Thursday, July 12, 2007

Ek dink vandag aan almal wat hartseer, eensaam en verwerp voel...
Die lewe, nee, mense is soms so hard en ongenaakbaar. Kraak mekaar af, se seermaak-woorde wat letsels laat... dis so hartseer en onnodig. Waarom kan almal mekaar nie net 'n plekkie in die son gun nie, mense verskil en dis volgens my wonderlik, die lewe sou saai gewees het as almal dieselfde was en dieselfde geredeneer het.
Oor die algemeen is ek mal oor mense, maar ek het 'n sagte plekke vir mense wat nie vir hulleself opstaan nie en is 'n kampvegter vir die "underdogs" van die lewe, en ek pes mense wat ander mense altyd afkraak, 'n negatiewe opinie oor almal het, selfs die mense wat hulle sopas ontmoet het afkraak en net die negatiewe in almal en alles raaksien. Ek is baie ingesteld op mense se gevoelens en probeer sover moontlik om niemand seer te maak of vernederd of verwerp te laat voel nie. Dalk omdat ek self weet hoe dit voel. Lol, ek dink nou aan die kerk-tannies wat spesifiek kerk toe gaan om te sien watter klere die volgende persoon die Sondag aanhet. Dis so onbelangrik, ons liggame is net 'n tydelike verpakking vir ons siel, en aardse goed, rykdom, skatte, is nie goed wat van jou 'n wonderlike mens maak nie. Jou karakter is wat belangrik is, jou morele waardes, hoe jy ander mense behandel, ens.
Ek is baie reguit, maar taktvol. Dis goed om reguit te wees, ek pes mense wat agteraf is, maar voordat mens se wat jy dink moet jy dink aan watter reaksie dit gaan ontlok en hoe dit die mense rondom jou gaan raak.
Daar is 'n taktlose lelike manier, en dan 'n mooi taktvolle ordentlike manier van 'n boodskap oordra. Ek wens meer mense wil dit besef en aanleer.
Vriendskappe... een van die mooiste dinge in die lewe, dit kan so kosbaar wees. Net jammer min mense weet wat dit vereis en is bereid om aan daardie vereistes te voldoen. Lojaliteit is baie belangrik,mens draai nooit jou rug op jou vriende, en bespreek hulle by iemand anders nie. Mens lap
nooit iets wat hulle vertroulik vir jou vertel het uit nie, al is jy hoe die donnel in vir hulle. Jy gebruik nooit hulle "soft spots" as 'n wapen nie. No matter what! Ek het 'n gruwel in dit, mense wat jou leer ken, sien waar jou "sagte emosionele plekke" is en dit dan later as 'n wapen teen jou gebruik.
Dis laag en gemeen...
Soos julle kan agterkom glo ek nie aan "all is fair in love and war nie".
Mens moet respek he vir mense en hulle gevoelens, anders kan jy nie verwag dat hulle respek moet he vir joune nie.
Ek glo aan wat jy uitdeel moet jy kan vat en dat dit terugkom na jou kant toe.
Nou ja maters, ek voel beter noudat ek my hart uitgepraat het.
Lekker dag vir almal verder,
Mwah
xxx

8 comments:

Unknown said...

Hallo Fairy, en welkom in die bloggosphere! Hoop dit sal jou lewe net so baie verryk soos dit vir myne gedoen het sover... ek kyk nou heeltemal anders na baie dinge in die lewe!! Ek sal gereeld kom kuier!

Lovies
René

lana said...

Uiteindelik welkom meisie en ek hoop blogging bring vir jou soveel peace en vreugde soos vir ons ander....Enjoy!!!!


troedelkies
xxxxx
lana

Engeltjie said...

Heya fairy, very nice, baie geluk. Hoop jy't jarre se speel en lag en leer op jou nuwe blog...

Groete
Engeltjie

Lizet said...

Hi Fairy

Hoop jou blog bring vir jou baie vreugde.

Ek stem saam met jou oor vriendskap. 'n mens steek nie mens se vriende in die rug nie. As jy 'n opregte vriend is dan respekteer jy jou vriend/in se privaatheid en bespreek nie als met ander mense nie. Dis laag en gemeen en dan is jy nie die woord vriend/in werd nie.

Lekker dag verder.

Lovies

Lizet :)

Dellie said...

Hi Fairy,

Lekker om jou te leer ken. Jy som baie mooi op hoe ek ook voel oor die lewe. Mens moet jou punt met waardigheid en beleefdheid kan stel. Ek is ook maar 'n vredemaker, en sal maar my mond hou as ek dink die ander persoon gaan seergemaak word deur wat ek te sê het. Dis miskien nie altyd goed om die minste te wees nie, maar dis maar hoe ek is.

Welkom, en ek gaan beslis baie by jou kom kuier!

Lovies
Dellie

Oupa said...

My liewe mens.

Vriende! Wat kan mens nou eintlik sê oor vriendskap? Jy som die idee baie mooi op oor hoe om iets te sê vir en van `n vriend. Jy's reg, daar is `n mooi manier en `n lelike manier.

Ek persoonlik glo `n mens moet kritiek van `n vriend af ontvang, hetsy jy daarvan hou of nie, is nie belangrik nie. Jy sal nooit van al die kritiek hou wat `n vriend gee nie. My maatstaf waarmee ek my vriende meet is juis aan die kritiek wat hulle uitspreek teenoor en van hul vriende! Opbouende kritiek is altyd mooi en goed vir my, al raak ek self soms boos oor kritiek wat gegee word, lmga, Al is ek oud en bles is ek ook maar mens, lmga.

Maar nou ja, wat ek eintlik probeer sê het voor ek "geside track" is met my gedagtes is dat enige mens kritiek moet aanvaar en vat, en ek neem kritiek gewoonlik op van wie die gee. As `n moroon kritiek gee, dan neem ek dit op as `n pot bollie, maar as `n opregte vriend kritiek gee dan neem ek dit ernstig op, al is dit kritiek waarvan ek nie hou nie. Mens kan nie altyd net mooi dinge in die lewe hoor nie.

Maar nou ja, ek glo jy het goeie vriende, so moetie stress oor iets wat jy nie kan verander nie.......hoop jy het `n lieflike tyd op die blog.

Lovies

Oupa

Feetjieland said...

Dankie almal vir die verwelkoming!
Oupa, ek stem met negatiewe kritiek is soms nodig, en ek is bereid om dit te vat van vriende, familie, mense wat ek weet vir my omgee. Mens, wel veral ons vrouens, kan agterkom wanneer iemand kritiek lewer om jou te help, of om jou net eenvoudig seer te maak.
My probleem is met die wat kritiek lewer met die intensie om seer te maak.

Anonymous said...

Hallo my Feetjie-sussie!

Baie geluk met jou blog! Pienk en pragtig..mmm..net soos ek daarvan hou!

Mag hierdie net die regte medisyne wees vir daardie hartstogtelike menswees van jou.

Jy weet hoe voel ek oor vriendskap. Bloed is dikker as water en ek voel by weinig ander veilig. Burnt once too many.. Crash and burn...

Liefde
M.