Thursday, August 2, 2007

Diamant...


Die inskrywing hieronder het my laat dink aan my man...
Ek kla baie omdat hy my nie liefhet op die manier wat ek wil he, hy my moet liefhe nie. En omdat hy nie vir my liefde gee op die manier wat ek liefde wil ontvang nie...
Omdat hy nie emosioneel, romanties en passievol is nie... Ek begeer baie keer iemand anders...iemand wat my emosioneel, geestelik en seksueel sal aanvul, wat my sal verstaan, sal vertroos wanneer ek hartseer is, iemand wat my spesiaal sal laat voel... Ek het 'n baie spesiale vriend... Valen...Al die dinge wat my man nie vir my kan doen nie, het hy gedoen.
Hy het my verstaan, hy het my altyd vertroos en "opgecheer", presies geweet wat om te se om my beter te laat voel. Ek is geneig om te oorreageer en hy het my altyd 'n ander perspektief laat sien, sodat wat vir my 'n berg was, skielik na 'n molshoop begin lyk het.Hy het my spesiaal laat voel. Ek kon met hom oor alles praat, ons kon vir ure praat, oor geloof,
die bonatuurlike,verhoudings, liefde, sommer alles. Ons het dieselfde belangstellings gedeel, waar my man weer glad nie geinteresseerd is in enige van die bg nie. Elke oomblik saam met hom was romanties en spesiaal...en die kere wat ons gesoen het, was dit...wow....so passievol en intens! Maar daar was nooit meer tussen ons as vriendskap nie...sy werk het veroorsaak dat hy nooit lank in een dorp gebly het nie..Wel Kimberley was eintlik sy kuierplek. Ek het heelwat verhoudings gehad met ander mans, terwyl ek en Valen vriende was, hulle was altyd jaloers op hom, want die waarheid was dat ek hom die heeltyd liefgehad het. Op 'n stadium in my lewe het ek gebid en God gevra om vir my die regte man, my lewensmaat te stuur, ek was moeg vir seerkry, wou met die regte een trou en settle. Dit was so 2 mnde nadat ek my verlowing verbreek het met 'n man wat gediagnoseer is as 'n psigopaat en kompulsiewe leuenaar...hy was natuurlik mnr perfek aan die begin...ek was op daardie stadium ook swanger. Wat ook 'n wonderwerk was, want die Ginekoloog het gese my buise is te klein om 'n eierselletjie af te skei, en my baarmoeder is "omgekeer", so ek sal nie kan swanger raak sonder 'n operasie nie. Ek was deur 'n moeilike tyd en het met my hele hart gesmag na die regte persoon wat die babatjie sal grootmaak as sy eie, en wat my regtig sal liefhe. En natuurlik hard gebid daarvoor. Ek was die oggend kerk toe, die pastoor het gese God wil vir my 'n wonderwerk doen, en het vir my gebid..ek self het gebid dat die wonderwerk, my lewensmaat sal wees, wat Calista sal aanvaar as sy eie. Johan het my die aand kom opsoek, vriende van hom het vir hom gese, hulle het my die oggend in die kerk gesien. En wel ja, van daar af is ons saam, hy het haar aanvaar as sy eie, behandel haar met dieselfde liefde, as ons seuntjie Marko, en het haar van die begin af op sy van geregistreer.
Hy was toe maar 21, en ek 24, het daardie jr 25 geraak. Ek en Johan het mekaar vir die eerste keer by die kerk ontmoet, toe was hy 16 en ek 20. Hy was verlief op my en het geglo ek is sy vrou, ek het natuurlik gelag vir die verspotte seun, hy is nog op skool en ek uit die skool uit...min het ek geweet...My punt is...al wys hy nie liefde op die manier wat ek wil he hy moet wys nie, al vul hy my nie aan soos wat ek aangevul wil word nie, al is
ons verhouding nie so intiem soos ek graag wil he dit moet wees nie...is ek lief vir hom, en seker God het hom aan my gegee vir 'n rede. Hy weet was die beste is vir my..dalk is die geskenk nie verpak soos wat ek dit verpak wil he nie,maar miskien, net miskien....is die diamantring tog daarbinne iewers....

11 comments:

Chantie said...

Ek glo alles gebeur met 'n doel. Jy en jou dogterjie kon nou nog dalk alleen gewees het en suffer-suffer deur die lewe gegaan het, maar die Here het 'n groter, mooier prentjie vir julle ingedagte gehad. Al vervul jou man dalk nie jou seksuele behoeftes nie, vervul hy tog iets. Wat presies daai "iets" is, sal net jy weet. En ek is seker as jy nie seksueel gestimuleer word deur jou man nie, kan jy seker maar jouself stimuleer...Dis beter as om egbreuk te pleeg. So pluk uit daai vibrator, suster, en SPEEL...

Dellie said...

Fairy, jy is so 'n gevoels-mens dat ek skoon seerkry vir jou part! Jy wil so graag ander help, maar intussen sit daar hierdie hol kol iewers binne jou. Ek dink jy verdien om liefgehê te word soos jy begeer. Miskien moet jou man bietjie jou blog kom lees, hy verstaan jou dan dalk beter?

Anonymous said...

