Wednesday, October 10, 2007

Persoonlike Grense

Soos julle al kon aflei, doen ek min dinge halfpad. Alles is baie intens en TE, ek oordoen gewoonlik alles. Dus is dit vir my baie moeilik om persoonlike grense te he, want wanneer ek liefkry, kry ek met my hele hart en siel lief, ek raak nie net emosioneel betrokke nie, maar emosioneel afhanklik. Ek maak heeltemal "oop" en gee my alles. Probleem is, baie mense werk nie mooi met 'n mens se hart nie, hulle staan onverskillig teenoor jou emosies en maak jou seer sonder om 2 keer daaroor te dink.
Ek wil nie uitbrei nie, want dis baie persoonlik, maar my ma is een van daardie mense wat nie 2 keer dink voordat sy mens seermaak nie. Nou wil ek weet, vergewe en vergeet mens maar elke keer, of stel jy persoonlike grense? Hoe stel mens persoonlike grense? Hoe het mens 'n oppervlakkige verhouding met jou ma? Die een wat jou in die lewe gebring het? Nee, ek moet eerder vra, hoe speen mens jouself van jou ma. Makliker as julle in verskillende dorpe bly... Ek het sopas besluit ek gaan die hele verhaal vertel, dis my blog, my dagboek, en ek het nodig om my emosies neer te pen, wie ookal wil sleg dink of 'n probleem daarmee het, moet dan liewer nie weer my blog lees nie. Ek is die jongste van drie kinders, my boetie is 6 jr ouer as ek, en my sussie 5 jr, dus is ek eintlik die "laatlam". Ek en my ma bly albei in Kimberley, my boetie in die Kaap en my sussie in Kathu. My ouers is na 27 jr geskei, my ma raak toe betrokke by 'n man wat saam met haar werk. Die man slaan aan haar, kraak haar gedurig af, kan nie finansieel vir haar sorg nie, en is op geen manier goed vir haar nie. In die elf jr wat hulle saam was, het my ma elke week op my skouer kom huil oor hoe ongelukkig sy is in die verhouding, omdat hy nie vir haar liefde gee nie, haar verwerp wanneer sy toenadering soek, sy was permanent onseker, jaloers en suspisieus.
Sy het telkemale gedreig om hom te los, en selfs al het ek haar verseker dat ek daar sal wees vir haar en sy beter af sonder hom is, het sy hom nooit uit vrye wil gelos nie. Sommige kere het sy my oggend-ure gebel om te se hulle baklei, hy ruk en pluk alweer aan haar. Dan vra ek of ek haar moet gaan haal, dan se sy, sy sal my laat weet. Dan le ek wakker tot watter tyd en wonder of sy okay is. Ek was die enigste een met wie sy oor haar persoonlike goed gepraat het, by my boetie en sussie het sy 'n front voorgehou. Hulle het nie vriende gehad nie, elke keer as ons vriende nooi om by ons te kom braai, is sy kwaad as ek hulle nie ook nooi nie, maar wanneer ek hulle nooi, raak hulle horibaal dronk en baklei, dit was vir my vernederend. Die man se pa bly by sy ander seun, ook in Kimberley, die seun steel sy pa se bankkaart en sodra sy pensioen inbetaal is, trek hy dit en drink dit uit. Dan moet my ma kos vir Errol se pa koop. Dan kort hulle geld aan die einde van die mnd, dit word by ons geleen, so R300 elke mnd, maar hulle kon dit nooit teruggee nie, en ons was hulle maar altyd goedgesind en het gese dis reg hulle kan dit maar hou. Laas jr Oktober voordat hulle op verlof gegaan het, het Errol weer aan my ma geslaan, ek en Johan het gevoel ons het nou genoeg gehad, my ma wil nie he Johan moet aan Errol slaan nie, sy is ook nie bereid om 'n saak te maak nie, toe gaan praat Johan met hulle werkgewer. Hy roep hulle toe in en se as Errol weer aan my ma slaan gaan hy hom afdank. Dit het goed gegaan vir 'n paar mnde, toe slaan Errol weer aan my ma, en bedank sommer self. Toe stel my ma se werkgewer 'n ultimatum aan haar, of sy verbreek die verhouding, of sy verloor haar werk en haar pensioen waarvoor sy al 20jr werk. Een van die voorwaardes was dat sy die woonstel waarin hulle gebly het opgee en by my kom bly, sodat sy nie weer vir Errol kan huisves nie. My ma het toe 2 mnde verlof gevat, by my boetie en sussie en gaan kuier. Johan het haar besittings getrek na ons huis toe. Johan het Errol verbied by ons huis, sy wou dit nie so aanvaar nie, en het Johan lelike vloekwoorde toegesnou omdat Errol nie welkom is daar nie. Sy het 'n paar keer gedreig om uit te trek omdat hy nie welkom is ons huis nie, ons het vir haar gese dan moet sy maar so maak. Finansieel het sy niks bygedra nie, maar elke naweek het sy en Errol oorgeslaap by gesamentlike vriende, wat toevallig my beste vriendin se ma is, haar man het ook talle kere aan haar geslaan en my vriendin vermy hulle, sien haar ma net so nou en dan, ook omdat sy nie haar leefwyse goedkeur nie. Die naweke wat sy oorgeslaap het daar, het sy drank en sigarette vir haar en Errol gekoop en natuurlik bygedra met die kos ens. Johan was ongelukkig daaroor, maar nogsteeds het ons maar Maandae wanneer sy terug is by die huis, nie geld of sigarette het nie, haar maar van kos en sigarette voorsien.

