Wednesday, October 10, 2007

R300 Boete as jy jou kind tugtig????

Julle het seker gesien op die nuus jy kan R300 beboet word as jy jou kind tugtig!!!!
Ek sal geld moet begin spaar vir al die boetes, want ek sal my kinders tugtig!!
Dis juis omdat hulle die kinders nie meer mag pak gee by die skole nie, dat daar geen dissipline is en die kinders vir niemand respek het nie!Die kinders steek mekaar met messe, dwelms word in skole verkoop, hulle praat met die onderwysers soos hulle wil, en wil deesdae vir hulle eie ouers vertel wat mag en wat mag nie!!
In ons tyd was dit nie so nie, jy het net soveel respek gehad vir 'n onderwyser as vir jou ouers.Ons sou nie waag om die dinge aan te vang wat vandag se kinders doen nie, "kinders" in aanhalingstekens, want is hulle regtig kinders soos wat ons kind was? Ek verstaan hulle wil kindermishandeling voorkom, maar alle ouers mishandel nie hulle kinders nie! Daar is 'n groot verskil tussen jou kind mishandel en hom/haar 'n
pakslae gee uit liefde, omdat jy die beste vir hom/haar wil he, en jou kinders wil dissiplineer. Ja daar is ander manier om dissipline toe te pas, maar dit werk nie met alle kinders nie. Jy as ouer kan jou eie diskressie en oordeel gebruik en weet wanneer om watter straf aan jou kinders op te le. Mens kan nie veralgemeen en se pakslae gee jou kinders die indruk dat geweld 'n metode is om iemand te straf wanneer hulle nie maak soos jy se nie. Pakslae is eerstens nie geweld nie, dis 'n raps op die boud, tweedens, as jy jou kinders laat verstaan waarom hulle pak kry en hulle nogsteeds verseker van jou liefde en aan hulle verduidelik dat jy hulle wil leer dat elke keuse wat mens in die lewe maak, goeie of slegte nagevolge het en dat mens die gevolge van jou keuses moet dra, is daar mos niks mee verkeerd nie??
Ons het gereeld pak gekry, en nie een van ons is geweldadig nie!!!

Goed, ek is nou net besig om myself te ontstel en op te werk, so kom ek verander die onderwerp.... ek het vanoggend oor die radio gehoor 23000 mense in Durban het verkeersboetes gekry September maand!! Nou wonder ek, as elkeen 'n boete gekry het van R100, is dit R2.3 000 000!!! Waarheen gaan die geld en waarvoor word dit gebruik?
Dink julle die verkeersbeamptes kry kommisie op die boetes wat hulle uitreik?
Weet iemand dalk hoeveel?

Gesels weer, dankie vir julle liefde, ondersteuning en raad!!
Mari

7 comments:

Gatta-Patata said...

Hey Feetjie
Ek dink so baie aan jou. Het gesukkel om gister te comment op jou blog.
Hoorhier ek weet waardeer jy gaan!! My pa is so 8 jr terug oorlede en dit was asof my hele fondasie onder my uit is. Ek het lank gevat om oor alles te kom en was baie siek. Onthou net dat maak nie saak wat andere vir jou se nie, vat jou tyd om daaroor te kom op jou manier! My pa was alles in my lewe, al wat ek virjou kan se is dat ek wens ek kon jou pyn wegneem maar dit word nie regtig beter nie, jy leer maar net om daarmee saam te leef. My hart huil vir jou!
Na my pa se dood het ek en my ma vreeslik baklei - dit was asof sy net nie omgegee het vir my pyn nie, haar lewe gaan net aan! Sy het haar gedra asof sy 16 was en ek kon dit nie hanteer nie, dit was so 'n klap in my en my pa se gesig! Ek het vir 4 jaar nie met haar gepraat nie. Ek was baie alleen, want sy was my beste pel. Wel ons het versoen, en nou na soveel jaar is ek die Here so dankbaar dat ons weer mekaar liefhet. Ek moes maar alles agter my sit en haar vergewe - sjoe dit was so moeilik, maar sys my ma ek was so bang dat sy sou doodgaan sonder dat ons versoen het. Ek bid vir jou, vir vrede vir krag, en dat alles mooi sal uitwerk. SO jammer vir jou pyn.
Lekker daggie

Dellie said...

Ja Fairy, ek dink ook dis belaglik dat ouers beboet moet word omdat hulle hul kinders dissiplineer. My kind het ook so af en toe 'n pak slae gekry, maar soos jy sê, mens verduidelik hoekom jy dit doen. En die paar wat hy gehad het, het hulle werk goed gedoen.

Maar gelukkig is my kopseer op daardie gebied verby. My seun is nou 'n man, en hy het heel gesond anderkant uitgekom. Dankie Vader daarvoor!

Anonymous said...

Ek is so half in 2 minds oor hierdie onderwerp...
Ek is grootgemaak met pakslae. Pakslae is seer en die dreigement maak jou bang, maar dis alles weer vinnig verby. Straf, veral by groter kinders, dink ek het 'n baie groter impak! Maar dan moet die ouers konsekwent bly en dit reg doen!
Ek het ook al geraps, maar time-out en straf werk vir ons 10 keer beter.

Dellie said...

Ek hoor wat jy sê, Son, ek het Seun ook nie doodgeslaan nie! Hehe, maar toe hy klein was, het 'n raps op die boud hom groter laat skrik as enigiets anders. En hy het nie herhaal wat hy verkeerd gedoen het nie. Maar ek het hom altyd met my kaal hand geraps, ek was baie bang om hom te hard te slaan! Hehe, en ek kan ook net so 'n pak of twee uit my kinderdae onthou, die wat RERIG seer was. Nie Ma se pantoffel nie, Pa met die klereborsel of plathand!

Verder het "time-outs" baie goed gewerk toe hy groter word, en daai belangrike voorregte wat weggeneem word, soos TV kyk en rekenaar speletjies speel!

Ek dink tog die meeste ouers kan die balans handhaaf tussen tugtig en aanrand, maar ons weet ook hoeveel siek mense is daar buite wat hulle woede op onskuldige kinders uithaal. Vir hulle moet daar maar seker perke wees.

Sorry as hierdie ene 2 keer verskyn, maar hierdie word verification van jou het my dan seker gevang!

Blou Bul said...

Dankie Vader my dogter is al amper 21.Sy is tans in Ierland en kom binnekort terug en gaan saam met haar vriend `n `car-valet in Kaapstad begin. En ja `n` goeie pak slae het wondere verrig.

Ek glo teen daardie tempo wat hulle boetes ople, kry hulle sekerlik kommissie.

Die Brein groet almal van Kimberley tot in Timbatu.

Lekker aand.

Blou Bul said...

So terloops jy het nie dalk Familie in Johannesburg nie, Frikkie en Venessa Croucamp nie??

Anonymous said...

Pak slae op sy tyd is soos medisyne. Daar is hopeloos te veel brats wat deesdae hul huise en klaskamers regeer.

"Brandboude" is uiters effektief. Buiten as D die dag te hardekwas is om 'n traan te stort of selfs 'n gesigspiertjie te verroer. Jy weet mos! hehe