Friday, July 13, 2007

HY / SY
Al ooit gewonder hoekom mans en vrouens se denkpatroon/wyse
so baie verskil? Ek het gister op 'n artikel in die vrouekeur afgekom wat daaroor gaan, en wil dit graag met julle deel.
Die gemiddelde man gebruik 7000 woorde per dag.
Die gemiddelde vrou gebruik 20 000 woorde per dag.
Verstaan julle nou hoekom manlief so min te se het wanneer hy saans by die huis kom? Ek glo ook dis hoekom ons alles meer in detail beskryf, ons het soveel meer woorde om te se!!
Mans leef in kompartemente, hulle het 'n kompartement vir hulle huwelik, vir hulle kinders, vir werk, vir vriende, vir godsdiens.
Dit verklaar vir my hoekom ons kan "multitask" en hulle nie, lol.
Mans se liefde is konkreet, hulle bewys liefde deur dade, soos om die gras te sny, suksesvol te wees in sy loopbaan, baie geld te maak en seks.
Vrouens bewys liefde deur emosies en woorde.
Wel, hulle het in die eerste plek te min woorde per dag om nog
emosionele praatjies/ troetelwoordjies, te kan he saans.
Tweedens is dit net nie hulle manier van liefde wys nie.
Die meeste mans ontleed 'n verhoudingsprobleem analities.
Vrouens benader dit emosioneel en konsentreer meer op wat waargeneem word as wat gedoen is.
'n Man bekommer hom nie soveel oor goeie uitspraak nie.
Vir 'n vrou is praatstyle en hoorbaarheid baie belangrik.
As 'n man luister is hy geneig im te frons en sy oge op skrefies te trek.
Terwyl ons vrouens sal glimlag en ons kop sal knik om te wys ons luister.
Om komplimente te gee is normaalweg moeiliker vir 'n man as vir 'n vrou.
'n Man se stem is neutraler en sonder intonasies as hy iets vertel.
Hy gebruik selde meer as drie toonhoogtes,
terwyl vrouens gemiddeld vyf toonhoogtes gebruik.
Sy gesig bly strak as iemand met hom 'n gesprek voer,
terwyl vroue gewoonlik deur gesigsuitdrukkings terugvoer gee.
'n Man sit graag agteroor terwyl hy luister,
vrouens buig weer voorentoe terwyl hulle luister.
'n Man is baie minder diplomaties as 'n vrou.
Anders as ons, bespreek hulle ook nie graag hulle gevoelens met vriende en familielede nie.
'n Man vra moeiliker onverskoning!!
Sal mens twee keer laat dink voor jy 'n man glo wat kla hy vra altyd eerste onverskoning, lol.
Mans se gesprekke gaan meer oor waar hy was en wat hy gedoen het.
Vrouens se gesprekke gaan oor emosies en wat sy nog beplan om te doen.
'n Man spog meer openlik oor wat hy al vermag het, (tipies my man),
Vrouens praat eerder bewonderend van iemand anders.
'n Man skroom nie om 'n kennies oor 'n persoonlike of sensitiewe
saak te terg nie!
Baie keer al my moel gestrip daaroor!
'n Man is geneig om op die bestaande probleem te konsentreet,
terwyl ons evas lief is om ou koue uit die sloot te grawe, lol.
Dis nie vir 'n man so belangrik om terugvoering te gee na 'n gesprek nie, stilbly is ook volgens hulle 'n antw! (not!! gee my eerder jou antw in woorde, dude!)
Dis moelik vir 'n man om sy intieme gevoelens uit te druk.
Vir vrouens kom dit natuurlik.
Ek moet dit nog leer aanvaar!
As 'n man iets vertel se hy min, ek voel of ek hou van.
Vir 'n vrou is 'n vertelling direk aan emosies verbind.
'n Man antwoord met 'n blote "ja" of "nee".
Vrouens verduidelik hoekom hulle positief of negatief daaroor voel.
Mans maak meer direkte aantuigings , soos "Jy bel my nooit nie"
Terwyl vrouens sal vra "hoekom bel jy my nooit nie".
Mans is meer voorskriftelik en minder demokraties!
Tipe van "omdat ek so besluit het".
Mans se humor is meer grof en sarkasties en hulle vertel ook meer grappe.
Vrouens se humor gaan meer oor daaglikse katastrofes en haar maat.
Nou toe nou, so dis actually alle mans en nie net my man nie, lol.
Girls... nou kan ons hulle beter verstaan, maar dit beteken nie ons moet dit so aanvaar nie,lol!