Nou gaan ek julle vertel van my week van hel:
My pa is die Woensdag gediagnoseer met kanker, Vrydag het ons deurgery Oos-Londen toe, hy het daar by my dierbare Oom gebly. My sussie hulle het saam met ons gery, sodoende kan ons die petrolgeld deel. My boetie het ons gebel Vrydag-middag so 12hr en gese my pa lyk sleg, hy weet nie of ons betyds gaan wees nie, so ons moet maar nou met hom oor die telefoon praat as daar iets is wat ons graag wil se. Ek het vir my pa gese ek is lief vir hom en gese ons ry bietjie later, sal hom more-oggend sien hy moet asb vir my wag. Baie gehuil na die tyd, my sussie het my gebel, gese sy is besig om te pak, ek moet solank pak hulle gaan nou-nou ry. So 15 min oor 1 het my tel
gelui, geen nr, nie anonymous of private, net die groen telefoontjie, toe ek antw, net stilte. Johan het my so 3hr gebel en gese die bakkie se as is nie in 'n goeie toestand nie, die ou wat die bakkie gediens het se ons sal nie met die bakkie kan ry nie. Ek was histeries.. toe betaal hy 'n ou dubbel die prys om aan die as te werk, ek weet nie veel van sulke goed af nie, maar as ek nou reg het, het hy die swak plek verdik. Dit het ons R560 gekos, en R200 om die as te laat terugsit. My ma het gese sy gaan die naweek by Errol-hulle slaap, so ons hoef nie die huis se sleutel vir haar te los nie. Net voor ons ry, bel sy en se sy wil klere kom haal. Weereens vra ons vir haar of sy seker is sy wil nie saamgaan nie. Sy wou toe nie, se haar baas het ook gese sy kan nie verlof kry nie. Sy wag toe vir Errol om haar te kom haal, ons los toe die huis se sleutel by haar, dit was toe al 6hr en ons was haastig om by my pa uit te kom. Ons was alreeds ontsteld omdat ons moes wag vir die bakkie...
Op pad Oos-Londen toe was daar baie padwerke, mens moet elke keer 10 min wag vir die ander karre om eers verby te kom. Ons het so 1hr die oggend in Queens Town aangekom, toe bel my boetie en se my pa is oorlede...ek was so teleurgesteld en wou dit eers nie aanvaar dat ons nie betyds was nie. Ek het angstig gevoel, wou net uit my liggaam uitklim om die skok, teleurstelling en hartseer te ontsnap. My boetie se toe hulle sal my pa se lyk vir ons hou. 10km Buite Queens Town breek die dif..ons ry toe met diflock aan teen 15km/h terug Queens Town toe, ek voel naar, bewerig, sukkel om asem te kry...My boetie, wat twee dae laas geslaap het, die hele week saam met my pa deurgebring het, ry toe van Oos-Londen af om ons te kom haal. Die mans bly toe agter in Queens Town om te kyk of hulle hulp kan kry, ons het eers 6hr die volgende oggend in Oos-Londen aangekom, toe nog niks geslaap nie. Ons wag toe vir die mans by my Oom se huis, 5 hr die middag kom hulle eers terug, met 'n geleentheid saam met 'n mechanic, ons sal eers Dinsdag 'n nuwe as vir die bakkie kan kry, hulle moet dit bestel. My Oom leen toe vir ons sy kar, maar dit was maar ongemaklik, 4 grootmense en 4 kinders in 'n Ford Saphire. My sussie het vir ons plek bespreek by 'n Lodge, so ry ons soontoe, en kry amper 'n hartaanval toe ons die plek sien. Daar is nie manier wat ons daar bly nie...ry die hele Oos-Londen deur, soek gastehuise en hotelle, bel,
