
My gunsteling onderwerp....erotiese passievolle seks. Hoekom is dit, in meeste gevalle, dat sodra mens trou, die passie outomaties verflou?Dis asof sommige mense dink opwindende passievolle seks hoort nie in 'n huwelik nie. Of is dit omdat mens gewoond raak aan mekaar? Of net eenvoudig te besig is om dit in jou skedule in te pas? Ek weet dit is die rede vir meeste affairs en egskeidings. Dan ook, baie ironies, is dit gewoonlik teenoorgestelde mense wat bymekaar uitkom. Dis selde dat beide man en vrou seksueel en passievol is. Of dieselfde siening oor seks het. Dis veronderstel om die intiemste spesiaalste oomblikke in mens se lewe te wees. Doen ons genoeg moeite om dit so te maak? Of is almal maar net te bly vir "quickies" sodat jy kan aangaan met wat jy eintlik wou doen? Eintlik
is dit soveel lekkerder as mens al jou sintuie kan gebruik tydens voorspel.
Trek sexy lingerie aan, spuit jou man se gunsteling parfuum op al die belangrike plekkies... dit dek die visuele en reuk-sintuie...
Voer mekaar lekkernye, of nog beter, eet dit van mekaar se lyf af...wel, dis die smaak...
Sexy musiek, waarop jy vir hom kan dans terwyl jy ontslae raak van jou lingerie...
Bederf hom volgende met aromaterapeutiese olies en 'n full body massage..
Daar is min dinge so sensueel en eroties soos aanraking...
Bg is vir die vrouens wat gewoonlik quickies verkies, dis om op te maak!
As jy nie een van hulle is nie en jou man die skuldige is, maak soos ek, en laat hom die volgende lees...
As jy nie gaan begin moeite doen nie, gaan ek 'n affair aanknoop asshole,
Mwahahahaha, nee ek joke net,lol.
Here goes... boek vir vrou-lief 'n manicure,pedicure,facial,wax, gee vir haar jou kredietkaart sodat sy sexy lingerie kan gaan koop en maak 'n afspraak by die haarsalon vir haar hare. Boek 'n hotelkamer, gooi roosblare op die mat, steek kerse aan, en sit romantiese musiek aan. Dek 'n tafel met mossels, oesters, champagne - gaan lees op oor aphrodiziacs vir die res van die spyskaart (as jy die gevolge kan hanteer). Vertel haar hoe baie sy vir jou beteken en hoe spesiaal en ongelooflik mooi sy vir jou is. Tap vir haar daarna bad met bubblebath, kerse.... bad haar en voer haar die aarbeie gedoop in choclate met room...laat haar die lingerie aantrek...dans met haar op julle spesiale liedjie...terwyl julle dans....streel oor haar...en soen haar sagkuns...dan,Mmmm dan, kan jy meer passievol en eroties raak....
En ek bedoel nie dadelik opklim nie, voorspel is BAIE belangrik vir vrouens
dudes!!! Onthou dit!!En dis hoe jy gaan opmaak vir al die kere wat jy haar seksueel afgeskeep het!! En sorg daarna dat jy ten minste elke 2de week ekstra moeite doen, nie soos bo nie, dit hoef nie geld te kos nie, jy kan rose gaan pluk, ek is seker jy het romantiese musiek waarop julle kan dans, almal het kerse in hulle huise... VOORSPEL is by elke keer 'n moet!!!
Weet nie hoe voel julle daaroor nie, maar dis vir my een van die belangrikste dinge in 'n huwelik, en dit word gewoonlik die meeste afgeskeep...seks. O ja, en dan ook die lekkerste!