5 comments:

antjiesomers said...

Hi Fairy

Het gister toe nooit tyd gekry vir comment nie. Geluk en enjoy jou spasietjie op die net.....

Ek het ook daai artikel gelees - BAIE interressant. Jy moet 'n gr8 naweek he - stuur groete vir jou sus. Weet nie hoe het jy op my blog afgekom nie, maar bly om te sien jy't kom inloer.

Ek wil so graag by julle almal comment, maar die tyd!! Gaan jou en dellie en nog paar ander se links daar by my opsit oor die naweek - as ek kan onthou hoe ek dit eergister reggekry het!! Lekker blond, jy weet (darem undercover - eintlik rooikop, maar ek sweer die blond is reguit breinselle toe!!hahaha!!)

Anonymous said...

Hi Fairy
Sien ons twee seuntjies is dieselfde ouderdom, met dieselfde name.
Myne het net 'n 'C' waar joune 'n 'K' het.
Lekker om jou hier te lees.
Groete
Tigerlily

Anonymous said...

Hi Jillybean!

Jip, mans kan so onmoontlik wees! Moet sĂȘ my ou teddie is geneig om so tussen die twee uiterstes te wees. Doen die armbewegings-ding as hy praat, vra the occasional verskoning en is nie skaam met komplimente nie.

Maar... hy is ook maar man, so as die testosteroon pomp, wil ek hom wurg! hehe (...tot ek weer vanaand agter sy rug inkruip, natuurlik!)

*sug* Wat sal ons tog sonder hulle doen?

Liefde
M.

Anonymous said...

morese fairy!
sorry ding nie ve'more lus vir fensie leestekens en snaakse letters groot en klein nie.
dankie dat jy ding hierntoe gestuur het. mmm daars nogal 2 goete wat ding wil se.

eerste: vrouestemme. ding leef moeilik met hulle - vrouestemme - en nou verstaan ding beter. daars twee wat net te hoog vir ding se ore is. ding hoor hulle, maak my ore seer, voel of dit dwarsdeur my kop gaan en dis nogal iets - Moedertjie se mos ding is kopbeen van oor tot oor. maar daai 2 hoe stemtoonhoogtes sny dwarsdeur, maak ore seer en dan sny ding uit - hoor eenvoudig NIKS.

tweede: vroutjieratwerkgoed. fairy hoekom moet julle so verdomp ingewikkeld wees? huh? hoekom kan ja en nee nie genoeg wees nie? hoekom as manman die hele dag vir vroutjiegoed gewerk het moet hy nog met die intrapslag genoeg energie he om sy ewige liefde en trou in woorde te bely?
nee eerlik 'n dina 24 uur van die dag aan die sy het sy voordele ook dit is ongetwyfeld so maar nee nie vir ding nie. instandhoudingswerk is erger as om ding se oudste MF trekkertjie te service en aan die gang te hou. miskien as vroutjies geissue word met 'n a4 stuk papier met prentjies op die eenkant ne, net die eenkant anders is dit klaar te veel van hoe vroutjieratwerkgoete werk, miskien dan sal ding eendag kon kans sien. en laaste: fairy - hoekom hoekom is ja en nee nie genoeg nie?

grondgroete
flentersding