Wednesday, October 17, 2007

Ek is gatvol

Hallo...my nuwe blog se adres is http://feetjieland.wordpress.com...
Of jy kan blogsearch google, feetjieland insit, en dan click op die feetjieland wordpress adres.

Ek wil kla vandag, en die wat nie wil hoor nie, moet maar ore toedruk. Ek is ondankbaar en bejammer myself vandag. Ek is gatvol vir my roetine lewe, werk toe, huis toe, kos maak, huis skoonmaak, kinders bad, TV kyk, slaap…..ek soek opwinding!!

EK HET ‘N VAKANSIE NODIG!!! Ek wil slaap tot wanneer ek self wakker word, ek wil see toe gaan, gaan uit-eet, in die Malls rondloop en “shop” tot ek “drop”. Ek wil gaan fliek, ek wil braai en kuier saam met die mense vir wie ek lief is, my familie, Sussa….en my vriendin Charlene. Ek wil kamp, ek wil op ‘n staproete gaan….ek wil na ‘n spa toe gaan saam met my sussa, gaan le in modderbaddens, facials, manicure, pedicure, aroma-terapeutiese massages…ek wil ‘n “make-Over” he….

Ek wil Ratanga Junction toe gaan en op alles ry! Ek wil op ‘n boot-rit gaan. Ek wil nie bekommerd wees oor finansies nie,ek wil genoeg geld he om te koop wat ek wil he en te doen wat ek wil doen. Ek wil nie heeltyd werk nie, hetsy by die werk of in my huis, ek wil ontspan. Ek wil ook die “finals” “live” sien, ek wil ook na ‘n Enrique Iglesias show toe kan gaan….ek wil ook lewe!!! Ek wil ook die lewe geniet!!!

Ek wil nie dieet nie, ek wil ‘n vinnige metabolisme he, ek wil alles eet waarvan ek hou, sonder om gewig op te tel. Ek wil mooi wees, model-mooi… Ek wil ‘n mooi stem he, ek wil enige musiek-instrument kan speel.

Ek is gatvol vir my lewe, en gatvol daarvoor om “ek” te wees.

Ek wil liefgehe, bemin en bewonder word….ek wil spesiaal voel, begeer word…intense liefde….passie….begeerte…romanse……

Klink my almal voel min of meer dieselfde...as ek 'n wildplaas gehad het met 'n health-spa vir die girls het ek wragtig almal genooi om by my te kom uitrus..
Ek dink eerlikwaar al ons bloggers moet plan maak om bymekaar uit te kom..

11 comments:

Wimpie van der Sandt said...

ek is ook gatvol kort ook 'n vakansie, vat twee dae af en gaan lees the secret!

Blou Bul said...

EK COMMENT LATER VAOGGEND OP DIE EEN EN DIE FOTO EK SAL EEN STUUR MET MY GESIG UITGEBLUR.

Blou Bul said...

Hi

Ja ek is gatvol vir my werk ,ek werk as `n aankoper ek is mal oor die soort werk, maar die werk is net bloot eenvoudig te veel en die rekenaarstelsels is meer af as aan en dan moet jy later die goed capture, ek is GATVOL vir Gauteng en die Oos Rand ek wil erens in die Overberg of op Paternoster
gaan gaan bly maar Paterenoster is moer duur.

Ek is gatvol vir gesigkopers en gatkruipers en mense wat mekaar se gatte toesteek.

Ek is mal oor my lewe ek is eintlik baie gelukkig in alle opsigte, ja ek soek meer opwinding, sommer baie, baie meer.Gelukkig gaan ons vir drie weke in Desember in Struisbaai vakansie hou , kan nie wag nie.

Ek stem saam met jou ek is lus vir kamp, gastehuise en selfcatering is kwaai, maar kamp is lewe en staproetes.Ek worrie nie oor spas nie, solank ek Tiervis op Jozini kan gaan vang of met `n bottel Dutoitskloof Rooi Muskadel op `n strand gaan sit en die mooi lywe bewonder of by Tietiesbaai op die rotse gaan sit met die bottel Muskadel en net die see waardeer.

Ja ek sal wat wil gee om kitaar of bekfluitjie te speel klavier sal ook nie bad wees nie.

