Friday, July 13, 2007



HY / SY
Al ooit gewonder hoekom mans en vrouens se denkpatroon/wyse
so baie verskil? Ek het gister op 'n artikel in die vrouekeur afgekom wat daaroor gaan, en wil dit graag met julle deel.
Die gemiddelde man gebruik 7000 woorde per dag.
Die gemiddelde vrou gebruik 20 000 woorde per dag.
Verstaan julle nou hoekom manlief so min te se het wanneer hy saans by die huis kom? Ek glo ook dis hoekom ons alles meer in detail beskryf, ons het soveel meer woorde om te se!!
Mans leef in kompartemente, hulle het 'n kompartement vir hulle huwelik, vir hulle kinders, vir werk, vir vriende, vir godsdiens.
Dit verklaar vir my hoekom ons kan "multitask" en hulle nie, lol.
Mans se liefde is konkreet, hulle bewys liefde deur dade, soos om die gras te sny, suksesvol te wees in sy loopbaan, baie geld te maak en seks.
Vrouens bewys liefde deur emosies en woorde.
Wel, hulle het in die eerste plek te min woorde per dag om nog
emosionele praatjies/ troetelwoordjies, te kan he saans.
Tweedens is dit net nie hulle manier van liefde wys nie.
Die meeste mans ontleed 'n verhoudingsprobleem analities.
Vrouens benader dit emosioneel en konsentreer meer op wat waargeneem word as wat gedoen is.
'n Man bekommer hom nie soveel oor goeie uitspraak nie.
Vir 'n vrou is praatstyle en hoorbaarheid baie belangrik.
As 'n man luister is hy geneig im te frons en sy oge op skrefies te trek.
Terwyl ons vrouens sal glimlag en ons kop sal knik om te wys ons luister.
Om komplimente te gee is normaalweg moeiliker vir 'n man as vir 'n vrou.
'n Man se stem is neutraler en sonder intonasies as hy iets vertel.
Hy gebruik selde meer as drie toonhoogtes,
terwyl vrouens gemiddeld vyf toonhoogtes gebruik.
Sy gesig bly strak as iemand met hom 'n gesprek voer,
terwyl vroue gewoonlik deur gesigsuitdrukkings terugvoer gee.
'n Man sit graag agteroor terwyl hy luister,
vrouens buig weer voorentoe terwyl hulle luister.
'n Man is baie minder diplomaties as 'n vrou.
Anders as ons, bespreek hulle ook nie graag hulle gevoelens met vriende en familielede nie.
'n Man vra moeiliker onverskoning!!
Sal mens twee keer laat dink voor jy 'n man glo wat kla hy vra altyd eerste onverskoning, lol.
Mans se gesprekke gaan meer oor waar hy was en wat hy gedoen het.
Vrouens se gesprekke gaan oor emosies en wat sy nog beplan om te doen.
'n Man spog meer openlik oor wat hy al vermag het, (tipies my man),
Vrouens praat eerder bewonderend van iemand anders.
'n Man skroom nie om 'n kennies oor 'n persoonlike of sensitiewe
saak te terg nie!
Baie keer al my moel gestrip daaroor!
'n Man is geneig om op die bestaande probleem te konsentreet,
terwyl ons evas lief is om ou koue uit die sloot te grawe, lol.
Dis nie vir 'n man so belangrik om terugvoering te gee na 'n gesprek nie, stilbly is ook volgens hulle 'n antw! (not!! gee my eerder jou antw in woorde, dude!)
Dis moelik vir 'n man om sy intieme gevoelens uit te druk.
Vir vrouens kom dit natuurlik.
Ek moet dit nog leer aanvaar!
As 'n man iets vertel se hy min, ek voel of ek hou van.
Vir 'n vrou is 'n vertelling direk aan emosies verbind.
'n Man antwoord met 'n blote "ja" of "nee".
Vrouens verduidelik hoekom hulle positief of negatief daaroor voel.
Mans maak meer direkte aantuigings , soos "Jy bel my nooit nie"
Terwyl vrouens sal vra "hoekom bel jy my nooit nie".
Mans is meer voorskriftelik en minder demokraties!
Tipe van "omdat ek so besluit het".
Mans se humor is meer grof en sarkasties en hulle vertel ook meer grappe.
Vrouens se humor gaan meer oor daaglikse katastrofes en haar maat.
Nou toe nou, so dis actually alle mans en nie net my man nie, lol.
Girls... nou kan ons hulle beter verstaan, maar dit beteken nie ons moet dit so aanvaar nie,lol!

Thursday, July 12, 2007

Ek dink vandag aan almal wat hartseer, eensaam en verwerp voel...
Die lewe, nee, mense is soms so hard en ongenaakbaar. Kraak mekaar af, se seermaak-woorde wat letsels laat... dis so hartseer en onnodig. Waarom kan almal mekaar nie net 'n plekkie in die son gun nie, mense verskil en dis volgens my wonderlik, die lewe sou saai gewees het as almal dieselfde was en dieselfde geredeneer het.
Oor die algemeen is ek mal oor mense, maar ek het 'n sagte plekke vir mense wat nie vir hulleself opstaan nie en is 'n kampvegter vir die "underdogs" van die lewe, en ek pes mense wat ander mense altyd afkraak, 'n negatiewe opinie oor almal het, selfs die mense wat hulle sopas ontmoet het afkraak en net die negatiewe in almal en alles raaksien. Ek is baie ingesteld op mense se gevoelens en probeer sover moontlik om niemand seer te maak of vernederd of verwerp te laat voel nie. Dalk omdat ek self weet hoe dit voel. Lol, ek dink nou aan die kerk-tannies wat spesifiek kerk toe gaan om te sien watter klere die volgende persoon die Sondag aanhet. Dis so onbelangrik, ons liggame is net 'n tydelike verpakking vir ons siel, en aardse goed, rykdom, skatte, is nie goed wat van jou 'n wonderlike mens maak nie. Jou karakter is wat belangrik is, jou morele waardes, hoe jy ander mense behandel, ens.
Ek is baie reguit, maar taktvol. Dis goed om reguit te wees, ek pes mense wat agteraf is, maar voordat mens se wat jy dink moet jy dink aan watter reaksie dit gaan ontlok en hoe dit die mense rondom jou gaan raak.
Daar is 'n taktlose lelike manier, en dan 'n mooi taktvolle ordentlike manier van 'n boodskap oordra. Ek wens meer mense wil dit besef en aanleer.
Vriendskappe... een van die mooiste dinge in die lewe, dit kan so kosbaar wees. Net jammer min mense weet wat dit vereis en is bereid om aan daardie vereistes te voldoen. Lojaliteit is baie belangrik,mens draai nooit jou rug op jou vriende, en bespreek hulle by iemand anders nie. Mens lap
nooit iets wat hulle vertroulik vir jou vertel het uit nie, al is jy hoe die donnel in vir hulle. Jy gebruik nooit hulle "soft spots" as 'n wapen nie. No matter what! Ek het 'n gruwel in dit, mense wat jou leer ken, sien waar jou "sagte emosionele plekke" is en dit dan later as 'n wapen teen jou gebruik.
Dis laag en gemeen...
Soos julle kan agterkom glo ek nie aan "all is fair in love and war nie".
Mens moet respek he vir mense en hulle gevoelens, anders kan jy nie verwag dat hulle respek moet he vir joune nie.
Ek glo aan wat jy uitdeel moet jy kan vat en dat dit terugkom na jou kant toe.
Nou ja maters, ek voel beter noudat ek my hart uitgepraat het.
Lekker dag vir almal verder,
Mwah
xxx