Tuesday, July 31, 2007

Passievolle Erotiese Seks in die Huwelik



My gunsteling onderwerp....erotiese passievolle seks. Hoekom is dit, in meeste gevalle, dat sodra mens trou, die passie outomaties verflou?
Dis asof sommige mense dink opwindende passievolle seks hoort nie in 'n huwelik nie. Of is dit omdat mens gewoond raak aan mekaar? Of net eenvoudig te besig is om dit in jou skedule in te pas? Ek weet dit is die rede vir meeste affairs en egskeidings. Dan ook, baie ironies, is dit gewoonlik teenoorgestelde mense wat bymekaar uitkom. Dis selde dat beide man en vrou seksueel en passievol is. Of dieselfde siening oor seks het. Dis veronderstel om die intiemste spesiaalste oomblikke in mens se lewe te wees. Doen ons genoeg moeite om dit so te maak? Of is almal maar net te bly vir "quickies" sodat jy kan aangaan met wat jy eintlik wou doen? Eintlik
is dit soveel lekkerder as mens al jou sintuie kan gebruik tydens voorspel.
Trek sexy lingerie aan, spuit jou man se gunsteling parfuum op al die belangrike plekkies... dit dek die visuele en reuk-sintuie...
Voer mekaar lekkernye, of nog beter, eet dit van mekaar se lyf af...wel, dis die smaak...
Sexy musiek, waarop jy vir hom kan dans terwyl jy ontslae raak van jou lingerie...
Bederf hom volgende met aromaterapeutiese olies en 'n full body massage..
Daar is min dinge so sensueel en eroties soos aanraking...
Bg is vir die vrouens wat gewoonlik quickies verkies, dis om op te maak!
As jy nie een van hulle is nie en jou man die skuldige is, maak soos ek, en laat hom die volgende lees...
As jy nie gaan begin moeite doen nie, gaan ek 'n affair aanknoop asshole,
Mwahahahaha, nee ek joke net,lol.
Here goes... boek vir vrou-lief 'n manicure,pedicure,facial,wax, gee vir haar jou kredietkaart sodat sy sexy lingerie kan gaan koop en maak 'n afspraak by die haarsalon vir haar hare. Boek 'n hotelkamer, gooi roosblare op die mat, steek kerse aan, en sit romantiese musiek aan. Dek 'n tafel met mossels, oesters, champagne - gaan lees op oor aphrodiziacs vir die res van die spyskaart (as jy die gevolge kan hanteer). Vertel haar hoe baie sy vir jou beteken en hoe spesiaal en ongelooflik mooi sy vir jou is. Tap vir haar daarna bad met bubblebath, kerse.... bad haar en voer haar die aarbeie gedoop in choclate met room...laat haar die lingerie aantrek...dans met haar op julle spesiale liedjie...terwyl julle dans....streel oor haar...en soen haar sagkuns...dan,Mmmm dan, kan jy meer passievol en eroties raak....
En ek bedoel nie dadelik opklim nie, voorspel is BAIE belangrik vir vrouens
dudes!!! Onthou dit!!En dis hoe jy gaan opmaak vir al die kere wat jy haar seksueel afgeskeep het!! En sorg daarna dat jy ten minste elke 2de week ekstra moeite doen, nie soos bo nie, dit hoef nie geld te kos nie, jy kan rose gaan pluk, ek is seker jy het romantiese musiek waarop julle kan dans, almal het kerse in hulle huise... VOORSPEL is by elke keer 'n moet!!!
Weet nie hoe voel julle daaroor nie, maar dis vir my een van die belangrikste dinge in 'n huwelik, en dit word gewoonlik die meeste afgeskeep...seks. O ja, en dan ook die lekkerste!



22 comments:

Anonymous said...

Ek gaan verkies om naamloos te wees: my man skeep my so af, die jaar trek al amper in sy agtste maand, en hy het nog net twee keer aan my geraak, sommer ook so vinnig, voor dit kan lekker wees is dit verby!! Ek oorweeg dit baie sterk om 'n verhouding aan te knoop met 'n man - enige man wat sou belang stel, want my man stel nie in my as vrou belang nie. Ek is mos net goed genoeg om te sorg dat sy wasgoed gewas word, gestryk kom sy ma se huis skoon is, (ons huur by sky ouers) wel EK HET BESLUIT F()K DIT, AS HY MET MY NIKS TE DOEN WIL Hè NIE, SAL EK OOK SO OPTREE, EK DOEN NIKS MEER NIE, EK HET WEKE LAAS 'N STOFLAP IN MY HANDE GEHAD. HY SKEEP MY AF, EN EK SKEEP NOU SY MA SE HUIS AF, Glo my mens ek het al alles probeer, van die duurste fynste kleinste mooiste vroulike onderklere, tot kaalgat sit voor hom, niks nie!! Sy eerste en sy tweede vrou (ekse) het my destyds teen hom gewaarsku, hy betaal eerder vir vuil seks as om dit met jou wat sy vrou is te deel!!! Mense ek is ook maar net mens, vrou, het ook behoeftes: ek oorweeg dit regtig om 'n verhouding aan te knoop, want ek loose big time uit!!

