Wednesday, July 25, 2007

The one who got away...

Wonder of almal so iemand het...
Daardie een persoon wat vir jou altyd spesiaal sal wees en 'n plekkie in jou hart sal he...
Die een persoon met wie jy nie 'n verhouding kon he nie, a.g.v. omstandighede, afstand, wat ookal die rede...
Maar oor wie jy altyd sal wonder... en sal dink...wat as...
Of dalk het jy die geleentheid gehad en die persoon deur jou vingers laat glip...
Miskien hoop jy nogsteeds, en dink, miskien eendag...
Jou eerste liefde dalk.... jou moontlike sielsgenoot...jou beste vriend...liefde van jou lewe... jou vriendin se man...jou man se vriend...die een, tussen die 2 waarvan jy kon kies, wat jy nie gekies het nie...of iemand wat jy ontmoet het na jou troue, met wie jy 'n spesiale band gevorm het...dalk 'n "emotional affair" gehad het...
Vertel bietjie... ek luister...

Jy is Spesiaal...


You may say to God: "I never fit in anywhere." God will reply: "Why do you try to 'fit in' when you were created to STAND OUT!"

Tuesday, July 24, 2007

Drome/Ideale

Wat wou jy word toe jy klein was? Ek wou van St 4 af 'n Sielkundige word.
Ons het gisteraand daaroor gepraat en ek het besef hoeveel dinge ek nog graag sou wou doen. Die lewe is kort, en ons het net een (as daar nie iets soos reinkarnasie is nie), en meeste van ons laat dit by ons verbygaan sonder om alles te doen wat ons graag wou. Ek weet dis nie altyd finansieel moontlik nie, maar soms is daar klein dingetjies, wat nie geld kos nie, wat ons wou doen en nooit by uitgekom het nie. Ek voel dit sal tog 'n verskil maak aan hoe jy oor jouself en die lewe voel, as jy wel daardie dingetjies kan inpas.

A life half lived, is a life fully wasted!!!

My lysie:

1) Sielkunde swot

2)'n Novelle skryf

3)'n Digbundel saamstel en laat publiseer

4)By 'n rivier, of enige plek in die natuur, sit en probeer skilder

5)Leer kitaar en keybord speel

6)Bungee!!!

7)River-rafting (ek dink mens spel dit so, lol)

8)'n Wit kersfees in Switserland, in 'n hut, lekker kaggelvuur,rooiwyn,niks klere en die liefde van my lewe.

9)In 'n car-home, wat pers gespray is, met klomp blommetjies op, kuslangs toer.

10)Tsitsikamma staproete (feetjies gaan soek),lol

11)'n Beauty-spa oopmaak, Spa se naam sal wees Calista, my dogtertjie se naam, wat "most beautifull" beteken. En al die vrouens in my familie, en vriendinne "treat" vir 'n naweek daar. Hopelik is dit op my wildsplaas, waar ek 'n lodge wil oopmaak ook!

12)Laaste, maar nie die minste nie, my droom-troue!

Ek en my man het "elope" en in 'n pastorie in Lydenburg getrou.

Die tema sal middel-eeue wees, iets soos Camelot. En dan natuurlik, die honeymoon wat ek ook nooit gehad het nie! Op 'n eksotiese eiland...

Deel nou bietjie julle drome en ideale met my.....

Friday, July 20, 2007

BAIE GELUK!!!

Girl, baie geluk dat jy die Top 10 behaal het!!! Ek is trots op jou my slim meisie!! Harde werk = goeie resultate!

Ietsie om te onthou
Het jy gehoor van die boer wat ongelukkig begin raak het met sy plaas en toe besluit hy om dit te verkoop? 'n Paar dae later bel sy eiendomsagente en vra toestemming om die plek in die tuiskoerantjie te adverteer. Sy het die advertensie vir die boer gelees. Dit het die plasie beskryf as 'n pragtige plekkie in 'n ideale omgewing
-
stil en rustig, omring deur groen heuwels,
gevoed deur die dam en geseën met goed-geteelde diere. Die boer sê, "Lees dit weer vir my." Nadat hy dit 'n tweede keer gehoor het, sê hy, "Ek het van plan verander. Ek verkoop nie meer nie. Ek het my hele lewe lank nog na so 'n plek gesoek."
Wat het verander?
Sy perspektief.
Soms moet 'n mens dit wat jy as vanselfsprekend beskou, of dit wat jy as alledaags sien en wat begin om jou te verveel, sien deur iemand anders se oë, voor jy dit weer kan waardeer. Neem 'n oomblik om regtig eerlik te wees oor jouself en jou lewe, en te dink aan hoe geseënd jy eintlik is...

Dit het my geraak! My sussie het my gister vertel van 'n man wat baie soos my man was. Streng, dominerend,sterk persoonlikheid,'n "controll-freak"
wil alles en almal rondom hom beheer. Toe bars daar 'n aartjie in sy kop,
'n deel van sy brein het skade opgedoen, en sy persoonlikheid het verander.
Hy is nou baie kalmer, "go with the flow" tipe mens, nie meer streng nie,
en laat al die besluite aan sy vrou oor. Nou wil sy skei, want sy kan dit nie hanteer nie! Dit het my laat besef mens kla so baie oor dinge wat eintlik vir jou 'n bedekte seen is! Ek kla oor my man wat my wil beheer, maar sien ek regtig kans om alles op myself te neem? Hoe sal ek voel as sy hele persoonlikheid verander? Sal ek tevrede wees daarmee en daarmee kan saamlewe? Iemand het eendag vir my gese, mens probeer jou lewe lank jou huweliksmaat verander, en wanneer hy/sy is soos wat jy hulle wil he, wil jy skei, want hulle is nie meer dieselfde mens as waarmee jy getrou het nie??? En dis waar!! Ironies, maar waar! Baie keer het mens net nodig om ander perspektief te kry en op die positiewe te konsentreer! En dan positief te reageer op negatiewe aksies, dalk "vryf dit af" op die ander party!

Thursday, July 19, 2007

God se geskenk aan ons...


Ek is mal oor die natuur... die veld, die see, woude, riviere,bosse...daar is net niks so mooi soos dit nie! Ek voel vry in die natuur, daar kan ek myself
"herontdek", vir ure net sit en dink...my kop skoon kry, rustig raak,
vrede maak. En die skoonheid rondom my wardeer...
Daar besef mens weer die grootheid en almag van God, en so ook hoe bevooreg ons is dat Hy hierdie mooi skepping aan ons toevertrou het.
Die reuk van die natuur, vars blomme,die see,gras,bome...dan ook die geluid van die reen,voeltjies wat sing,nagdiere se geluide...Daar is min dinge so mooi soos dit!
Mens raak so vasgevang in die gejaag en elke dag se bekommernisse, dat mens die mooi en dit wat eintlik saakmaak heeltemal mis.

Wednesday, July 18, 2007


So lyk 'n netbalspeler van formaat mos! Girls... ek wil weet wat die telling was, weet sommer julle gaan wen, want ja, julle "kick ass"!!!
Wens ek kon daar wees! Lief julle baie!!!