Friday, July 20, 2007
BAIE GELUK!!!
Girl, baie geluk dat jy die Top 10 behaal het!!! Ek is trots op jou my slim meisie!! Harde werk = goeie resultate!

Ietsie om te onthou
Het jy gehoor van die boer wat ongelukkig begin raak het met sy plaas en toe besluit hy om dit te verkoop? 'n Paar dae later bel sy eiendomsagente en vra toestemming om die plek in die tuiskoerantjie te adverteer. Sy het die advertensie vir die boer gelees. Dit het die plasie beskryf as 'n pragtige plekkie in 'n ideale omgewing
-
stil en rustig, omring deur groen heuwels,
gevoed deur die dam en geseën met goed-geteelde diere. Die boer sê, "Lees dit weer vir my." Nadat hy dit 'n tweede keer gehoor het, sê hy, "Ek het van plan verander. Ek verkoop nie meer nie. Ek het my hele lewe lank nog na so 'n plek gesoek."
Wat het verander?
Sy perspektief.
Soms moet 'n mens dit wat jy as vanselfsprekend beskou, of dit wat jy as alledaags sien en wat begin om jou te verveel, sien deur iemand anders se oë, voor jy dit weer kan waardeer. Neem 'n oomblik om regtig eerlik te wees oor jouself en jou lewe, en te dink aan hoe geseënd jy eintlik is...
Dit het my geraak! My sussie het my gister vertel van 'n man wat baie soos my man was. Streng, dominerend,sterk persoonlikheid,'n "controll-freak"
wil alles en almal rondom hom beheer. Toe bars daar 'n aartjie in sy kop,
'n deel van sy brein het skade opgedoen, en sy persoonlikheid het verander.
Hy is nou baie kalmer, "go with the flow" tipe mens, nie meer streng nie,
en laat al die besluite aan sy vrou oor. Nou wil sy skei, want sy kan dit nie hanteer nie! Dit het my laat besef mens kla so baie oor dinge wat eintlik vir jou 'n bedekte seen is! Ek kla oor my man wat my wil beheer, maar sien ek regtig kans om alles op myself te neem? Hoe sal ek voel as sy hele persoonlikheid verander? Sal ek tevrede wees daarmee en daarmee kan saamlewe? Iemand het eendag vir my gese, mens probeer jou lewe lank jou huweliksmaat verander, en wanneer hy/sy is soos wat jy hulle wil he, wil jy skei, want hulle is nie meer dieselfde mens as waarmee jy getrou het nie??? En dis waar!! Ironies, maar waar! Baie keer het mens net nodig om ander perspektief te kry en op die positiewe te konsentreer! En dan positief te reageer op negatiewe aksies, dalk "vryf dit af" op die ander party!
Thursday, July 19, 2007
God se geskenk aan ons...

Ek is mal oor die natuur... die veld, die see, woude, riviere,bosse...daar is net niks so mooi soos dit nie! Ek voel vry in die natuur, daar kan ek myself
"herontdek", vir ure net sit en dink...my kop skoon kry, rustig raak,
vrede maak. En die skoonheid rondom my wardeer...
Daar besef mens weer die grootheid en almag van God, en so ook hoe bevooreg ons is dat Hy hierdie mooi skepping aan ons toevertrou het.
Die reuk van die natuur, vars blomme,die see,gras,bome...dan ook die geluid van die reen,voeltjies wat sing,nagdiere se geluide...Daar is min dinge so mooi soos dit!
Mens raak so vasgevang in die gejaag en elke dag se bekommernisse, dat mens die mooi en dit wat eintlik saakmaak heeltemal mis.
Wednesday, July 18, 2007
Afrikaans/Boere versus Cool