Anonymous said...

Jou blog is great!!

Feetjieland said...

Girl, ek kan nie anonymous bly nie, so ek gaan nie uitbrei nie, lol. Wat ek wel wil voorstel, se vir hom reguit as hy nie 'n plan maak nie, gaan jy iemand anders kry! En as dit nie help nie, kry iemand anders, laat die man jou sommer by die huis kom oplaai!Stuur vir jouself blomme, vra 'n vriend/kollega om 'n briefie te skryf van 'n bewonderaar af en dit na jou huis toe te pos. As hy nog nie reageer nie, stuur hom!! En as jy bewyse het dat hy dit by iemand anders kry, stuur hom sommer nou! Hy is jou dan nie werd nie!

Feetjieland said...

Ag maande!!?? Daar is nie 'n manier nie, ek het hom lankal verneuk as ek jy was! Vier dae, en ek is so mislik soos tien!

Chantie said...

Gelukkig het ek nie 'n probleem in daai departement nie. Behalwe op die oomblik van my kant af. My man vind my nogsteeds sexy pregnant lyf en al. Ek VOEL glad nie sexy nie. En waar ek gewoonlik hieper jags is, is ek bietjie lou. Dit raak nou ongemaklik. Probeer maar different moves en al, maar dis nie baie eroties of sensueel nie. Seker omdat my kop nie reg is nie. Ek dink aan myself as 'n seekoei in plaas van 'n warm vrou. Hopelik gaan dit beter as baby eers uit is en ek weer my ou self is.

Dellie said...

Fairy-ding, jy laat my vandag baie skuldig voel. Ek het lanklaas vir Liefie bietjie getreat. Ons is albei so besig, en moeg in die aand, dat dit maar die afgelope tyd net quikies is. Darem gereeld, sal beslis nie agt maande kan uithou nie! Hierdie naweek gaan Seun bietjie weg, so die huis is ons s'n! Ek gaan nou begin planne maak, want ek stem saam met jou, daar is niks so lekker nie...

Feetjieland said...

Butterfae - ek was op my stukke toe ek swanger was, lol, my arme man het nog nooit ruskans gehad met my nie!

Dellie - maak plan girl, dis belangrik!

Anonymous said...

Julle klomp gelukkig dames, ja ek hou al vir lank uit, maar ek oorweeg dit om vir my 'n skelmpie te kry. Geniet dit julle, dalk sal ek later 'n comment kan los van hoe lekker dit was saam 'n skelmpie. Sedert Jan - tot op datum twee keer. Ek is nou moeg vir inhou!!

Geniet jou mans, en mans geniet julle vrouens.

antjiesomers said...

Agge nee!!! Ek het vir Anonymous hier 'n comment van amper 'n A4 blad getik en nou's dit weg!! Nee,nee,nee!!

Vinnig se - dit lyk my dit gaan nie om seks nie, maar om jou selfbeeld af te takel. Ek is nou vir 4weke alleen en ek het elke aand of 2 foonseks met my liefie (die verskeidenheid van vibrators help natuurlik). Skuus julle ander, ek wil net he die vrou moet sien wat sy besig is om aan haarself te doen. Want ja, jy is die een met die keuses. En liefde? Ekskuus my, wat se liefde sal dit wees? Al wat ek kan dink is dat hy een helse houvas op jou het wat jy vinnig sal moet breek en uitkom op jou eie. Ag nee, eks nou sommer lus vir baklei. Jy is mos 'n slim vrou, waar is jou trots? Jou selfrespek? Aikona, nee, no way...waar bly jy dan pos ek vir jou 'n speelding. Maar dis nie die oplossing nie, hoor? G'n niks kom naby so 'n lekker, harde, stywe .... en daai mond, o hemel tog, daai tong. Nee, dit begin soos 'n Mills en Boon klink! Ag, nee, FAIRY, kyk wat het jy nou gemaak - eks nou in my dinges in....

