog, is daar nie iemand anders in sy lewe nie en is jy onnodig jaloers, ons almal het dus gecomment daarvolgens. As ek 'n posting plaas oor my man, gaan die bloggers nie eers my man kontak om sy kant van die storie te hoor nie, hulle gaan comment op die inligting wat op my posting verskyn. Soos ek ook op Wimpy se blog gese het, het ek maar self met die jaloesie-ding geworstel, dus was my raad gebasseer op my eie ervaring. Ek het alles regtig net goed bedoel, en wou help. Jammer as dit jou ongemaklik en blootgestel laat voel het, maar dit moet jy eintlik met Wimpie uitklaar, want hy het jou en die situasie blootgestel toe hy die inskrywing gemaak het. Die voorstel dat jy hulp moet kry, was regtig met die beste van bedoelings.

Anonymous said...

Dis goed so. Ja ek het met hom daaroor gepraat. Ek reageer maar net hoe ek behandel word. Want dit word net altyd op sy blog gesit van vroumense dit en vroumense dat... en ek was regtig seergemaak oordat mense comment op een kant van die storie. 'n saak het altyd 2 kante.
Maar inelkgeval ek lees jou blog gereeld en hou baie daarvan - baie inspireerend.
dankie en lekker dag

Feetjieland said...

Ek het jou comment en myne op sy blog gespost, en gese dat ek net wou help en eerder nie weer gaan comment op sy blog nie. Ek wil nie moeilikheid maak of he nie, het maar net gereageer op wat ek gelees het in sy blog. Jammer vir enige ongerief, probleme en skade.

Anonymous said...

Daar was geen moeilikheid nie. Wimpie doen en se goed impulsief en dan moet hy maar die nagevolge daarvan dra.
Jy hoef nie nie te comment op sy blog nie. Ek net was ongelukkig dat jy my in detail bespreek het en jy ken my nie eens nie. Maar dis nou verby. Ek is nie die tipe mens wat net sal terugstaan en dat mense my bespreek sonder dat hulle die waarheid of my ken nie. Ek is seker jyt respek daarvoor. Inelkgeval is ek jammer as ek jou onnodig aangeval het, was maar net ongelukkig en emosioneel.
Annel

Feetjieland said...

Ek verstaan, en ja, ek het respek vir mense wat hulle vrou kan staan!

Feetjieland said...

Maar ek voel ook jy moet verstaan dat ek gereageer het op die inligting wat wimpy beskikbaar gestel het, en dat ek wou raad gee.
Ek het veralgemeen op redes vir jaloesie en wantroue, nie regtig jou in diepte bespreek nie, maar mense wat jaloers is en sukkel om te vertrou.Moontlike oorsake genoem en wat hulle kan doen om oor dit te kom.

Anonymous said...

Feetjie, baie mooi posting wat jy opgesit het.
Ek dink dit was so spesiaal vir my vir hierdie week wat ek nogals mismoedig was oor dinge wat die afgelope naweek gebeur het. Sal probeer om MOED te hou en deur alles die LIG te sien.
Lekker langnaweek!!!!!!!!