Monday, September 17, 2007

Vroueslaners

Wat maak dat vrouens by mans bly wat aan hulle slaan?
Iemand baie na aan my se "boyfriend" het haar al paar keer blou oe geslaan.
Dit het so een keer elke 2 mnde gebeur,vir die afgelope elf jr! Haar werkgewer het
"fed-up" geraak en daarop aangedring dat hulle uitmekaar gaan of sy verloor haar werk. Alhoewel sy toe vir 2mnde op vakansie gegaan het, alles opgepak en by my ingetrek het, het sy nogsteeds kontak met hom gehad. Johan het hom ons huis verbied,
en sy aanvaar dit nie. Gaan kuier nou elke naweek by hom (sonder dat haar werkgewer daarvan weet). Sy werk al 22jr vir die betrokke instansie, en het nog net 4 jr oor voor sy aftree, dus het sy haar pensioen waarvoor sy al die jare baie hard gewerk het,om te verloor. Sy verkies hom bo almal in haar lewe, en neem almal wat haar wou help, kwalik, omdat hulle uitmekaar is. Ironie is, behalwe vir die slanery het hy haar nooit gelukkig gemaak nie, sy soek baie liefde en aandag, en het permanent gehuil omdat hy haar verwerp, verkleineer en geen liefde vir haar gee nie. Sy het ook basies permanent vir hom gesorg, sy salaris was maar klein. Hy was nou vir 'n tyd lank werkloos, en sy het vir hom sigarette en kos gekoop. Pak 'n bak vol kos
vir middagete, ek weet sy het nog nooit in haar lewe so baie geeet nie, so ek glo sy gee dit vir hom. Wat maak vrouens verslaaf aan sulke mans? En hoe help mens hulle?

7 comments:

Dame met 'n wil! said...

WELKOM TERUG.

Feetjie dit is vrek moeilik om weg te kom van 'n vroueslaner, ek was vir 12 jaar met een getroud, ek is tot vandag toe vrek bang vir hom. Uit vrees bly mens by so vark - buffel! Die polisie kan hom toesluit soos wat hulle met my eks gemaak het, dit was die enigste manier hoe ons kon vlug!! Interdik doen ook nogal die ding.

Dame met 'n wil! said...

Feetjie ek is mal oor jou idee, dit kan nogal werk hoor, laat die manne dan nou maar suip en sport kyk, ons vrouens kan iewers ontmoet en lekker sit en chat!! Dit sal heel nice wees hoor.

Anonymous said...

Ek het eerlik waar nie 'n idee vir die oplossing van hierdie probleem nie. Miskien met baie liefde vir haar van julle kant af, sal dinge beter word... miskien nie. Either way, sterkte!

Lucy said...

Fairy,
Welkom terug, jong!! Long time no seen!
Oor die ongenooides wat jou blog lees, SUG! Wat kan mens doen?
Ek was gelukkig nog nie in 'n posisie waar 'n man my foeter nie, maar ek belowe jou, ek moer terug! Ek raak wild as ek kwaad raak! (Dis seker hoekom niemand dit nog probeer het nie...!)
Geniet die opvang!

Anonymous said...

Hi baie welkom terug. Ai die ongerief waarmee mens sit as jou rekenaar 'weg' is ens.

Jare gelede toe ek klein en mooi was, en ek durf slaan aan my suster het my ma my die pakslae van my lewe gegee. Haar houding was, slaan jy aan jou suster, dan gaan jy dit doen aan jou vrou eendag. Marilee maak my soms so kwaad dat ek wil stuipe kry, maar nooit het ek eers oorweeg, of nog meer dit by my opgekom om my hande te lig vir haar. Gmfff ek sal dit ook nooit waag, klein botteltjie gif, klein maar bedonnerd.

As daardie man weer aan haar slaan, doen my een groot guns, vra hom om asb Mozambique se kant toe te kom. Ek sal my adres deurgee, dan wys ek hom persoonlik wat dink van vroueslaners. Dit maak nie saak wat sy verkeerd gedoen het nie, maar jy doen nie. 'n Man wat sy vrou/vriendin aanrand is 'n vark en meid!!

Tonne groete en weereens welkom terug

Eben

Dellie said...

Hi Fairy,

Dank die Vader ek was ook nog nooit in so 'n posisie nie, maar soos Boendoe se, ek sal terug bliksem! As jy dit kan uitdeel, moet jy dit kan vat! Seker maklik om so braaf te klink as dit nog nooit met jou gebeur het nie, ne!

Sorry girl, ek het nie raad vir die ene nie, buiten dat sy hom met los...maar dit lyk nie of sy wil nie.

Anonymous said...

Daar is geen salf te smeer nie...