Ek dink vandag aan almal wat hartseer, eensaam en verwerp voel...Die lewe, nee, mense is soms so hard en ongenaakbaar. Kraak mekaar af, se seermaak-woorde wat letsels laat... dis so hartseer en onnodig. Waarom kan almal mekaar nie net 'n plekkie in die son gun nie, mense verskil en dis volgens my wonderlik, die lewe sou saai gewees het as almal dieselfde was en dieselfde geredeneer het.
Oor die algemeen is ek mal oor mense, maar ek het 'n sagte plekke vir mense wat nie vir hulleself opstaan nie en is 'n kampvegter vir die "underdogs" van die lewe, en ek pes mense wat ander mense altyd afkraak, 'n negatiewe opinie oor almal het, selfs die mense wat hulle sopas ontmoet het afkraak en net die negatiewe in almal en alles raaksien. Ek is baie ingesteld op mense se gevoelens en probeer sover moontlik om niemand seer te maak of vernederd of verwerp te laat voel nie. Dalk omdat ek self weet hoe dit voel. Lol, ek dink nou aan die kerk-tannies wat spesifiek kerk toe gaan om te sien watter klere die volgende persoon die Sondag aanhet. Dis so onbelangrik, ons liggame is net 'n tydelike verpakking vir ons siel, en aardse goed, rykdom, skatte, is nie goed wat van jou 'n wonderlike mens maak nie. Jou karakter is wat belangrik is, jou morele waardes, hoe jy ander mense behandel, ens.
Ek is baie reguit, maar taktvol. Dis goed om reguit te wees, ek pes mense wat agteraf is, maar voordat mens se wat jy dink moet jy dink aan watter reaksie dit gaan ontlok en hoe dit die mense rondom jou gaan raak.
Daar is 'n taktlose lelike manier, en dan 'n mooi taktvolle ordentlike manier van 'n boodskap oordra. Ek wens meer mense wil dit besef en aanleer.
Vriendskappe... een van die mooiste dinge in die lewe, dit kan so kosbaar wees. Net jammer min mense weet wat dit vereis en is bereid om aan daardie vereistes te voldoen. Lojaliteit is baie belangrik,mens draai nooit jou rug op jou vriende, en bespreek hulle by iemand anders nie. Mens lap
nooit iets wat hulle vertroulik vir jou vertel het uit nie, al is jy hoe die donnel in vir hulle. Jy gebruik nooit hulle "soft spots" as 'n wapen nie. No matter what! Ek het 'n gruwel in dit, mense wat jou leer ken, sien waar jou "sagte emosionele plekke" is en dit dan later as 'n wapen teen jou gebruik.
Dis laag en gemeen...
Soos julle kan agterkom glo ek nie aan "all is fair in love and war nie".
Mens moet respek he vir mense en hulle gevoelens, anders kan jy nie verwag dat hulle respek moet he vir joune nie.
Ek glo aan wat jy uitdeel moet jy kan vat en dat dit terugkom na jou kant toe.
Nou ja maters, ek voel beter noudat ek my hart uitgepraat het.
Lekker dag vir almal verder,
Mwah
xxx