Maar met myself is ek dood tevrede wil nie die een of die een wees nie, lyf is nog reg, gesondheid is sharp.Ja as ek flirt flirt die girls terug, so wat soek `n man meer?Baie geld natuurlik.Ek koop en verkoop Oregon hout as `n sideline besigheid en maak redelik geld so ek maak of laat maak ook meubels van oregon hout op aanvraag en my groot liefde is om ou oregondeure op te koop en dit dan te restoureer.

Die enigste probleem nou in my lewe is dat my vrou nou net terug in aksie moet wees na die histerektomie, ek suffffffeeeerrr!!

Ja goeie fee maak `n plan vir `n blogger paartie.

Anonymous said...

Ja sal alles nie lekker wees nie! My laaste keer dat ek hier sal skryf, sal gaan kyk op jou anner blog! As jy so groot rooi gevaarte sien rondry in Desember in die noord kaap, waai maar. Gaan vir 2 weke net toer en niks doen nie, lekker wyn drink en daai karoo skapies nuttig.....

DoringRosie said...

interesant, wonder hoe baie mense het daai selfde gedagte vandag en in die week en in die maand en in die jaar.

Anonymous said...

j,
Ek is gatvol vir my vrou,soek n bietjie afleiding,is ook moeg vir dieselfde kos e gesanik elke dag...
Ek soek ook n bietjie opwinding ...
Sommer net chill op Bloubergstrand

Anonymous said...

Ek wens weer ek kon verstaan hoekom ek party dae tevrede is en ander dae moedeloos, knorrig en ontevrede. Dit is nie PMS nie en ek was ook al op n pilletjie...

Nou kan ek met jul geskryf assosieer...want vandag was een van daai dae wat ek 'EK IS GATVOL' ge-Google het, dit moet klaar baie sĂȘ!

Die norm van die wereld daar buite, die verwagtinge van die rondom jou en die aanhoudendende teenstrydige opninies vanaf mense met wie jy eintlik so graag alles mee wil deel. Tot jou spyt toe ja en maar net besef dit sal nooit verander nie! Dit dreineer jou, eintlik al verby hartseer maar het nog steeds n uitwerking op jou en voel jy wil net vlug! Die gewone vervelige algemene maatstaf, hoe hardkoppig is dit nie tog.

Ag ja...ek is eintlik maar net gatvol.

Anonymous said...

Ek kan nie glo hier is mense wat nou nog comment op my posts nie, ek het jare laas geblog :)

Anonymous said...

Ek is gatvol is hoe ek nou voel... goed gekwalifiseerd en sukkel om 'n donerse job te kry omdat ek oor-gekwalifiseer is en Afrikaans praat! Ek wil ook by jou "spa-droom" sit en tjank. Ek wens ek kon die lotto wen en die helfde van daai geld wil ek betaal om my vorige werkgewers te laat vrekskiet en met die res wil ek verdwyn na 'n mooi eiland vol palm bome! Dankie. nou voel ek beter! Johan

Anonymous said...

gatvol is defnitief hoe ek al n lang tyd voel. party keer voel ek of ek mal is. ek is altyd in die kak oor iets. ek en my vrou is myle ver van mekaar af as dit kom by dinge deel. sy se alles is ok maar ek weet mos ek moet elke naweek kos maak, kinders na kyk en besig hou, kak en kerm oor dit wat rond le en dat wat nie gedoen word nie terwyl sy slaap of besig is met die honde. ek verkoop huise en die stres om uit te vind 8 transaksies het plat geval in 2 weke is ook net genoeg. ek weet nie meer wat reg en verkeerd is nie want ek word mos geskop en gese ek is is nie bang vir jou nie as ek die hond uit die pad skop, skop jou kinders soos jy die hond skop. ek moet met die kinders hulle huis werk doen en help voor bery vir eksamens. ek is die ma, pa, myt, dokter, koop groceries ens,ens en al wat ek kry is die koue skouer of ek weet ook nie meer nie. miskien is ek net nie goed genoeg nie. ek moet altyd bekommer oor of ander mense ok is maar my man wees of pa wees beteken vokol. ek wil ook bietjie gelukkig wees. hoe se ek vok alles as my hart seer is omdat my vrou my nie kan aanvaar soos ek is nie, of dinge met my kan deel nie. ek kan tog nie net op gee nie. of hoe?

Anonymous said...

Eks ook gatvol vandag! Maar na ek julle comments gelees het, voel ek biekie beter! lol!