Tuesday, July 24, 2007

Drome/Ideale

Wat wou jy word toe jy klein was? Ek wou van St 4 af 'n Sielkundige word.
Ons het gisteraand daaroor gepraat en ek het besef hoeveel dinge ek nog graag sou wou doen. Die lewe is kort, en ons het net een (as daar nie iets soos reinkarnasie is nie), en meeste van ons laat dit by ons verbygaan sonder om alles te doen wat ons graag wou. Ek weet dis nie altyd finansieel moontlik nie, maar soms is daar klein dingetjies, wat nie geld kos nie, wat ons wou doen en nooit by uitgekom het nie. Ek voel dit sal tog 'n verskil maak aan hoe jy oor jouself en die lewe voel, as jy wel daardie dingetjies kan inpas.

A life half lived, is a life fully wasted!!!

My lysie:

1) Sielkunde swot

2)'n Novelle skryf

3)'n Digbundel saamstel en laat publiseer

4)By 'n rivier, of enige plek in die natuur, sit en probeer skilder

5)Leer kitaar en keybord speel

6)Bungee!!!

7)River-rafting (ek dink mens spel dit so, lol)

8)'n Wit kersfees in Switserland, in 'n hut, lekker kaggelvuur,rooiwyn,niks klere en die liefde van my lewe.

9)In 'n car-home, wat pers gespray is, met klomp blommetjies op, kuslangs toer.

10)Tsitsikamma staproete (feetjies gaan soek),lol

11)'n Beauty-spa oopmaak, Spa se naam sal wees Calista, my dogtertjie se naam, wat "most beautifull" beteken. En al die vrouens in my familie, en vriendinne "treat" vir 'n naweek daar. Hopelik is dit op my wildsplaas, waar ek 'n lodge wil oopmaak ook!

12)Laaste, maar nie die minste nie, my droom-troue!

Ek en my man het "elope" en in 'n pastorie in Lydenburg getrou.

Die tema sal middel-eeue wees, iets soos Camelot. En dan natuurlik, die honeymoon wat ek ook nooit gehad het nie! Op 'n eksotiese eiland...

Deel nou bietjie julle drome en ideale met my.....

10 comments:

Dellie said...

My drome...mmm

'n "white Christmas" erens in die berge in Europa, met 'n kaggel en 'n flokati mat, en jou hart se punt,

'n wildsplasie waarheen ek kan vlug as die gewoel van die stad te veel word,

om oud genoeg te word dat ek my kleinkinders kan sien grootword,

en dan is daar EEN ding wat ek MOET doen voor ek doodgaan - valskermspring!

Chantie said...

Oee, ja, 'n lekker vakansie in Italië. Wil op die vloer gaan lê in die Sixtene Chapel en na Michael Angelo se painting op die dak kyk.
Ek wou ook graag mode-ontwerper geword het, maar toe kies ek grafiese ontwerper. Kan seker nogsteeds vir dit gaan swot, maar het nie nou tyd of finansies vir dit nie.
Dan, 'n huis wat ek self ontwerp het op 'n stukkie grond met asemrowende uitsig...SUG...

Anonymous said...

Ek wou polisie vrou word toe ek klein was - gelukkig toe nie geword nie.

Drome nou:
1. Wil met alle mag en mening Griekeland toe gaan - feta en olywe eet tot ek siek word
2. Skuldvry leef

Anonymous said...

Drome... verpleegster word(op ouderdom 6), fisioterapeut (op ouderdom 12), advokaat (op ouderdom 14+) ...obviously nie een gedoen nie - ook maar goed so. 1ste Beroep te grillerig, 2de beroep te grillerig(yuk vir sweet en ander liggaamsreuke!), 3de beroep nie in die RSA van vandag nie!

Sussa, nou wat van ons Coffee Shop "Gossip"?? *sug* iewers by die see..

Miskien moet ek my toespits op my kinders se drome. Hulle is groter go-getters as ek. Ek hou van my veilige bestaan sonder onnodige adrenalien. Unlike you girls! Bungee, river-rafting, valskerm! pfft! Ek sal al jul goedjies oppas en van die kant af cheer, OK? lol

Soet wees!
Mona

Anonymous said...

Jillybean, wanneer gaan soek ons daardie feetjies??

Chantie said...

Inspirasie vir die dag, week, maand, jaar...
Liewe Vriendinne:
Uit die bed gespring vandag & besluit,
OUD WORD SE GAT !!!!!
Van nou af luister ek net rave musiek
Kleur my hare rooi
Dra stywe HELDER klere
Drink ELKE aand `n bottle rooi wyn
Kyk na die dimpels op my boude & sê :
" JULLE is FLIPPEN GORGEOUS ! "

Anonymous said...

Ek het een droom en ideaal as tiener gehad: ek wou soooo graag Prins Charles se vroutjie word! Nou's ek nie meer 'n virgin nie en my childbearing years long past, ek dink ek kan dit nou op my maag skryf, ne?!

antjiesomers said...

Fairy, voor ek verder gaan - die boeke le hier, moet net postnet toe!!!Sal darem binne die volgende week wees...

Ek wil sing en perform. Caberet, one-woman shows, wou sooo graag gaan drama swot, toe steek my pa 'n stokkie daarvoor en ek het bemarking gedoen. Nog steeds 'n ideaal, want 'n droom is dit nie vir my nie - ek gaan dit nog doen. Het darem al voorsmakies daarvan gehad...smaak dit oor 'n 100!

En dan, believe it or not - ek wil in politiek in d*nner met als wat ek het. Spesifiek om vrouens se lewe makliker te maak. Daarvoor sal ek eers meer regskennis moet opdoen, maar dit sal wel gebeur. Ek is mos nog 'n jonge 37,5! Hoekom nie? Watch this space - ek gaan dit nog doen. ALLES. As die tyd my deur die Genade gegun word :D

Anonymous said...

Ek glo as jy iets wil doen-doen dit.... daar is nie 'n beter tyd as nou nie!! Ek het al die goed gedoen, skydive, scuba, comrades, backpack deur die wereld, travel in Afrika, my eie besigheid, stunning vrou.....

Nou op 33... wat soek ek nog...

1. My huwelik net nog meer stunning maak...

2. Die wereld van honger red...

3. Duisend REGTE vriende maak...

4. Weer begin klavier speel..

5. Een word met my Droomgewer...

6. Seker maak my liggaam is in top shape...

Klink na min maar dit is baie!! Onthou, 'n droom is sover weg soos jy dit maak!

Chantelle Croucamp said...

Hellooo... Al wat ek vir julle wil se is dat julle n klomp nice mense is en baie inspireerende comments los vir my om op te raap en in te vat! Ek is immers nog jonk soo ek mag dalk jul advies vat!

Baie liefde.. Chantelle (jou nigga) :)