Chantie said...

Het jou man nie dalk 'n skelmpie nie, anonymous? Hoe oud is hy? Dalk sukkel hy om dit op te kry? Dit klink nie vir my lekker nie. Ek kry jou jammer, vrou, egbreuk is egter nie die oplossing nie.

Anonymous said...

Hy is 49, jare terug het hy dieselfde met sy eerste vrou gedoen, sy het natuurlik nie uitgehou nie, en vir haar 'n skelmpie gekry, sy tweede vrou (ja hy het 'n kind by haar) en soos sy dit stel: die eerste en enigste skoot wat daar tussen hulle geklap het toe sit die ogies. Hy het destyds verkies om met hom self te speel, en ja seker maar om te betaal vir vuil seks, soos hy nou met my maak, hy het al tot even foto's van hom en haar en hulle op sy foon gehad, voor en na hulle dit gedoen het. Ek het geen selfbeeld meer oor nie, ek glo ek is hierdie lelike vet ding!! Ons is 6 jaar getroud waarvan die laaste 4 jaar so seksloos is, so 4 keer 'n jaar is genoeg vir hom, ons het darem nou al twee keer vir die jaar dit gedoen. JA ek glo hy het 'n skelmpie ook. Ek het 'n speelding, maar dit is niks lekker nie, nie die ware Jakob regop nie!! Hy los "bewyse" in sy onderbroek dat hy met homself gespeel het. Die man het my al so gebreek!! Ek voel nie meer vrou nie.

Chantie said...

EK Sê LOS DIE VOKKER!!!Jammer vir my taal, maar wragtag, mens kan nie so lewe nie! Hy klink soos 'n siek mens. Ek sal definitief nie saam hom wil slaap as ek geweet het hy doen sy ding by ander vrouens nie. Sies, dink aan geslagsiektes en vigs wat jy kan optel. Dank die Vader dat jy glad nie seks dan by hom kry nie.

Anonymous said...

Dit gaan my brein tebowe hoe mans nie hulle vrouens kan waardeer in die huwelik nie. Ek dink mense weet nie meer in vandag se dae wat die huwelik regtig is nie. 'n Mens word een in die huwelik en dit is so belangrik dat mens in alle aspekte moet werk om gelukkig te bly. My vrou hou ook nie baie van seks nie, weet nie hoekom nie want voor ons getrou het was ons albei soos hase in die bed. Naweke as sy by my kom kuier het, het ons dit gedoen soveel keer as wat ek dit kon styf kry. Ons rekord op een saterdag was 9 keer! en dan praat ek van die hele ding, foreplay, kinky talks en alles! Nou is ek gelukkig as ek dit 2 keer per maand kry, en ek het al baie aan 'n skelpie gedink, maar kom altyd terug na wat die huwelik eintlik is. So kan net nie myself kry om dit te doen nie! Is vrek lief vir haar en doen letterlik alles wat sy wil he...

Vir anonymous, dit wat hy aan jou doen is nie reg nie, geen mens man of vrou verdien so iets nie. As ek jy was sal ek lank en hard met hom gepraat het, nie baklei nie, praat en dit uitsorteer. As hy juo verneuk, het hy klaar die band gebreek wat tussen julle bestaan. As jy dit kan bekostig om op juo eie te wees, dan is dit die uitweg. Om nou jou eie skelmpie te kry sal niks beter maak nie. Die skelmpie sal net een fase van jou lewe vul. Maar daar is so baie meer wat aandag moet kry. Ek glo dat gees, siel en liggaam moet gebalanseerd wees. As een afgeskeep word, dan is alles net 'n bolsop.

Ek wil soveel meer se, en ja was tot al op 'n naweek kursus gewees om die balans reg te kry vir ons altwee. Maar ek sit in dieselfde bootjie as meeste van julle wat seks aanbetref.... sal meer wil he maar dit vat werk elke dag van my lewe..... sterkte! Wems ek kon elke een van julle wat seer het net 'n stywe drukkie gee..... Die vrou is 'n geskenk wat God vir die man gegee het, as hy sy geskenk afskeep, dan moet hy ligloop!!

Feetjieland said...

