Wednesday, August 1, 2007
Life after Death
hemel en hel, ander dimensies? Bestaan daar iets soos "geeste"/spoke?
Wat is jou opinie oor de ja vu? Glo jy daaraan en wat dink jy is dit? Is daar lewe op ander planete?
Tuesday, July 31, 2007
Passievolle Erotiese Seks in die Huwelik


My gunsteling onderwerp....erotiese passievolle seks. Hoekom is dit, in meeste gevalle, dat sodra mens trou, die passie outomaties verflou?
Monday, July 30, 2007

Soulmates & Twinflames
Om een of ander rede het ek nog altyd, vandat ek kan onthou, geglo in sielsgenote.Mense met wie jy 'n diep konneksie het, op
'n spirituele/siels "vlak". Ek het dit vanoggend gegoogle en "wow"! Daar is 'n verskil tussen sielsgenote en twinflames.
Sielsgenote kan enigiemand wees, jou broer, suster, ma, pa, kinders,vriende, wel eintlik almal wat op jou pad kom met die doel om deel uit te maak van jou lewenservarings en lesse. Dis gewoonlik iemand by wie jy iets moet leer of vir wie jy iets moet leer. Mense wat jou assisteer op jou lewensreis. Hulle beweer dat dit mense is wat jy ken, en gekies het om jou te assisteer op jou lewenspad. Sussa, ek het jou beslis gekies om my "leermeester" te wees!Jy maak die grootste deel uit van die "raadgewers" !!
En dan....Twinflames!! My lewe lank soek ek na die een persoon wat my sal
"complete",my ander helfte. Ek het nog altyd geglo mens weet wanneer jy daardie persoon ontmoet. Altyd gedroom oor 'n liefde groter as liefde self,
'n liefde wat alles oorwin en deurstaan,'n intense vreugdevolle gevoel van
JY IS DIE EEN EN ONS HOORT SAAM!! Sonder enige twyfel! Ek het nog nooit moeite gedoen om daaroor op te lees of dit te google nie, en meeste mense glo nie daaraan nie en reken dis onrealisties. Groot was my skok toe ek dit google en hulle dit presies beskryf soos wat ek geweet het dit moet wees! Ek het baie vrae gehad, soos:het almal so iemand, hoekom ontmoet party mense nooit hulle s'n nie,as dit outomaties die persoon is met wie jy trou, hoekom skei soveel mense? Toe lees ek, jou huweliksmaat is nie noodwendig jou "twinsoul" nie, julle het dalk net "shared responsibilities" in gemeen, soos om kinders in die lewe te bring. Soms het die kinders net nodig om 'n band, wel hulle noem dit karma, met een van die ouers te he,
daarom gaan die ouers dan weer uitmekaar om verder met hulle lewensreis aan te gaan en hulle "twinsoul" te ontmoet, of een ouer sterf dalk omdat hulle reis voltooi is. Almal het so iemand, maar soms het julle nie 'n gesamentlike taak om te voltooi nie, daarom kom julle nie bymekaar uit in die lewe nie, maar eers hierna! Of julle kom wel bymekaar uit, maar trou nie, omdat julle nie nou 'n gesamentlike taak het om te voltooi nie. Dus spandeer julle nie noodwendig al julle tyd en julle hele lewe bymekaar nie.
Die hoofdoel is, dat elkeen leer om hom/haarself eers lief te he, gelukkig te maak, emosioneel onafhanklik te wees, onvoorwaardelik lief te he, te kan vergewe ens.... dis onwaarskynlik dat jy en jou "twinsoul" bymekaar gaan kom as jy bg nog nie bemeester het nie!
Jy voel van baba-tyd af wat jou twinsoul voel, fisiese pyn, emosionele pyn,
jy is net nie bewus daarvan dat dit nie jou eie is nie. Soms kom jou twinsoul nie eers saam met jou aarde toe nie, en kyk na jou, soos 'n guardian angel!Die hunkering, die begeerte, die soeke, na jou twinsoul, is iets wat jy permanent voel, tot julle mekaar vind! Die leemte...
Hulle se ook jou twinsoul is gewoonlik, as jy 'n vrou is, jou manlike kant!
M.a.w. julle vul mekaar aan in elke opsig! En wanneer julle liefde maak, word julle werklik een... en jy voel "complete" en "whole". Wow!!!
Wednesday, July 25, 2007
The one who got away...
Wonder of almal so iemand het...Daardie een persoon wat vir jou altyd spesiaal sal wees en 'n plekkie in jou hart sal he...
Die een persoon met wie jy nie 'n verhouding kon he nie, a.g.v. omstandighede, afstand, wat ookal die rede...
Maar oor wie jy altyd sal wonder... en sal dink...wat as...
Of dalk het jy die geleentheid gehad en die persoon deur jou vingers laat glip...
Miskien hoop jy nogsteeds, en dink, miskien eendag...
Jou eerste liefde dalk.... jou moontlike sielsgenoot...jou beste vriend...liefde van jou lewe... jou vriendin se man...jou man se vriend...die een, tussen die 2 waarvan jy kon kies, wat jy nie gekies het nie...of iemand wat jy ontmoet het na jou troue, met wie jy 'n spesiale band gevorm het...dalk 'n "emotional affair" gehad het...
Vertel bietjie... ek luister...
Jy is Spesiaal...
Tuesday, July 24, 2007
Drome/Ideale
Wat wou jy word toe jy klein was? Ek wou van St 4 af 'n Sielkundige word.Ons het gisteraand daaroor gepraat en ek het besef hoeveel dinge ek nog graag sou wou doen. Die lewe is kort, en ons het net een (as daar nie iets soos reinkarnasie is nie), en meeste van ons laat dit by ons verbygaan sonder om alles te doen wat ons graag wou. Ek weet dis nie altyd finansieel moontlik nie, maar soms is daar klein dingetjies, wat nie geld kos nie, wat ons wou doen en nooit by uitgekom het nie. Ek voel dit sal tog 'n verskil maak aan hoe jy oor jouself en die lewe voel, as jy wel daardie dingetjies kan inpas.
A life half lived, is a life fully wasted!!!
My lysie:
1) Sielkunde swot
2)'n Novelle skryf
3)'n Digbundel saamstel en laat publiseer
4)By 'n rivier, of enige plek in die natuur, sit en probeer skilder
5)Leer kitaar en keybord speel
6)Bungee!!!
7)River-rafting (ek dink mens spel dit so, lol)
8)'n Wit kersfees in Switserland, in 'n hut, lekker kaggelvuur,rooiwyn,niks klere en die liefde van my lewe.
9)In 'n car-home, wat pers gespray is, met klomp blommetjies op, kuslangs toer.
10)Tsitsikamma staproete (feetjies gaan soek),lol
11)'n Beauty-spa oopmaak, Spa se naam sal wees Calista, my dogtertjie se naam, wat "most beautifull" beteken. En al die vrouens in my familie, en vriendinne "treat" vir 'n naweek daar. Hopelik is dit op my wildsplaas, waar ek 'n lodge wil oopmaak ook!
12)Laaste, maar nie die minste nie, my droom-troue!
Ek en my man het "elope" en in 'n pastorie in Lydenburg getrou.
Die tema sal middel-eeue wees, iets soos Camelot. En dan natuurlik, die honeymoon wat ek ook nooit gehad het nie! Op 'n eksotiese eiland...
Deel nou bietjie julle drome en ideale met my.....


