Tuesday, October 9, 2007

'n Huldeblyk aan Gawie Croucamp

Wens ek kon 'n pic upload...
Gebore: 12 November 1950
Oorlede: 22 September 2007

My liefste pa...
Wat 'n voorreg om hom as my pa te kon he..'n Geniale man, lewenswys, 'n raadgewer...
net jammer ek het nie altyd my pa se raad gevolg nie..dan was daar sy skerp droe sin vir humor..onverwags, nadat hy vir 'n ruk stil was, net geluister het na die geselskap sou hy iets so skerp en gepas kwytraak. Musiek - boeremusiek, hy het op gehoor gespeel, hart en siel daarin gesit, en glo my, niemand, maar niemand kon trekklavier speel soos my pa nie. Hy was 'n legende tussen die mense wat hom geken het..almal het aan sy lippe gehang wanneer hy musiek gemaak het.Almal se vriend...
'n partytjie was net nie dieselfde sonder hom nie, almal het sy geselskap en musiek opgesoek. Werk-esel...my pa het altyd sy beste gegee, alles in sy werk ingesit, halfpad was net nie goed genoeg vir hom nie..Dan was daar sy diep kant...hy kon die mooiste gedigte skryf, was so ingestel dat hy tussen die lyne kon lees, presies geweet het wat jy dink en voel, sonder dat jy met hom daaroor hoef te praat.
Daardie donker-bruin, amper swart oe kon regdeur jou kyk... tot in jou siel..
Hy was baie lief vir katte, en hy het hulle aangetrek, op 'n stadium toe hy by my in die huis gebly het, het daar 'n kat elke aand deur sy venster geklim en op sy bed geslaap, en toe hy weg is, het die kat ook verdwyn..
Hy was 'n unieke mens wat indruk gemaak het op almal wat hom ontmoet het...niemand sou hom ooit weer kon vergeet...

Dit voel so onwerklik, asof ek die telefoon kan optel en nog met hom kan praat...
soms dring die werklikheid tot my deur, dan is daar hierdie lee gevoel, die verlange
dis asof 'n deel van my, van my af weggeskeur is..

My Pa...

8 comments:

Dame met 'n wil! said...

Feetjie ek is so jammer om te lees van jou pa se afsterwe, jy het die troos dat daar waar hy nou is, hy geen pyn meer het nie. Sterkte vir jou.

Dellie said...

Welkom terug, Fairy. My innigste simpatie met jou verlies. Koester al die mooi herinneringe.

Anonymous said...

Hi Fairytjie
Baie jammer om te hoor van jou pa. 'n Pa bly altyd spesiaal vir 'n dogter. Ek is al sonder myne vir 10 jaar, maar ek weet hy is nog daar.
Sterkte vir jou!
Tigerlily

Blou Bul said...

Hi Goeie Fee

Ja van my kant ook ek is nog aan die gelukkige kant albei my ouers leef nog, maar sterkte.Ek kan jou leed en hartseer sien.Net tyd sal genees.

Oor jou comment op Wimpie se blog, ja die Kimberley ouens is meer oop as die Transvalers, maar nie meer oop as ons Gautengers nie.(lol)

Lekker dag.

Anonymous said...

Ek is jammer om te hoor van jou pa se afsterwe!!

Sterkte vir jou!!

Anonymous said...

Ek dink aan jou Feëtjie... Sterkte!

Chantelle Croucamp said...

Ja nig... kry ek darem nou trane in my oe... dis asof ek daar geskryf het van my pa.. Ek dink van al die croucamp broers was ons pa's baie dieselfde.. 5 jaar is al verby vir my maar ek voel asof ek nog elke dag die foon kan optel en hom net bel... Sterk wees nigga.. Ons dink aan julle xx

Anonymous said...

Sussie, ek kon vandag eers verder as Pa se naam lees. Dis net so seer - ek verkies om in beheer te probeer bly. Pa het mos nooit van drama gehou nie. Pa se verjaarsdag lê om die draai en dan kom Kersfees...

Chantellie, ja, daardie twee broers maak nou lekker musiek daarbo vir Ouma en Oupa. Het op 'n gedig afgekom wat my Pa vir jou Pa geskryf het na jou Pa se heengaan. Dit was seer. Sal dit vir jou e-pos. Het vir Pierre en Gerda ook gegee.

Sussa, ons is Gawie Croucamp se dogters en dit sal nooit verander nie. Sy bloed loop te dik deur ons are...

Ek's so lief vir jou, my Kleinsus. Wens ek kon nou by jou wees sodat ons mekaar net kan vashou. Ek mis my Pa...