Wow...jy's enig in jou soort! Ek deps jou as my huweliksmaat in my volgende lewe, lol!En ek sal tevrede wees met 3 keer 'n dag!Oor die balans, baie waar, maar baie moeilik. Hoeveel huweliksmaats vul mekaar werklik aan op alle vlakke?
Bv, my man is teenoorgestelde van my, hy is glad nie emosioneel, passievol, seksueel, romanties of spiritual nie.
So dis onmoontlik dat hy my kan aanvul, want hy verstaan nie hoe ek voel en redeneer nie. En ons priotiteite verskil hemelsbreed, syne is geld, werk, status, sy hoofdoel is om finansieel goed vir ons te voorsien. Myne is ons huwelik, liefde, dat ons kinders emosioneel stabiel sal wees,sonder enige sielkundige issues.
Seksualiteit - wel die feit dat dit altyd van my kant af kom laat my natuurlik verwerp voel en breek my selfbeeld af. Dan ook is hy baie selfsugtig, ek is die "pleaser" wat alles doen om hom gelukkig te maak, terwyl hy weer geen moeite doen met my nie.. Tipe van "wham bam thank you mam".

Anonymous-girl, ek verstaan hy het teen die tyd jou selfbeeld al so afgebreek dat jy glo jy kan niemand anders kry nie. En die rede hoekom jy nogsteeds by hom is, is waarskynlik omdat jy nie alleen wil wees nie. Luister mooi, daar is soveel beter en meer daarbuite! Dis nie altyd maklik nie, maar so die moeite werd om 'n nuwe lewe te begin sonder hom!!
Veral wat jy weet wag liefde en geluk om die draai, en al wat in jou pad staan is jou huidige huwelik met 'n man wat glad nie vir jou omgee nie!
En glo my, hy gaan nie verander nie! As hulle dit een keer gedoen het ,doen hulle dit oor en oor. Prostitute is soos 'n verslawing, dieselfde met mans wat hulle vrouens slaan! Niks is natuurlik vir God onmoontlik nie, maar voel jy regtig dis die moeite werd om voor te baklei en bid? Egskeiding hoef nie die einde van mens se lewe te wees nie, dit kan die begin wees van 'n wonderlike nuwe lewe!So lig op jou kop girlfriend en vat die eerste tree! Sterkte... en ek is hier vir jou!

Anonymous said...

Wow...jy's enig in jou soort! Ek deps jou as my huweliksmaat in my volgende lewe, lol!En ek sal tevrede wees met 3 keer 'n dag!Oor die balans, baie waar, maar baie moeilik. Hoeveel huweliksmaats vul mekaar werklik aan op alle vlakke?
Bv, my man is teenoorgestelde van my, hy is glad nie emosioneel, passievol, seksueel, romanties of spiritual nie.
So dis onmoontlik dat hy my kan aanvul, want hy verstaan nie hoe ek voel en redeneer nie. En ons priotiteite verskil hemelsbreed, syne is geld, werk, status, sy hoofdoel is om finansieel goed vir ons te voorsien. Myne is ons huwelik, liefde, dat ons kinders emosioneel stabiel sal wees,sonder enige sielkundige issues.
Seksualiteit - wel die feit dat dit altyd van my kant af kom laat my natuurlik verwerp voel en breek my selfbeeld af. Dan ook is hy baie selfsugtig, ek is die "pleaser" wat alles doen om hom gelukkig te maak, terwyl hy weer geen moeite doen met my nie.. Tipe van "wham bam thank you mam".

Anonymous-girl, ek verstaan hy het teen die tyd jou selfbeeld al so afgebreek dat jy glo jy kan niemand anders kry nie. En die rede hoekom jy nogsteeds by hom is, is waarskynlik omdat jy nie alleen wil wees nie. Luister mooi, daar is soveel beter en meer daarbuite! Dis nie altyd maklik nie, maar so die moeite werd om 'n nuwe lewe te begin sonder hom!!
Veral wat jy weet wag liefde en geluk om die draai, en al wat in jou pad staan is jou huidige huwelik met 'n man wat glad nie vir jou omgee nie!
En glo my, hy gaan nie verander nie! As hulle dit een keer gedoen het ,doen hulle dit oor en oor. Prostitute is soos 'n verslawing, dieselfde met mans wat hulle vrouens slaan! Niks is natuurlik vir God onmoontlik nie, maar voel jy regtig dis die moeite werd om voor te baklei en bid? Egskeiding hoef nie die einde van mens se lewe te wees nie, dit kan die begin wees van 'n wonderlike nuwe lewe!So lig op jou kop girlfriend en vat die eerste tree! Sterkte... en ek is hier vir jou!

Fairydust

Anonymous said...