Is inteme verkeer alles in 'n huwelik? As 'n man goed in die bed is, maak dit van hom 'n beter man?

Wat van daardie een wat nie so passievol is nie, maar hy is elke aand by die huis. Hy loop nie rond? As jy hom nodig het is hy daar vir jou en kinders? Hy help jou met alles in die huis, skottelgoed, kinders se doeke, skoonmaak .... Is dit nie ook 'n goeie man nie.

Jammer ek vra maar net ....

Feetjieland said...

Nee, intiem verkeer is nie alles nie. Dis vir my wel belangrik,want ek is 'n baie seksuele mens,maar dis nie alles nie. Ja,'n man wat is soos die een wat jy hierbo beskryf het is ook 'n goeie man, ek is op my eie wat die kinders se versorging en die huis betref, my man het in sy lewe nog nooit 'n doek omgeruil nie. Maar dis nie vir my 'n probleem nie, wat wel vir my 'n probleem is, is dat hy my nie spesiaal laat voel nie, sy verskoning, hy is maar net die tipe mens wat jou sal wys daarop as iets verkeerd is en nie erkenning sal gee as jy iets reg doen nie.Emosioneel is hy ook nie daar vir my nie, hy haat dit as ek huil, sal nie die moeite doen om my te troos nie, maar dit afskryf aan ek het PMS of ek oorreageer weer. Hy haat dit om oor gevoelens te praat, dit irriteer hom grensloos as ek net begin met ek voel...of hoe voel jy...geestelik, hy stel nie belang om daaroor te praat nie, en se hy voel ongemaklik om voor my te bid.Hy is nie romanties nie,dit sluit natuurlik aan by my laat spesiaal voel. Weet jy...as dogtertjie, het ek gedroom van 'n wonderlike huwelik, ek het daardie droom opgegee en is bereid om te settle vir, net so nou en dan 'n blommetjie uit die tuin, 'n mooi sms, 'n onverwagse "ek is mal oor jou" of jy is pragtig. Spontane liefde.Of selfs net 'n spesiale kyk in sy oe! Enigiets wat vir my sal wys hy is lief vir my!!
Dis moeilik om spesiaal,liefgehe en verseker te voel, as jy net heeltyd negatiewe dinge oor jouself uit jou huweliksmaat se mond uit hoor kom.En dan...tyd! Ek verstaan ons werk aan 'n besigheid, dit vat ongelukkig tyd, maar dan wil ek my man ten minste elke tweede naweek vir myself he, en nie elke naweek met vriende deel nie. Ek vra baie minder as wat ek gee, en weet jy, my man hoef nie eers die kinders te versorg of huis skoon te maak nie! Ek vra net liefde!

antjiesomers said...

Ek sal hier 'n antwoord los...bietjie later want ek wil dit ordentlik doen...

Anonymous said...

Het julle al 300 gekyk?

Feetjieland said...

Nee. Waaroor gaan dit?
Is jy dieselfde anonymous wat die comment gelos het oor is intimiteit alles?
Wil jy nie maar jou naam onderaan sit nie, dan weet ek ok met wie ek praat?

Anonymous said...

Ai, jy is darem baie eerlik en opreg. Daar is ook ander maniere om jou sexuele gevoelens te stimuleer. Dis geen skande om ook so 'n speeldingetjie te hê nie. Ek het 'n baie goeie man, 'n hart van goud, maar ons het ook baie probleme gehad, veral met my seun. Maar my seun is nou al 'n jaar uit die huis uit, en ons liefde het weer begin groei. Ek dink soms dingetjies uit wat romanties vir ons is, 'n spelletjie of so iets, dit hoef nie eers geld te kos nie. Dan los ek vir hom briefies op plekke wat ek weet hy gaan kyk ... dit wakker dit bietjie aan. Dis nie altyd maklik nie, maar ek doen dit. In die briefies lok ek hom uit, ek kan sien hy hou daarvan alhoewel hy niks sê nie ... maar dit werk!!! Koop vir jou 'n paar sexy pyjamas en lok hom uit!!!

Baie sterkte!! (En geniet dit!!))

Anonymous said...

Sjoe, maar julle raak graphic!

Sussa, so wanneer gaan ons op daai speelgoed-shopping spree? lol

Vyf jaar van nou af loop jy dalk permanent met 'n glimlag op jou gesig... gee net kans. Sometimes people really change for the better.

Julle is nou net op daardie "gewoond aan mekaar en die nuutjie is nie meer so nuut nie-stadium".

Hang five, Baby!
Love
Me

Anonymous said...

Feetjieland, ek het vanaand tyd gevat en jou blog behoorlik gelees. En gehuil soos lanklaas. So baie van jou is ek en sontyds, net somtyds, wens ek my keuses was anders.

Ek dink aan jou. Maar weet ook, jy het goed gekies, al voel dit nie elke dag reg nie.

Anonymous said...

As god julle bymekaar gebring het sal alles uitwerk soos dit moet want Hy doen nie halwe werk nie.

Vat maar Karoles se raad en doen jy eerste die aanvoor werk, probeer tot jy die gewenste uitwerking kry, dalk ontdooi hy eendag sommer so onverwags.
Strerkte.