Wednesday, August 1, 2007

Life after Death

Wat is julle opinie oor wat hierna met ons gebeur? Glo jy aan reinkarnasie,
hemel en hel, ander dimensies? Bestaan daar iets soos "geeste"/spoke?
Wat is jou opinie oor de ja vu? Glo jy daaraan en wat dink jy is dit? Is daar lewe op ander planete?

2 comments:

antjiesomers said...

Geeste en spoke is twee totaal verskillende dinge. Die anderkant is net so 'n paar sentimeter bo ons dimensie en daar sal jy geeste kry. Dis hoekom ou mense altyd gese het dit lyk of hulle 'dryf'. Van ons wat psycic is sien dit van tyd tot tyd en hulle is rustig.
Spoke aan die ander kant is afgestorwenes wat nie besef hulle is dood nie. Hulle sien jou bloot as indringer in hul domein en net so groot soos jy skrik as jy hulle sien, glo my, hulle skrik groter. Gelukkig is daar groepe aan die werk om na hulle deur te dring sodat hulle kan aanbeweeg.

Ek (en dit is my opinie, try niemand change nie) glo beslis nie in die prentjie van die hel wat daar vir ons geskilder word nie. Dit is, sover dit my betref, een reuse gedagteskepping, however, evil does exist. Ek glo hierdie siele beweeg nie aan na die ander kant nie, maar reguit uit deur die left door (lees die boeke wat ek jou gestuur het) en word dan dadelik weer geinkarneer. So sal hulle vasgevang bly in daardie hel tot daar tot hul deurgedring word. Dit beantwoord sommer ook jou vraag oor de ja vu. Ja, dit is meer werklik as baie tasbare dinge. Daar is iets wat genoem word ons geheue en daar stoor ons dinge wat deur al ons leeftye saamkom. Dit is hoekom healing plaasvind wanneer mense teruggeneem word...
Lewe op ander planete - ek is oop vir die gedagte, maar ek dink nie dit is iets wat my nou en hier wees gaan verander nie.

Lekker dag,
lekker lees
XXX

antjiesomers said...

O, vergeet - spoke is earthbound, so hulle lyk nie asof hul 'dryf' nie.