Wednesday, July 18, 2007

Beatches en Clicks

Gedink ek is klaar daarmee toe ek matrikuleer, maar party vrouens word nooit groot nie... Onthou julle die populere skool beatch? Almal was vriende met haar omdat hulle te bang was om in haar slegte boekies te wees. Die "stuck-up" een wat gedink het die son skyn uit haar g*t uit en dit gee haar die reg om almal rondom haar te kritiseer, verneder en verkleineer. Sy het veral gepik op die "minderbevoorregtes" wie se pappies nie drs of prokureurs was nie, so ook op die "lelike eendjies". Van skool af was ek die "kampvegter" vir die sg "minderbevoorregtes" en "lelike eendjies". En kon ek die beatch nie verdra nie!!! Ek het dit my taak gemaak om haar op haar "plek" te sit! Ek self het goeie vriendinne gehad, en het met 'n prefek en eerstespan-rugbyspeler uitgegaan. Ek was populer by die seuns, almal het Pierre beny, en die beatches het my gehaat daaroor. Ek het elke dag aerobics gedoen en my bynaam by die seuns was "die lyf", julle kan dink hoe die beatches daaroor gevoel het! Wel, vandag sien ek dieselfde by sommige vrouens, in die chatroom, op die blog. Dis net vir my pateties, selfs al weet hulle, en se hulle logiese verstand vir hulle , die beatch is verkeerd, sal hulle nogsteeds haar kant vat. Hulle het nogsteeds nie hulle eie persoonlikhede en opinies nie, want o wee, netnou hou die beatch dan nie van hulle nie, "so kom ons wees maar 'n klomp skape, en stem saam met, en doen alles wat sy se"!En dan is die meerderheid nog ouer as ek ook!!! En ek voel te oud vir sulke dinge!!! Het nie meer die krag daarvoor nie!Dan ook weer, konsentreer ek eerder daarop om 'n beter mens te wees en sulke kinderagtige mense te ignoreer, al irriteer hulle die dinges uit my uit! Sy matig haarself die reg aan om almal te kritiseer en konfronteer, en asb, moet tog nie van haar verskil nie, want dan is almal op jou case!! Want sy is die beatch en daarom verdien sy respek??? Volwasse vrouens wat so redeneer???? Dis om van siek te raak!

6 comments:

Anonymous said...

Amen!

Die ou lewe is veeleisend genoeg en ek vir een kan beslis doen sonder kreature. ...seker vasgehaak in hul puberteitsjare.

Love you, Babygirl!
Mona

Anonymous said...

Voor ek groet, net een vraag:

Hoe kan enigeen wat homself 'n volwassene noem, vir ander mense lag? Hetsy dit hul voorkoms, kleredrag, stem of watookal is?

???

antjiesomers said...

Hi Fairy (en Mona)

Ek is nou alweer agter die tyd (letterlik), maar dit gaan deurmekaar....

Ek het 'n goeie idee van die bitch! Ek het my eie verklaring vir haar:

Sy is een baie ongelukkige mens en ontevrede met haarself en die omstandighede waarin sy haar bevind. Ons ander kom darem iewers op 'n punt van begrip (wham!skielik verstaan ons), maar die bitch het nog nie daar gekom nie of verkies om vas te haak daar waar sy veilig voel. Dis eintlik baie sad en mens moet haar bitter jammer kry, want sy sal tien teen een alleen en oud hierdie wereld uit....

Nogtans help jammerkry net mooi niks as daardie persoon jou persoon aanval nie. Daarom is die beste om jou se te se (want stilbly werk nie, mens krop net op) en na jy gese het wat jy moet, stil te bly....laat sy dan aangaan, ignoreer haar. As iemand die waarheid wil weet en hul kan jou as persoon nie nader daarvoor nie, dan is hulle ook nie die moeite werd nie.
Op die end baklei sy net met haarself - jy sit terug en kyk die show....sy kan net so lank aanhou en nie verder nie. O ja, tensy sy natuurlik 'n snotklap soek, dan kan mens altyd so 'n ou ietsie reel, ne?

Haal diep asem.......

XXXX

Chantie said...

Hey Fairy
As ek reg raai, dan het ek ook 'n stel afgetrap met die persoon. Ignore. Ignore. Ignore. Jy en ek weet wie is die beste persoon.
Konsentreer liewer wat jy in jou drome met ou Wentie gaan doen vanaand (hie hie)

Dellie said...

Ai Fairy,

Daar moet seker sulke mense ook wees. Maar soos Butter sĂȘ, ignore! Jy wil in elk geval nie in daai click wees nie!

Lekker bly

Anonymous said...

Ou ding, lewe jou lewe - ten spyte van enige iemand ander!! Nie ten koste nie - doen die goed wat die Here jou in die wieg voor gele het, en vergeet van die shit wat om jou aangaan. Jy het n job, konsentreer op die job - die God-gegewe taak - maak seker jy kry dit reg, dan sal al hierdie goedjies - nietig soos hulle is, verby gaan.

Koeksuster