nerens is plek wat in ons prysklas is nie. Dis toe al so 6hr die aand, vrek honger, doodmoeg, nog niks geslaap. Toe soek ons die Spur, ons het vir omtrent 'n uur rondgery op soek na die Spur. Daarna het ons na my Oom-hulle toe gegaan en daar gaan slaap.. Die volgende dag het darem beter gelyk, ons het verblyf gekry.
Bel my ma, vra of sy begrafnis toe kom. Sy se eers sy wil graag, maar weet nie hoe om daar uit te kom nie. Ons bel, vind uit van 'n bus, R175, vertrek van Bloemfontein af. Reel met my vriendin om haar deur te vat Bloemfontein toe, sy kon vir tyd en wyl by my ander vriendin in Bloemfontein kuier, wie sy goed ken, en dan sal sy haar half 1 die oggend bus toe vat. Errol stuur toe 'n sms waarin hy vra of hy kan saamkom!!!!!
Die vermetelheid!!!Johan sms toe terug dis moeilik genoeg, kan hy nie asb ophou probeer betrokke raak nie, hy maak dit net moeiliker. My ma sms Johan waarin sy hom vieslik vloek en se hy was nie eers jou pa nie, maar net jou skoonpa. Ek bel my ma daarna, sy vloek my en sit die telefoon neer. Net daarna sms sy my boetie, my sussie, my pa se een broer en suster, en haar eie broer en suster, waarin sy my en Johan sleg maak en leuens vertel soos dat ons nie vir haar kos gegee het terwyl sy by ons bly nie!!!!!! Dit terwyl ek elke aand vir haar 'n bord kos so groot soos Johan s'n geskep het, dit voor haar neergesit het, vir haar 4 snytjies brood gemaak het om te vat werk toe, elke dag!!!Ek was woedend, seergemaak en het verneder gevoel.
Gelukkig ken my familie my en weet wat die waarheid is. Ek sms toe dat sy maar moet uitkyk vir ander blyplek, was seker maar lelik van my, maar ek sms toe ook kan sy nie haar kinders een keer in haar lewe bo Errol stel nie, nie eers 'n teefhond gooi haar kleintjies weg vir 'n basterhond nie. Toe sms sy natuurlik die hele familie ek het gese sy is 'n teefhond.. Terug in Kimberley vertel my bediende my, sy en Errol het heelweek in my huis geslaap, my bediende moes hulle wasgoed was, en daar was 2 lee bottels OBS en paar bottels bier. Later sms ek my ma en se ek het besluit voordat sy nie die leuens wat sy van my en Johan regstel by die familie en ons onverskoning vra nie, dink ek moet ons mekaar eerder nie weer sien nie, en sy moet asb die res van haar goed by my huis kom haal. Toe sms sy terug sy het nooit die goed van my gese, soos dat ons haar nie kos gegee het ens nie. Sy ontken toe alles, ek vra haar toe was sy dan so gedrink dat sy nie kan onthou nie, want ek is seker van die familie-lede het nog die smse op hulle foon. Sy ontken dit nogsteeds. Toe verneem ek by my vriendin dat my ma net soveel leuens van my en Johan vertel het by haar ma ook, en dat sy en Errol verbied is by haar ma se huis, omdat hulle gedrink en baklei het.
Ek is seer, baie seer, ek was my ma se beste vriendin, altyd daar vir haar, ek het uit my pad uitgegaan vir haar, omdat ek vir haar lief is en sy ook baie vir my gedoen het in my lewe. Maar die man het haar in 'n ondankbare selfsugtige common mens verander wat ek nie ken nie. Dis vir my seer om te dink, my ma, wat my moet beskerm, maak my sleg by my familie, as sy darem net die waarheid gepraat het, kon ek dit dalk nog aanvaar, dit in die tyd wat ek my pa moet begrawe en haar liefde en ondersteuning nodig het. Na alles wat ek vir haar gedoen het in my lewe!