Dankie julle, ek waardeer dit - ja hy het my heeltemal al gebreek!! Mense ek het hom al gedagvaar vir 'n egskeiding, maar hy weier om dit te teken, en skeer dit dan op, en belowe hy sal verander. Hy sal nooit regkom nie, nie eers skriflesing en gebed kan hom oopkry nie (of regkry nie)!! Soos sy broer vir my gesè het HY HOEF NIE EERS TE WEET ONS BID VIR HOM NIE!!

Ek wil ook weer lewe, lag, gelukkig wees, mens wees, vrou wees!!

Anonymous said...

Ai julle, hierdie is eintlik 'n hartseer onderwerp. Ek dink mens se grootwordjare het baie te doen met jou siening hiervan. Meeste van ons is geleer dit is vuil en lelik of iets wat in die donker gedoen word. NEEE!!! 1000x NEE!

Die menslike liggaam, hormone en emosies speel ook 'n groot rol en soms is twee partye net nie in sync nie.

Vrouens is te bang om te sê waarvan hulle hou en waarvan nie en hoe sal die man ooit weet as jy hom nie sê nie. Natuurlik is party mans/vrouens net te dikvellig om hulle enigsins aan sy/haar maat se versoeke/behoeftes te steur. Jammerte, want met openhartige gesprekke, kan jou wêreld verander.. of nie. Dis moeilik.

Seks is vir ons gegee om te geniet, MAKSIMUM en dis presies hoe dit moet wees tot ons dooi. As die onwilliges maar weet wat hulle mis! Hulle sal nooit eendag kan sê EK HET GELEWE! nie. ...en sodoende het hul ook hul lewensmaats weerhou daarvan... Dit is wat so hartseer is.

My hart gaan uit na die afgeskeeptes onder julle. Regtig.

Liefde

Vis Sonder Water said...

Hoe lyk dit vir my net die mans is skuldig hier. Wat gemaak met 'n yskoue vrou ? Alles is al probeer maar sonder sukses. Mens moet eers vir 'n week of twee knorrig en moerig rondloop en wanneer dit skynbaar te erg raak is dit klim op en klim af. O ja en amper vergeet ek. Wanneer dit egter gebeur is dit, jy moet maar 'n kondoom gebruik want dit is 'n gevaar tyd van die maand. Ek glo dit sal enige man na 'n malhuis dryf. Wat moet mens doen ? Ek stel natuurlik nie belang om my vrou te verneuk en verneder nie.

Edluna said...

Ek het simpatie met julle vrouens wat min of geen seks kry nie.
Ek was in 'n huwelik waar ek vir 4 jaar geen seks gehad het nie. Het geen selfbeeld oorgehad nie.
Ek het besluit om uit die huwelik te klim - nie maklik nie - maar dit was die beste besluit van my lewe.
Ek het nou hierdie wonderlike man ontmoet vir wie ek baie lief is. En ons is albei seksueel so warm ons kan nie genoeg van mekaar kry nie. Ons het elke aand seks en soms soggens en saans. Ons geniet dit vreeslik. Ons maak 'n punt daarvan ons ons seks lewe opwindind te hou. En dit is wonderlik!
Hoop julle dames het ook sulke wonderlike seks.

Anonymous said...

Hi,
Ek en my vrou is altwee in ons tweede huwelik en seks was baie goed in die begin, ek word nou 50 en sy is 44, ons is nou 7 jaar getroud en die liefde maak skaal nou so erg af ek dink daar is iets verkeerd met my! ek hou daarvan om voorspel te he en nie boring te wees nie maar duidelik doen ek dit nie reg nie, as ons twee keer 'n maand liefde maak is dit baie, en ek is regtig 'n warm mens wat dit by seks kom, ek geniet dit baie en wil he sy moet dit meer as ek geniet as dit by die daad kom. Sy bereik wel klimaks maar dit is asof sy dit nie saam my geniet nie, is daar enige raad in hierdie geval?

Anonymous said...

So lanklaas geblog, weet nie eers meer hoe om in my eie blog in te teken nie :)
Daar kan verskeie redes wees, dalk hormonale redes? Ek het al gehoor vrouens gaan soms deur 'n stadium waar hulle libido laag is. Praat met haar reguit daaroor, gaan sien saam 'n Dr en kry iets wat haar libido kan verhoog. Gewig kan dit ook veroorsaak, so ook sekere medikasie. Swak selfbeeld? Help nie jy speel raai-raai nie, vra haar reguit? Groete, Feetjie

Unknown said...

Nuwe adres, MariCroucampVenter@blogspot.com