Ek mis vandag my kinderlewe...
Spesifiek, boere-musiek, my Croucamp-familie en braai...
Ek was bevoorreg om in 'n baie musikale familie groot te word.
My oupa en ouma, en so ook my pa en al sy broers en susters, ek dink hulle is om en by 9, kan enige musiek-instrument speel, op gehoor.
Die lekkerste tye was wanneer almal bymekaar was, tente, "christmas-beddens" en dan natuurlik boere-musiek maak. Die wat nie speel nie, dans.
Ironie is, op daardie tydstip, veral as tiener, het ek gedink dis baie "uncool".
Boere- en Afrikaanse- musiek was uit soos koekies in die weeshuis!
As jy dit geluister het was jy in die boksie van "nerd" geplaas, en klaar.
Ek het alles gedoen wat "in" was, "cool" was my middelnaam, behalwe as dit regtig nie my smaak was nie of teen my "beginsels" was. Op daardie stadium was alles wat deur die samelewing goedgekeur was, teen my beginsels, rebellie was "in". My eie manier, my eie persoonlikheid, my smaak, was "in" en "cool", onvoorspelbaar en skokkend, was "in". Bang vir
niks en niemand, was "in". Tradisie, nasie-trots, afrikaans, afrikaanse musiek was "uit".
As ek vandag terugkyk kan ek nie glo dit was ek nie! Want Boere-en Afrikaanse musiek, en so ook tradisie en nasie-trots, bruis in my are!!
Ek kry 'n warm gevoel in my hart, en my bors swel van trots as ek aan boere, afrikaans, ons taal, ons kultuur en musiek dink. Daar is vir my min dinge so lekker soos boeremusiek luister, lang-arm en braai!
Ek luister vandag al die musiek waarvan my ouers gehou het, van my pa se boeremusiek tot my ma se country, en dan Afrikaanse-musiek, alles wat my as tiener grensloos geirriteer het en waarvoor ek skaam was!
As ek vandag 'n tiener was, sou ek beslis "uncool" gewees het!!!
Beatches en Clicks
Gedink ek is klaar daarmee toe ek matrikuleer, maar party vrouens word nooit groot nie... Onthou julle die populere skool beatch? Almal was vriende met haar omdat hulle te bang was om in haar slegte boekies te wees. Die "stuck-up" een wat gedink het die son skyn uit haar g*t uit en dit gee haar die reg om almal rondom haar te kritiseer, verneder en verkleineer. Sy het veral gepik op die "minderbevoorregtes" wie se pappies nie drs of prokureurs was nie, so ook op die "lelike eendjies". Van skool af was ek die "kampvegter" vir die sg "minderbevoorregtes" en "lelike eendjies". En kon ek die beatch nie verdra nie!!! Ek het dit my taak gemaak om haar op haar "plek" te sit! Ek self het goeie vriendinne gehad, en het met 'n prefek en eerstespan-rugbyspeler uitgegaan. Ek was populer by die seuns, almal het Pierre beny, en die beatches het my gehaat daaroor. Ek het elke dag aerobics gedoen en my bynaam by die seuns was "die lyf", julle kan dink hoe die beatches daaroor gevoel het! Wel, vandag sien ek dieselfde by sommige vrouens, in die chatroom, op die blog. Dis net vir my pateties, selfs al weet hulle, en se hulle logiese verstand vir hulle , die beatch is verkeerd, sal hulle nogsteeds haar kant vat. Hulle het nogsteeds nie hulle eie persoonlikhede en opinies nie, want o wee, netnou hou die beatch dan nie van hulle nie, "so kom ons wees maar 'n klomp skape, en stem saam met, en doen alles wat sy se"!En dan is die meerderheid nog ouer as ek ook!!! En ek voel te oud vir sulke dinge!!! Het nie meer die krag daarvoor nie!Dan ook weer, konsentreer ek eerder daarop om 'n beter mens te wees en sulke kinderagtige mense te ignoreer, al irriteer hulle die dinges uit my uit! Sy matig haarself die reg aan om almal te kritiseer en konfronteer, en asb, moet tog nie van haar verskil nie, want dan is almal op jou case!! Want sy is die beatch en daarom verdien sy respek??? Volwasse vrouens wat so redeneer???? Dis om van siek te raak!
Subscribe to:
Posts (Atom)