Nou sms sy mooi boodskappies en maak asof alles reg is. Hoeveel keer vergewe mens en laat jy toe dat mense jou hart vertrap? Waar trek mens die streep?
Johan het gese as hy uitvind ek het kontak met my ma is daar moeilikheid. As my hart hierdie keer sag word, gaan ek dit kry van hom af!!
Dit voel of ek my ma en pa begrawe het....

Maar wat as sy more doodgaan???
Gaan ek myself nie dan verwyt omdat ek haar nie maar vergewe het nie?
Ek is bitter lief vir my ma...maar ai tog...
Ek stel myself oop vir seerkry as ek haar weer naby my toelaat.

8 comments:

Dellie said...

Eish, Fairy-ding, dis 'n baie seer storie. Ek het nie vir jou raad nie, ek het self 'n issue met my pa. En ek weet ook nie of ek bereid is om te vergewe en vrede te maak nie. Sterkte. (((Fairy)))

Dellie said...
This comment has been removed by the author.
Anonymous said...

Hi Feetjie,

Jong, dis moeilik om vir iemand raad te gee. Maar ek weet hoe jy voel. My ma is ook my beste vriendin, en ons het al baie baie maande nie een woord met mekaar gepraat nie. Al wat ek kan sê is ek hoop jou ma sal betyds haar oë oopmaak en daardie man in sy peetjie in stuur. Drank is die grootste euwel van die wêreld. En iemand wat so lief is vir die voggies, luister nie, ek weet. Ek wil maar net vir jou sê baie sterkte. En al is jy kwaad vir haar, wees maar tog nog lief vir haar.

groetetjies

Sonneblom

Anonymous said...

Ai, Fee, Ek weet ook nie wat om te sê nie: STERKTE.
Al wat ek kan voorstel is dat jy op jou kniee bly en die antwoorde en die waarheid sal uitkom!!
STERKTE

Anonymous said...

(((Fairy)))
Ek dink jou ma voel baie skuldig, al lyk dit nie so vir jou nie.
Ek het nie die raad nie, maar hoop dat jy en jou ma dinge kan uitpraat en vrede kan maak.
Sterkte!

Anonymous said...

(((((Fairy)))))

Jy's 'n sterk mens.... en 'n 'reg' mens!!

Sterkte.....

Anonymous said...

Ai vriendin - my hart pyn vir jou...dis n baie moeilike storie - ek weer nie wat om te sê nie - al wat ek kan sê is ek bid vir jou en jou familie en wens julle baie sterkte toe.

Tjortsies

yannickfagerland said...

How to Play Slots with Real Money | JS Hub
Learn how to play slots online with real money 하남 출장마사지 and learn how to use and win real 경산 출장샵 money. Slots casino games online 광주광역 출장샵 slots casino casino 안성 출장샵 real 여주 출장샵 money