Wednesday, August 1, 2007

Bewyse van reinkarnasie???

Iets om oor te redeneer: In Johannes 9 vertel hulle van 'n man wat blind gebore is. Die dissipels vra vir Jesus wie het gesondig, die man self of sy ouers, dat hy blind gebore is. Hoe kon hy voor geboorte gesondig het, tensy hy voorheen gelewe het? Hy was immers blind gebore? Matteus 17, "Elijah does come, and he is to restore all things, but I tell you that Elijah has already come, and they did not know him,but did to him whatever they pleased". Vers 13:"then the disciples understood that He was speaking to them of John the Baptist." Almal het geweet wie Elia is,m.a.w. as daar 'n tyd was wat hulle hom nie geken het nie, moes hy gereinkarneer gewees het as iemand anders, wat die dissipels verstaan het Johannes die Doper was. Wie se kop afgekap was deur Herodes, wat weer verwys na "they did to him whatever they pleased."

3 comments:

Anonymous said...

Die Bybel sê tog: God is Gees en die wat Hom aanbid moet dit doen in Gees en in Waarheid. Die volgende is my opinie en my siening. Ons almal is gebore in blindheid. Blindheid na die Gees. Hierdie is n Geestelike saak onthou. Voordat Jesus nie in jou en my gebore is nie, kan ons mos nie sien nie? As jy nie geleer is dat dit verkeerd is om te rook nie is dit mos nie verkeerd nie? Selfde met drink, hoereer, drug ens ens... dis die blindheid. Totdat jy die goete afsterf en Jesus in jou gebore word is jy dus blind. As jou ouers jou nie die regte pad gewys het nie - is hulle dan nie ook blind nie? Blind na die Gees let wel. Reinkarnasie? Is dieselfde Jesus wat in jou gebore word nie die Een wat in my ook gebore word nie? Weereens is die nie n natuurlike reinkarnasie (wat in flieks voorkom nie), maar n Geestelike reinkarnasie van Jesus in my en in jou lewe. Daar kan tog nie 2 Jesusse wees nie - die Bybel sê weereens - Daars 1 God, 1 Geloof en 1 Kerk...

Trog

antjiesomers said...

Fairy,

Onthou een ding altyd, of eerder, vra altyd een vraag. What do YOU think. En dan besluit jy :D

Op die einde is daar net een ding en dit is liefde.

Anonymous said...

Sal eers moet gaan nalees oor hierdie een. Tickle my ook - jy weet mos.

Love you, Babysis!
M.